Ons het heeljaar daarna uitgesien om gedurende Desember ‘n paar-dae-toer te doen in die OosKaap.
Uiteindelik was dit net twee dae, maar met die onlangse reen het dit ‘n buitengewone trippie geword.
Behalwe dat die paaie wat ons gery het besonder lekker was, was die veld so groen soos wat ek dit dekades laas gesien het.
Wat ‘n plesier om te sien.
Die roete was vanaf PE oor die Zuurbergpas tot by Someset-Oos.
Daarvandaan Noord-oos oor die Waainekpas en op na Mortimer.
Vandaar weer Suid-Wes oor die Tarkapas en Weswaarts op in die Witmos kloof deur die Tarka-Botha pas.
Verder verby Mount Marlow en eindelik met die R63 tot by die oorslaap in Somerset-Oos.
Uit PE op die N2, afgedraai by Coega op die dienspad langs die treinspoor na Addo.
'n Lekker grondpad, met heelwat oopgespoelde klip ná die goeie reen.
Anderkant die dorpie Addo links afgedraai na Zuurberg.
Hier begin die mooi Zuurbergpas.
Goeie grondpad, baie bosse en mooi uitsigte
Brekfis by Zuurberg Lodge
Hiervandaan begin die rowwer deel van die Zuurbergpas.
Aanvanklik mooi vistas na die weste en goeie tweespoor met heelwat waterplasse.
Dan begin die verspoelings en klippe.
Bo op die vlakte is hierdie verlate huis.
Eens ‘n plaas opstal, met ‘n uitsig soos min na die Noorde.
Rondom is alles grasgroen.
Ongelukkig geen inwoners om dit te geniet nie.
Ek wonder waarom die plaaseienaar nie meer hier woon nie.
Van hier af sak mens af na die vlaktes waar die Groot Karoo en Kamdeboo begin.
Die pad is rowwe klipperige tweespoor. By tye skud jy dat jou tande klap. Ek kry ouens jammer wat met vier wiele ry!
Onder by die end van die pas is Ann’s Villa, eens op ‘n tyd ‘n oornagstop vir ossewaens.
‘n Jaar of twee gelede was dit gerestoureer en het akkommodasie verskaf.
Ongelukkig sien ons dat die B&B advertensiebord toegeverf is.
Tot onlangs toe kon mens ook die winkel/poskantoor besoek en ook die museum van die ystersmid se werkwinkel.
Nou is alles toe en verlate.
Van Ann’s Villa het ons op die wye R335 met baie goeie oppervlak gery na Somerset-Oos.
Oral is die veld groen ná die reën. Damme met water en veldblomme net waar jy kyk.
Rooigras ----- My pa was atyd so bly om rooigras te sien op die plaas.
Dit het die beste voedingswaarde van al die grassoorte in die streek.
Waar hy groei en wanneer hy groei is ‘n aanduiding dat die veld in goeie toestand is.
Naby Somerset-Oos is ‘n kort passie, genaamd Niekerkspas.
Hier kan mens vêr terugkyk na die suide
Die Waainekpas begin ‘n paar km oos van Somerset-Oos.
Ons begin hom sommer met 'n goeie splash!
Die pas is mooi driespoor later smaller tweespoor wat al hoe hoër op teen ‘n lowergroen hange slinger.
Paar spoelslote en plekke met oopgespoelde klippe.
Die opgaande deel maak oop op ‘n langerige vlakte.
Hier is mooi vistas na die suid-weste.
Hier het ons ook die Glen Avon waterval gesien, iets wat baie selde gebeur in hierdie geweste.
Die vlakte gaan geleidelik oor in ‘n lang dalende tweespoor pas.
Regs van jou is ‘n klofie en links digte bosse.
Hierdie deel is besonder lekker om te ry.
Die pas loop uit op ‘n vlakte wat in ‘n wye kloof begin.
Paar hekke, spekvet beeste en mooi perde.
Aasvoëlkop daar voor op die agtergrond.
‘n Paar verspoelings later
het ons Noord gedraai en op goeie grondpad gery tot by die westelike wal van die Groot Visrivier se Elandsdrifdam.
Hier het die pad skynbaar doodgeloop in landerye. Maar die beplande roete sê ry aan.
Geo het bietjie gaan verken en kort voor lank laat weet daar is ‘n tweespoor anderkant die landerye.
En daar gaan ons, die skynbaar onbekende in.
‘n Mooi tweespoor vir ‘n hele rukkie
En toe skielik ‘n tonnel!
Duidelik ‘n gewese spoorwegtonnel.
Wat ek kon oplees lyk asof dit die oorspronklike Cookhouse Noupoort spoorweg was, voltooi in 1881.
Dit is 50jaar later vervang met ‘n meer moderne trajek nader aan die rivier.
Aardig om deur die tonnel te ry!
Ons het ‘n ruk lank op die gewese spoorlyn se trajek gery, toe Oos gedraai en oor die Groot-Vis rivier (lekker sterk water!) gery
en met ‘n lang draai via N10 en Mortimer by die Blomfontein area uitgekom.
Hier is die begin van die Tarkapas.
Baie draaie, mooi groen omgewing, heelwat verspoelings. Lekker ry en rondkyk.
Die Tarkapas is 15km lank, dan swaai jy Wes op die Tarka-Bothapas. Twintig km van ongelooflike natuur – klowe, kranse, grasgroen veld, bome en bosse.
Die tweespoorpad is oral klipperig.
Behalwe vir die stamperige rit is dit heel maklik om te ry.
Paar driffies wat erger lyk as wat dit is.
Naby Mount Marlow het ons met die eienares van Mount Marlow Lodge gesels. Sy borrel oor van opgewondenheid oor die reen – dit is die eerste keer in sewe jaar dat die veld groen is. Meeste van ons stedelinge het eintlik geen idee van droogte nie.
Sy is op pad terug van Somerset-Oos (50km waarvan 40km tweespoor) met spuitgif teen die sprinkaanplaag wat saam met die reen gekom het.
Die res van die pad na ons oornag in Somerset-Oos was mooi en maklik.
‘n Mooi vista
Toegangsbeheer met elektroniese kode, ‘n poging om teen veediefstal te help.
In Somerset-Oos het ons te ete gesoek. Al die eetplekke was gesluit, behalwe een wat homself Pappa's noem.
Ons was maar skepties want dit was in ‘n agterplaas, met rasta-agtige musiek en ‘n skrikwekkende logo.
Maar die pizza was regtig baie lekker.
En so eindig ‘n baie besondere (groen) dag op roetes wat mens beslis oor-en-oor kan ry.

Last edited: