jupiter's travels - the story of a journey ( Index Post 1)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ek bel Jup so 10uur Donderdag oggend, "waar is jy nou?" J-"Ek drink koffie hier by......" ja ja Jup drink weer koffie, niks ongewoons daar nie  :lol8:
Ek laat weet dat ek oor n kort ruk van PE gaan ry om hom by Veldtie te kry en vra hoe lyk die weer daar by hom en sy koppie koffie, want hier by my reen dit en die wind het so effens gewaai. Hy laat weet dat hy al heel dag in mot reen ry en dit lyk nie of dit gaan ophou nie.

Ek vertrek eers na 12pm hier by die werk weg, gepak en gereed vir lekker rustig toer en kuier. Net toe ek so 30km's van Jeffries Baai af is toe slaan die wind in dwars van regs af, daar is geen plek om te skuil nie en dit voel assof ek gaan om waai, kan ook nie stop nie want die wind wil my net die bosse in waai.........ek is nie maklik bang gemaak nie, maar die wind het laat ek knyp en bid tot op Jeffries Baai. Kom toe by die vulstasie aan en ek wil omdraai huis toe, die weer is erg met stormsterkte ruk winde en reen, ek is sommer mislik, ek sien uit na die ryery vandat ek en Jup besluit het ons ry Spitbraai toe, nou weet ek nie so mooi of ek heeldag die weer kan verduur nie!

Toe ek daar sit en petrol in gooi, vra die jokkie vir my waarheen ek ry, ek se hom toe en hy kyk my so aan assof ek bietjie met die maan gepla is, ek begin wel glo dat ek n bietjie mal is om die aan te pak.  ;D

Ek besluit toe om die R102 te ry, daar is darem n boom of twee wat die wind breek - Reen is ek nie voor bang nie, maar die stormwinde het my bietjie geratel. Ek is bly ek het besluit om die R102 te ry want alhoewel die weer sleg was, was die pad n lekker ent se ry gewees.

Later stop ek in Joubertina om petrol vol te maak en kom agter dat my top boks nie gesluit was nie en het oop gewaai in die ry! Ek kyk so en meeste van my klere is nat en modder vuil, maar gelukkig net my leë sakkie vir my reen toerusting het weg gewaai.......baie gelukig.
Toe ek op die N9 links draai Oudtshooring toe, haal ek meeste van die nat goed uit en pak die onder n vrag net bo op my sak en top boks, om droog te waai. Die werk toe heel goed, en meetse van my klere is droog toe ek so 100km later stop.

Die tyd stap aan en ek is nog ver van Koedoeskloof as gevolg van my stadige begin vroer die dag, ek kom so vroeg aand voor die lig verdwyn by Veldtie aan, die voel noggal goed om by die hek deur n man se vriende te verwelkom word.
Ek moes moeg en koud gelyk het want Veldtie bied my die laaste kamer aan, maar my maat slaap in n tent en ek besluit toe om met jup saam te kuier, en slaan toe my tent daar langs sy kamp plek op......................nou vir n lekker aand van kuier en kerrie eet, en soos Jup se, die man kan  :thumleft: Dankie Gene en Debbie, dit voel altyd assof ons by familie is as ons by julle kuier  :3some:

Sal laat Jup die volgende dag se verigtinge begin. Ek het nie veel foto's van Donderdag geneem nie, net gery.
 
The light not great for pics, but the views are still good. We ride in our own time and meet up at the tar on the foot of Rooinek pass.
 

Attachments

  • 100_4337.jpg
    100_4337.jpg
    76.8 KB · Views: 260
  • 100_4336.jpg
    100_4336.jpg
    44.7 KB · Views: 249
Na brekfis op Laingsburg, top ek die DR se olie op en koop so paar spaar liters en ons ry. Die Moordenaars Karoo is mooi en die pad goed. Ons jaag nie, maar elke nou en dan verdwyn Schaun te lank agter my en ek wag. Die man neem elke tien tree foto's  :lol8: Elke keer as ons bymekaar kom reken hy die plek is mooier as tevore. En dit is mooi.

By die t-aansluiting is daar nie 'n bord nie en ek onthou nie lekker nie. Vat links en so hele klomp kilometer verder sien ek die bord wat wys ek het verdwaal. Dis 'n mooi pad en ons ry aan tot by die Matjiesfontein/Sutherland pad. Lekker om verlatenkloof uit te cruise.

 

Attachments

  • 100_4338.jpg
    100_4338.jpg
    59.9 KB · Views: 227
  • 100_4339.jpg
    100_4339.jpg
    73.1 KB · Views: 237
  • 100_4340.jpg
    100_4340.jpg
    76 KB · Views: 223
  • 100_4341.jpg
    100_4341.jpg
    81.4 KB · Views: 253
  • 100_4342.jpg
    100_4342.jpg
    105.3 KB · Views: 254
  • 100_4343.jpg
    100_4343.jpg
    83.3 KB · Views: 229
Met die ompad kom ons so 1500 op Sutherland aan. Ek weet dis van hier vyf ure se ry Oasis toe, want soos gesê, ek het dit al gedoen. Ons gaan weer in die donker daar aankom. Ek noem vir Schaun dat ons by Skurweberg kan oorslaap en moreoggend deurry. Nee, ons ry... wat is 'n avontuur rit nou sonder avontuur. Ek bel vir Heimer om Vir Gerrit hulle te laat weet om vir ons kos te hou.

Ons kannie die donker wen nie so daar's geen doel om te jag nie. Ons ry om te geniet.

1. Dis bietjie laat in die middag met die son wes om mooi foto's te neem, maar die bly darem die uitsig van uitsigte... Bo-op Oubergpas soos jy oor die Tankwa kyk.
 

Attachments

  • 100_4344.jpg
    100_4344.jpg
    43.4 KB · Views: 226
Nog so paar foto's om te wys hoe mooi dit is en dan met die pas af. Dis al sterk skemer enons is nog nie by die R355 nie. Die pad deur die tankwa is sleg sinkplaat en skud jou uitmekaar. Met die DR se pap suspensie sê ek les op
 

Attachments

  • 100_4347.jpg
    100_4347.jpg
    50.7 KB · Views: 242
  • 100_4349.jpg
    100_4349.jpg
    47.7 KB · Views: 230
  • 100_4348.jpg
    100_4348.jpg
    62.3 KB · Views: 249
  • 100_4346.jpg
    100_4346.jpg
    79.5 KB · Views: 229
  • 100_4345.jpg
    100_4345.jpg
    82.7 KB · Views: 224
Ek ry heeltyd voor en Schaun kom niks agter nie, maar toe ons by die Padstal kom is dit amper donker en ek sien my bike se ligte is dood. Moes die sinkplaat pad gewees het. Daar's niks vir dit nie, ons moet ry... hulle wag vir ons by oasis.

Ons bepreek so bietjie. Schaun sal voor ry en ek ry in sy lig. Geen problem, maar dis nie so snaaks nie. Ons toets bietjie en ek sien ek is bes georienteer as hy regs ry en ek links op sy agterwiel.

So ent met Katbakkies op maak ons eers 'n koffie terwyl ons wag dat dit goed donker raak. Dis naand pikdonker

Nou die wat al bike getou het weet hoe werk dit. Die touer regs voor moet in sy spoor bly, maak nie saak wat nie en sy spoed konstant hou en so ook die ou wat getou word in die linkerspoor.

Probeer dit nou waar die ander ou jou in die stik donker lei met sy lig en dis nie snaaks nie. Jy moet absoluut op mekaar vertrou... hy check sy lyn en ek moet glad nie oor hom worry nie en konsentreer net op my lyn. Ons kry gou ons ritme en einde van die dag het ons mekaar nie eenkeer oormatig aan risiko blootgestel nie en veilig gery.

Thanks ou maat, al moes ek so keer of wat die bike in my hol vasknyp.

Uiteindelik kom ons 2125 op Oasis aan. Nuwe rekord... my vorige tye was 2145 en 2230  :lol8: Gerrit wag ons in en soos gewoonlik lê hy vir ons topklas ribbes aan. Die bier is koud en die koffie lekker sterk

Ons is nie lus vir nat tente opslaan nie en vat elk een van die tent beddens.

Wat 'n great dag se bike ry  :thumleft:



 
Hey Oom Jup!!!

Ek het darem nou weer eens lekker saam gery  :ricky: hier van die werks lessenaar af, great foto's en soos altyd die goeie woorde wat saam gaan!!!

:thumleft: :thumleft: :thumleft:




 
Stem saam, ek het nou hier by die werk gesit maar lekker saamgery ook! Julle manne in die Oos- en Weskaap is darem gelukkig om so tussen die berge te kan ry op julle agterstoep.

Dankie vir die lekker verslag, Jupiter!
 
cruizaman said:
Stem saam, ek het nou hier by die werk gesit maar lekker saamgery ook! Julle manne in die Oos- en Weskaap is darem gelukkig om so tussen die berge te kan ry op julle agterstoep.

Dankie vir die lekker verslag, Jupiter!

Hey Dana, lekker om van jou te hoor. Vlg vat jy saam my af, ons kry mekaar erens en gaan ry 'n lekker draai daai kant toe.
 
jupiter said:
cruizaman said:
Stem saam, ek het nou hier by die werk gesit maar lekker saamgery ook! Julle manne in die Oos- en Weskaap is darem gelukkig om so tussen die berge te kan ry op julle agterstoep.

Dankie vir die lekker verslag, Jupiter!

Hey Dana, lekker om van jou te hoor. Vlg vat jy saam my af, ons kry mekaar erens en gaan ry 'n lekker draai daai kant toe.

:thumleft:
 
Lekker RR Jupiter!!  :thumleft:
Mooi fotos en paaie, maar...
wanneer ry ons verder? Ons is al amper uit gekuier by Veldtie en wil nou sien hoe daai Oase spit gelyk het!  :pot:

My mond water sommer vir hulle ribs EN die mooi paaie wat jy gery het tot daar...  Gooi nog!!!
 
Hitman said:
Lekker RR Jupiter!!  :thumleft:
Mooi fotos en paaie, maar...
wanneer ry ons verder? Ons is al amper uit gekuier by Veldtie en wil nou sien hoe daai Oase spit gelyk het!   :pot:

My mond water sommer vir hulle ribs EN die mooi paaie wat jy gery het tot daar...   Gooi nog!!!

Om die ritme van die trip, en konteks te behou, wag ons nou vir Tiger8 om sy report vir die Vrydag se ry te skryf.
 
Vrydag op gestaan en in die nat alles weggepak, koffie saam met Veldtie en Blommie - Eugene, dit is lekker om by julle te kuier, jy en Debbie het so rustigheid wat aansteeklik is, al is julle besig  :thumleft:

Ek en Gerard trek so 8.30 se kant weg, na Lainsberg toe. Alhoewel alles nat was, was die pad droog en sommer so met die oggen se begin, kan n man die lekker ry van die dag vooruit voel. Daar is min in die lewe wat so mooi is as ons land. Soos Jup gesê het, ek stop kort-kort om foto's te neem en die dag is jonk en gaan nog lekker lank raak  ;D

So paar foto's oppad Lainsberg toe:

Laaste een; die "Buffel"
 

Attachments

  • DSCF8649.JPG
    DSCF8649.JPG
    52.7 KB · Views: 219
  • DSCF8654.JPG
    DSCF8654.JPG
    73.9 KB · Views: 222
  • DSCF8657.JPG
    DSCF8657.JPG
    56.1 KB · Views: 216
  • DSCF8660.JPG
    DSCF8660.JPG
    96.4 KB · Views: 222
Na Laingsburg trek ons die Moordenaars Karoo in. Op plekke moet n man stop, daar is net te veel MOOI om verby te ry, die is my eerste keer ooit in die deel van die wereld en ek is stom geslaan. Die land vooruit is dor en baie sal net wil lelike landskap sien, maar in die harde, klipaardige droë landskap is daar n siel wat nêrens anders te vinde is nie. Die mense wat hier boer en bly is van n spesiaale lap gesny, dit lyk na n harde lewe en die land vergewe nie maklik nie, die is nie n land vir iemand wat gou tou opgooi nie, hier het n man deursettings vermoë nodig, maar vir my as reisiger is dit mooi. Selfs die riviere is lank droog maar nog kan jy sien dat daar diep in die aarde natigheid is, die bome langs die droë rivier bed vertel die storie.

Ek kan heeldag net oor die area gesels en mooi woorde skryf, maar aanstoot gaan ons nog vandag, hopelik, Oasis sien. Miskien is "vandag" die verkeerde woord in Jup se tyds beraaming - Vannag pas maar beter 8)

Moet by sê, ek is stom geslaan elke 2 minute, maar een van die mees opvalende aansigte op die stuk pad Sutherland toe, is die velde vol rotse, nie net n paar klippe nie, maar leterlik so vêr die oog kan sien, groot klippe en rotse, daar kannie deurgery word nie, dit is asof die sand deur die aarde ingelsuk is en net die rotse agter gebly het. Die is hoekom Jup op n kol terrug moes ry om te sien waar ek draai, ek moes net heeltyd stop om die ongelooflike mooi wereld in te neem, kon net nie anders nie!

Nog so paar foto's:
 

Attachments

  • DSCF8673.JPG
    DSCF8673.JPG
    79.6 KB · Views: 205
  • DSCF8700.JPG
    DSCF8700.JPG
    91.2 KB · Views: 204
  • DSCF8693.JPG
    DSCF8693.JPG
    129.1 KB · Views: 214
  • DSCF8690.JPG
    DSCF8690.JPG
    99.3 KB · Views: 212
  • DSCF8678.JPG
    DSCF8678.JPG
    112.1 KB · Views: 210
  • DSCF8675.JPG
    DSCF8675.JPG
    76.1 KB · Views: 201
  • DSCF8669.JPG
    DSCF8669.JPG
    88.8 KB · Views: 208
Op Sutherland stop ons vir brandstof, wel ek stop vir brandstof en Jupiter stop vir olie  :lol8:
Hier by die garage stap ek in en sien die ou Datsun 260c, nou die kar bring gooi herinneringe terug, my pa het so een gehad toe ek op skool was en ond het baie vakansies op toer gegaan met die kar, my pa se "pride en joy", hy het hom van n dokter af gekoop en was die mees spikerish kar wat ons ooit gehad het  ;D

Hierna gaan kuier ons by Jupiters' Gastehuise en restaurant vir koffie, G hoekom het ons nie langs die pad koffie gedrink nie, dink nou net daaraan. Hier van daan is ons Tankwa toe oppad. Toe ons bo op Ouberg Pas staan wens ek ek het n beter kamera by gehad, die uitsig was onbeskrylif mooi, en ek verlang sommer na my vroutjie met wie ek gewoonlik sulke oomblikke deel, maar Jup staan maar vir haar in....................vir die uitsig deel, nie n oomblik nie kêrels  >:D ek ken julle hond se gedagtes. Van bo die berg lyk die vlaktes amper soos n oertyd se landskap, voel amper of daar n dinosaurus oor die lanskap gaan stap.

Die son is besig om stadig maar seker aand se kant toe te sak, die skemer tyd vir my is die mooiste deel van die dag om in te ry, alles voel rustig en reg op sy plek. Ons ry aan.........

Die kar
Die landskap van bo
Jupiter wys waar ons nou heen ry
Sons ondergaan
 

Attachments

  • DSCF8703.JPG
    DSCF8703.JPG
    70.3 KB · Views: 208
  • DSCF8706.JPG
    DSCF8706.JPG
    70.3 KB · Views: 205
  • DSCF8719.JPG
    DSCF8719.JPG
    38 KB · Views: 218
  • DSCF8720.JPG
    DSCF8720.JPG
    93.9 KB · Views: 218
  • DSCF8748.JPG
    DSCF8748.JPG
    85.5 KB · Views: 206
  • DSCF8749.JPG
    DSCF8749.JPG
    31.9 KB · Views: 211
  • DSCF8751.JPG
    DSCF8751.JPG
    35 KB · Views: 214
  • DSCF8757.JPG
    DSCF8757.JPG
    26 KB · Views: 206
Kyk om n goie ry maat te kry is n vooreg, vir beter kon ek nie vra nie, in Jup se kop is n landkart , van paie vergeete en nuut gevind - die is alles daar binne, en vir die saamry sê ek groot dankie.

Na Jup se ligte saam met die son uit is, moes ons maar stadig oor die klippe, maar soos gesê is, is dit mos avontuur............maar nie sonder koffie maak nie  :lol8:

Ons stop so en wag in die berge, dat Skemer aand, Nag woord, so dat ons enigste lig beter sal werk. Ek het nog nooit so verlang na "Spotlights" nie, en besluit toe my volgende aankoppe is n goie stel ligte vir my fiets, moenie verkeerd verstaan nie, hoof ligte op die KTM is opgegradeur maar nog steeds n nou lig vooruit gefokus.

Een ding van in die donker ry, n ou bekommer jou nie oor die pad oppervlak nie, jy ry net, sand, klip, grys los of hard maak nie saak nie dit voel in die donker meestal die selfde. n Mens kom gou agter dat in die dag is ons so behep met die pad oppervlak se saamestelling dat ons nie altyd die ry geniet nie. In die donker het ons lekker gery, rustig maar versigtig. Dankie vir jou vertroue in my ou maat.

So paar foto's om Vrydag mee af te sluit:
Van koffie maak natuurlik  :lol8:
Die laaste wys hoeveel lig ons gehad het oor Katbakkies Pasdeur Oasis toe.
 

Attachments

  • DSCF8758.JPG
    DSCF8758.JPG
    75.4 KB · Views: 211
  • DSCF8761.JPG
    DSCF8761.JPG
    34.5 KB · Views: 200
  • DSCF8763.JPG
    DSCF8763.JPG
    13.6 KB · Views: 201
                                                            Day 10 - Saturday 18/4/15

I had been to the Cederberge a few times before, but always on the big touring bike. I've wanted to do the road over Eselbank to Wuppertal, but had been reluctant with the big bikes. So one of the reasons I had persisted in using the DR for the trip was to do the ride.

That was then the plan for today. We lie in a bit and have a lazy early morning. Over coffee Schaun says his tired and does not think the ride is a good idea, as he has to ride one go to PE tomorrow and would rather rest. I'm also tired and think it a good idea. I have tomorrow still that I can do the ride.

Plan B then... I go show Schaun the Stadsaal Grotte.

Gerrit gets the spit going early.
 

Attachments

  • 100_4350.jpg
    100_4350.jpg
    100.3 KB · Views: 192
  • 100_4351.jpg
    100_4351.jpg
    104 KB · Views: 188
Top