In my kontrei se grondpaaie oor Paasnaweek

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Serfie

Race Dog
Joined
Feb 27, 2014
Messages
918
Reaction score
1
Location
Krugersdorp
Bike
Suzuki DR650
Dit is mos daai tyd van die jaar dat die Kosmosse nou blom...en ek wou gaan kyk hoe erg droog ons wereld is.
Droogte?...watter droogte...nie hier in die ou Wes Transvaal nie...n snaakse kennisgewing en n oulike plaasnaam!
 

Attachments

  • DSC01527.jpg
    DSC01527.jpg
    30.6 KB
  • DSC01520.jpg
    DSC01520.jpg
    108 KB
  • DSC01544.jpg
    DSC01544.jpg
    112.5 KB
  • DSC01507.jpg
    DSC01507.jpg
    62.6 KB
  • DSC01514.jpg
    DSC01514.jpg
    73.9 KB
  • DSC01524.jpg
    DSC01524.jpg
    80.1 KB
Ek was nog altyd n sucker vir n alleen plaashuisie teen n bult doer in die verte... om nie eens te praat van vervalle plaasopstalle nie...en hoe erger vervalle...hoe beter...en tot stof sal jy terugkeer
 

Attachments

  • DSC01566.jpg
    DSC01566.jpg
    121.7 KB
  • DSC01567.jpg
    DSC01567.jpg
    159.3 KB
  • DSC01554.jpg
    DSC01554.jpg
    102.7 KB
  • DSC01553.jpg
    DSC01553.jpg
    160.5 KB
  • DSC01549.jpg
    DSC01549.jpg
    160.8 KB
  • DSC01532.jpg
    DSC01532.jpg
    108.1 KB
  • DSC01556.jpg
    DSC01556.jpg
    103.7 KB
  • DSC01518.jpg
    DSC01518.jpg
    99.8 KB
  • DSC01509.jpg
    DSC01509.jpg
    112.1 KB
Maanhaarrand is seker die grootste 'berg' wat ons hier het...en ek kon nie die versoeking weerstaan om n selfie te neem nie...
Daai dubbelverdiepingplaashuis is ERG vervalle aan die binnekant met die GROOTSTE bynes in sy dak wat ek nog ooit gesien het...en gehoor het. Die dreuning van die bye is al van ver af hoorbaar!

 

Attachments

  • DSC01511.jpg
    DSC01511.jpg
    125.2 KB
  • DSC01522.jpg
    DSC01522.jpg
    124.5 KB
  • DSC01534.jpg
    DSC01534.jpg
    93.5 KB
  • DSC01535.jpg
    DSC01535.jpg
    98.3 KB
David Kramer sing in sy liedjie,"Krisjan Swart", van hoe trots hy is op sy familie...ek voel lus om op hierdie dae so te sing van my KLR..."op daai bike is hy so trots...dit maak sy hart so bly"...

Ons het darem hier en daar ook bulte en steiltes...alles is nie plat nie!

Byekorwe bo-op n ou stoor se dak naby Boons graansilo???
 

Attachments

  • DSC01540.jpg
    DSC01540.jpg
    141.7 KB
  • DSC01542.jpg
    DSC01542.jpg
    135 KB
  • DSC01547.jpg
    DSC01547.jpg
    80.1 KB
  • DSC01546.jpg
    DSC01546.jpg
    83.9 KB
Amper-amper my gat gesien hier...het van dieselfde rigting gekom as wat die foto geneem is...en skielik is die spulletjie hier voor jou!!!

Nee wat...ons kontrei het nie droogte nie!!
 

Attachments

  • DSC01557.jpg
    DSC01557.jpg
    145.1 KB
  • DSC01558.jpg
    DSC01558.jpg
    143.3 KB
  • DSC01569.jpg
    DSC01569.jpg
    106.8 KB
Dankie vd deel!

Hengse nice fotos  :thumleft:  :thumleft:
 
  Jis Serfie,maar dis mooi area.As daai ou murasies kon praat......Ons land het darem iets vir almal van Kliprand tot Maanhaarrand.Dankie vir die deel.
 
Lekker!

Daardie gebreekte afvoerpype is 'n gevaar, sommige het mos rebar ook in dan steek die goed so in die lug.
 
Matie spero said:
Sou beter gewees het as jy op die DR gery het!!!!

Ek alternate die bikes en probeer om na elke trip die ander ook n kans te gee.  :ricky:
 
RobC said:
Lekker!

Daardie gebreekte afvoerpype is 'n gevaar, sommige het mos rebar ook in dan steek die goed so in die lug.

Jis RobC...dit was wragtag so amper-amper...ek het net betyds tot stilstand gekom reg voor daai afvoerpype! Dit kon baie lelik gewees het...en daar's geen waarskuwing nie!  :patch:
 
So pyp - en ek sit met die duim om dit te beaam. Moerse sleg as jy hom skeef vang en jy sien hom nie omdat jou visor so vol stof is.
 
Yes Serfie, baie nice RR en foto's.  :thumleft:

As ek jou manier bekyk van hoe om goed te beskryf en wat jou belangsteling is soos bv die ou geboue dink ek ons twee sal lekker 'n trip saam kan doen,,,,,,,  ok, ek sal net die jaffel en die melkie graag wil vervang deur 'n tjoppie langs die pad te braai en 'n koue Coke.
 
Draadwerk said:
So pyp - en ek sit met die duim om dit te beaam. Moerse sleg as jy hom skeef vang en jy sien hom nie omdat jou visor so vol stof is.

Ok so hier kom ons nou nader aan die storie op 'n ander thread.  :imaposer: :imaposer:
 
Daai grafsteen het my onmiddelik laat dink aan n Chris Harmse wat laasmaand dood is in ons omgewing. :deal:
 
Jakkals said:
Yes Serfie, baie nice RR en foto's.  :thumleft:

As ek jou manier bekyk van hoe om goed te beskryf en wat jou belangsteling is soos bv die ou geboue dink ek ons twee sal lekker 'n trip saam kan doen,,,,,,,  ok, ek sal net die jaffel en die melkie graag wil vervang deur 'n tjoppie langs die pad te braai en 'n koue Coke.

het jou ge-PM
 
Baie NICE
Ek self is 'n sucker van ou plaas murasies. Julle het definitief nie dieselfde droogte wat ons het nie en die kosmosse is so mooi.
Mooi foto's
 

Latest posts

Top