Day 3; RSA / NAMIBIAN border.
Only a few vehicles at the RSA post. All goes well.
Moet net oppas vir al die boertjies wat hulle laaities met gewere Nam wil invat. Smaak my die manne wil die bos oorlog gaan herleef. Net, hierdie keer het die vyand horings.
Bikes en papiere word gecheck by die hek en ons is in "No Man's Land"
In daardie stukkie pad ondergaan Murphy se bike 'n metamorfose en word 'n kar.
Teen die tyd wat swart Heidi, Alpse mussie en al, hom beet kry by Nam se grenspos, die bike 'n kar her-doop, ten spyte van die duidelike BMW Gravity Suit en Neck Brace waarmee Murphy rondloop, haarself in-plug met Windhoek, al die informasie vinger vir vinger intik, regstellende aksie instruksies kry, is 2 ure verby en Murphy is geensins meer die joviale yskas handelaar wat by daardie kantoor ingestap het nie.
Hy was "so hot under the collar" dat die vensters opgestoom het. En dit is warm buite ook.