Hibberdene en Lower Lotheni Road

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
1
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Met die afgelope langnaweek, waarvan die Vrydag 27/4 'n skole vakansiedag was, het ek 1 dag verlof ingesit en 5 dae se pret saam met Stoffies gehad.  Ons het 'n vriendin se woonstel in Hibberdene gehuur en die langnaweek net sleg ontspan.  Dit was net wat ons nodig gehad het.

Woensdag na werk Alberton toe gery en die aand by ons kinders oorgeslaap, sodat ons Donderdag oggend vroeg op die pad kan wees en die verkeer kan mis.  Plan was om van Alberton  na Heidelberg te ry, daar op die N3 te klim en te stoot vir Mooirivier.  Daar op die ou pad te klim en dan rustig daai pad te ry tot in Pietermaritzburg, daar vir 'n ou skoolvriendin te groet en dan voor donker in Hibberdene te wees.

Alles het volgens plan verloop, behalwe vir die verkeer!  Die ry karre voor die De Hoek tol het 3km ver terug gestaan.  Ja dit was ek wat links, regs en tussen julle deurgevleg het.  Dankie vir ons bike!  Verkeer was daarna nie so erg nie, behalwe by al die tolhekke.  Ons was toe so 14:00 in Maritzburg, en 16:45 in Hibberdene.

Uitsig vanuit die woonstel.
 

Attachments

  • 1.jpg
    1.jpg
    25.1 KB
Ons het vining afgepak en op die sand langs gestap na Jolly Rodger toe vir aandete.  Koffie was voor die oop venster van die woonstel genuttig en ons was 20:30 ligte uit.....letterlik!  Die geruis van die see, die vars lug en die lang ure in die saal het sy tol ge-eis.

Vrydag oggend was ek oudergewoonte 6:00 op en moes Stoffies eenvoudig wakker maak met die uitsig van sonopkoms.  Koffie voor die oop venster met die son wat stadig opkom.
 

Attachments

  • 2.JPG
    2.JPG
    133.2 KB
  • 3.JPG
    3.JPG
    132.6 KB
  • 4.JPG
    4.JPG
    125.7 KB
Na koffie is ons weer op die strand langs gestap en 'n rukkie gewag vir Jolly Rodger om oop te maak vir 'n stewige ontbyt.  Nadat ons 'n paar groceries gekoop het vir die woonstel, het ons swemklere aangetrek en strand toe gestap.  Die oggend is op die sand en in die water spandeer en toe die wind begin waai het ons toepaslike klere aangetrek en 'n draai gaan ry tot in Port Shepstone.

Fish on The River was ons destination vir laat middagete, en ek moet sê, ons het heerlik daar geëet.  Dis 'n baie gewilde plek en daar was redelik baie mense gewees.  Dit was 'n ou kragstasie, toe 'n visfabriek en nou 'n sentrum met paar winkels en goeie restaurant.
 

Attachments

  • 5a.jpg
    5a.jpg
    155.3 KB
  • 5b.JPG
    5b.JPG
    164.5 KB
Ons het so laat middagete gehad dat ons die aand net koffie en beskuit gehad het vir aandete voor ons weer omgedop het, redelik vroeg!  Daai vars seelug en die gesus van die branders maak mens moeg.....!

Die volgende oggend was die son weereens baie mooi.  Vanoggend het ons besluit om Margate toe te ry en die bikes te gaan kyk, maar o hell, nee, net deurgery en omgedraai en die vlooimark in Uvongo gaan besoek.  Daai Margate sal my nie gou weer sien nie.  Die verkeer was mal, en parkeerplek nog minder, en ons was nie lus vir al die mense nie.

Brunch was genuttig by CBali Restaurant and Beach Bar, waar ek die arsehole was wat my bike op die voorgras parkeer het.  Niemand het opmerkings gemaak nie, maar ek het gewonder of iemand dalk dink wat ek gedink het..... :imaposer:

Die middag het ons weer op die strand gaan stap, maar nie geswem nie, die wind het te veel gewaai.
 

Attachments

  • 5.JPG
    5.JPG
    105.5 KB
  • 5c.JPG
    5c.JPG
    180.2 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    140.6 KB
  • 7.JPG
    7.JPG
    135.5 KB
Aandete was take away calamri en slaai, en dit was ook ons laaste aand in Hibberdene.  Die tasse gepak en vir oulaas bietjie kaart gespeel voor ons gaan slaap het.  Stoffies sê ek het gekroek met die kaartspeel, maar ek dink dit was 'n goeie hand gewees.  Sy het my laat wen, net omdat ek oorspronklik was.  Dis hoe mens rummi speel.....  :peepwall:
 

Attachments

  • 12.jpg
    12.jpg
    89.9 KB
  • 11.jpg
    11.jpg
    67.5 KB
Sondag oggend is ons vroeg uit die vere, gepak en die woonstel gesluit en swaar afskeid geneem van drie aande se heerlike sleg wees.  Maar vandag het ek vir ons lekker grondpad beplan, en 'n ander opgewondenheid het ons beetgepak!

Uit Hibberdene uit reg wes op die teerpad wat na so 10km grondpad word, en dan deur die suikerriet plantasie kronkel tot dit weer op die R612 naby Dumisa aansluit.  Dis so ongeveer 50km.  Toe teerpad tot in Himeville, nadat brunch geneem was by die Lemon Tree in Underberg.

Van daar het ons die Lower Lotheni road gevat tot in Notties waar ons weer by die R103 teerpad aangesluit het.  In total so 150km se grondpad gery en van die mooiste scenery gesien.
 

Attachments

  • 13.jpg
    13.jpg
    192.2 KB
  • 14.jpg
    14.jpg
    128.4 KB
  • 15.jpg
    15.jpg
    115.4 KB
  • 16.jpg
    16.jpg
    71.4 KB
  • 17.jpg
    17.jpg
    193.1 KB
  • 18.jpg
    18.jpg
    82.9 KB
  • 19.jpg
    19.jpg
    173 KB
  • 20.jpg
    20.jpg
    190 KB
  • 21.jpg
    21.jpg
    181.3 KB
Ons bestemming was Ladysmith waar familie van ons op 'n plaas naby Besters boer.  Van Notties af het ons op die ou pad gebly en gou by die Ugly Duckling gestop en geshop.  Daar was ek baie bly ons het met die bike gery en nie met die bakkie nie.  My plastiek kaart sou baie beslis plat gewees het.... :pot:
 

Attachments

  • 22.JPG
    22.JPG
    197.6 KB
  • 23.JPG
    23.JPG
    164.5 KB
Einde van die pret was dit nie, want op die plaas het die 2 seuns 8 studente vriend/vriendinne gehad wat daar gekuier het, en studente is mos nie mense nie... :peepwall:  Dit was 'n laat aand se gekuier en ons het uiteindelik met doef doef musiek in die ore aan die slaap geraak.

Maandag oggend 7:30 was ons op die pad, weer N3 om so gou moontlik in Jhn te kom om ons dogter se nuwe woonstel te gaan uitkyk.  Middagete by hulle gehad en toe weer die eentonige N1 noord tot in Naboom gestamp.  16:45 by die huis ingetrek en 2240km vir die 5 dae afgelê.

Dankie Stoffies, weereens vir jou geduld om sulke lang afstande saam met my op die bike te wees.  Dit was .n naweek wat nodig was om weer batterye te laai en sommer net saam te wees.  Hoo haa...!!! :biggrin: :biggrin:
 
Duster said:
Einde van die pret was dit nie, want op die plaas het die 2 seuns 8 studente vriend/vriendinne gehad wat daar gekuier het, en studente is mos nie mense nie... :peepwall:  Dit was 'n laat aand se gekuier en ons het uiteindelik met doef doef musiek in die ore aan die slaap geraak.

Maandag oggend 7:30 was ons op die pad, weer N3 om so gou moontlik in Jhn te kom om ons dogter se nuwe woonstel te gaan uitkyk.  Middagete by hulle gehad en toe weer die eentonige N1 noord tot in Naboom gestamp.  16:45 by die huis ingetrek en 2240km vir die 5 dae afgelê.

Dankie Stoffies, weereens vir jou geduld om sulke lang afstande saam met my op die bike te wees.  Dit was .n naweek wat nodig was om weer batterye te laai en sommer net saam te wees.  Hoo haa...!!! :biggrin: :biggrin:
 
Mooi ry-verslag!

Laat weet volgende keer wanneer jul weer afkom, ek woon op Hibberdene....sal lekker wees om te ontmoet. (En ons maak die lekkerste kos op die dorp..... :biggrin:  :pot:)
 
JB said:
Mooi ry-verslag!

Laat weet volgende keer wanneer jul weer afkom, ek woon op Hibberdene....sal lekker wees om te ontmoet. (En ons maak die lekkerste kos op die dorp..... :biggrin:  :pot:)
Dankie JB, jammer jy het nie my planning a ride post gesien nie, dan het ons mekaar dalk ontmoet.  Waar maak julle kos?  Ons was by Jolly Rodger en het vis gekoop by daai winkeltjie net weg van J Rodger af, Fishy something.  Was ook baie lekker.
 
Duster said:
 
Dankie JB, jammer jy het nie my planning a ride post gesien nie, dan het ons mekaar dalk ontmoet.  Waar maak julle kos?  Ons was by Jolly Rodger en het vis gekoop by daai winkeltjie net weg van J Rodger af, Fishy something.  Was ook baie lekker.

Ons maak volgende keer so. Ek is by Blue Waters Pub & Grill, op die bult by die golfbaan. Hier is aanwysings vir as julle weer in omgewing is - www.bluewaterspub.co.za / www.facebook.com/bluewaterspub/

 
Philip.
Julle skuur lekker .....
Julle darem n draai by Dawie gemaak?
 
Top