Into Africa at last .....

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Na maande se wik en weeg gaan ek en vroulief uiteindelik bietjie van ons grenslande noord van die tolhekke verken.  Die plan is om by Maartinsdrift in Botswana in te gaan en so drie dae noord te trek tot by Chobe.  Die hele idee is om te sien hoe dit in die lande lyk, mense te ontmoet en te chill.  Ons gaan ongelukkig minimum grondpaaie ry, maar as ons lus is daarvoor, sal daar natuurlik een of twee gravel travels wees.

Van Chobe af, Kazangulu grenspos deur Zimbabwe toe om een aand in Vic Valle/Livingstone te slaap.  Iemand het gesê ons moet eerder deur Kasane na Zambië gaan met die ferry, dan slaap ons net in Livingstone en spaar die dubbel entry in Zimbabwe in.  Blykbaar sien jy die valle ook beter van Zambië se kant af??  Kommentaar??Ons moet net die valle sien.

Dan noord in Zambië in en slaap oor op The Moorings camp, eintlik 'n plaas noord van die Kariba meer.  Dan Kariba toe om die krokodille, seekoeie en wat nog te sien.  Terug in Zimbabwe, na Harare, Nyanga Heights waar die Survivor MCC hul jaarlikse rally het wat ons gaan bywoon (enige Honde daar, naweek net voor ons National), af na Mutare, Masvingo, Bulawayo, Matopo Hills, Plumtree, Francistown en terug huistoe.

Hele toer 14 dae van 1 Okt tot 15 Okt.  Sorry oor die Nat Bash, sou graag so wou omry, maar dis net te min dae. :-\

As daar enig WD's op daai roete is oor dieselfde tydperk, dalk kan ons met mekaar kontak maak en iewers 'n koue een of twee saam geniet.

Almal wat Vioolsdrif toe gaan, ride safely and kuier 'n WD uit 'n bos uit! en kom veilig tuis.

Aan al die WD's wat my gehelp het met die beplanning, kommentaar en idees, baie dankie, hierdie gaan 'n awesome trip wees, deels agv julle insette.

Stoffies, dankie dat jy saam met my gaan en bereid is om jou aura vir 14 dae met my te deel.  Hierdie gaan 'n leeftyd se memories wees saam met jou.  Ek lief jou stukkend!!

Hou die rubber op die onderkant en die blink kant bo.  Check the next thread for the RR after the 16th October!

Duster en Stoffies :ricky:
 
Top