Hibberdene en Lower Lotheni Road

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Met die afgelope langnaweek, waarvan die Vrydag 27/4 'n skole vakansiedag was, het ek 1 dag verlof ingesit en 5 dae se pret saam met Stoffies gehad.  Ons het 'n vriendin se woonstel in Hibberdene gehuur en die langnaweek net sleg ontspan.  Dit was net wat ons nodig gehad het.

Woensdag na werk Alberton toe gery en die aand by ons kinders oorgeslaap, sodat ons Donderdag oggend vroeg op die pad kan wees en die verkeer kan mis.  Plan was om van Alberton  na Heidelberg te ry, daar op die N3 te klim en te stoot vir Mooirivier.  Daar op die ou pad te klim en dan rustig daai pad te ry tot in Pietermaritzburg, daar vir 'n ou skoolvriendin te groet en dan voor donker in Hibberdene te wees.

Alles het volgens plan verloop, behalwe vir die verkeer!  Die ry karre voor die De Hoek tol het 3km ver terug gestaan.  Ja dit was ek wat links, regs en tussen julle deurgevleg het.  Dankie vir ons bike!  Verkeer was daarna nie so erg nie, behalwe by al die tolhekke.  Ons was toe so 14:00 in Maritzburg, en 16:45 in Hibberdene.

Uitsig vanuit die woonstel.
 

Attachments

  • 1.jpg
    1.jpg
    25.1 KB · Views: 364

Latest posts

Top