Help beplan my vakansie.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Ektoknbike

Race Dog
Joined
May 4, 2007
Messages
899
Reaction score
0
Location
Oppie plaas Worcester
Bike
KTM 950 Adventure
First things first, ek gooi afrikaans, you are more than welcom to replay in Brits.

Ons is so 10 tot 12 mense wat wil gaan toer. Ses bike's en twee 4x4's.
Ons het twee weke om die trip te doen, April-vakansie die laaste twee weke of die Junie-vakansie.
Plekke wat ons in gedagte het is: Baviaanskloof, Hogsback, Tiffendell, Sani-pass, Moletsonyane Falls, Katsi-dam, Golden Gate of so plek en dan terug Worcester toe.

OK, kom ons begin voor;
1. Baviaans soek ek raad oor twee oornag plekke in die kloof.
2. Kaarte van paaie in Lesotho.
3. Hoe sal jy wat al daar was, Lesotho benader of hoe sal jy die paaie en nagte            aanpak?
4. Waar kan jy noornag in die Drakensberge?(RSA kant)
5. Is daar enige ander besienswaardighede op die roete?
6. Is daar op die roete enige Wilddogs wat ek dalk kan groet en 'n wit of rooi wyn mee kan geniet?

Baie dankie sover, die Engelse weergawe sal 'n ander dag geskryf word.
 
Top