- Joined
- Jun 24, 2012
- Messages
- 31,951
- Reaction score
- 8,327
- Location
- Slowveld
- Bike
- KTM 890 Adventure R Rally
'n Ongesonde hunkering het begin kop uitsteek van eerste keer wat ek die Husqvarna 701 Enduro raakgesien het. Dis nie 'n ongewone ervaring vir my nie, ek sien gereeld goed wat my aandag trek, maar gewoonlik vervaag die hunkering en besef ek dit sou fout gewees het om die spesifieke item aan te skaf. Maar hierdie was iets anders........ die gevoel het al sterker geword en kort voor lank begin ek planne maak om my eie 701 aan te skaf. Eerste stap is om ontslae te raak van my BMW 1200GSA LC en die gaan op 'n trailer Pretoria toe sodat PC(2)E dit kan verkoop by GS Traders Centurion.