Kalahari bike Challenge

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Pumba

Puppy
Joined
Jan 11, 2010
Messages
31
Reaction score
0
Location
UPINGTON
Bike
BMW F800GS
Welkom aan alle avontuur bikers na die 5de aanbieding van THE GREAT KALAHARI BIKE CHALLENGE. Die geleentheid word aangebied deur die Upington Tafelronde 79 ten bate van liefdadigheid. Ons ry deur van die mooiste dele van ons land.

Die Kalahari Challenge begin soos oudergewoonte by Oranjerus en eindig ook daar. Dit is ook n goeie geleentheid om die gesin saam te bring.

Kalahari Stretch Tents gaan vir ons n tent opslaan, die tent sal n kroeg he en die nodige braai fasiliteite. Die tent gaan reeds vanaf Vrydag middag die 24ste Augustus 2012 teen 18h00 oop wees vir die ryers wat Vrydagaand op Oranjerus oorslaap.

25 Augustus 2012 program
07h00-08h00 Regisrasie
08h00            Wegspring
17h00            Rapporteer terug by die tent
17h00            Tot laat kuier ons saam. Daar sal braaipakke te koop wees.

Roete
Die roete is die jaar verander. Riemvasmaak bly nogsteeds die middelpunt van die roete. Die roete deur Riemvasmaak gaan verdeel word in n Groen en Oranje roete met die Oranje roete vir die meer ervare off-road ryer.

Koste is R330.00 per ryer en R100.00 per pillion, dit sluit ontbyt en middagete in. Hemde met die Kalahari Challenge logo kan bestel word teen R100.00

Navra
Tonia    054 3377700
 
Top