Karoo Kinkels

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Matewis

Race Dog
Joined
Sep 23, 2013
Messages
2,487
Reaction score
129
Location
Soneike, Kuilsrivier
Bike
BMW R1150GS Adventure
Ek en groep pelle vertrek Vrydag 29 April vanaf Worcester.

Roete loop as volg:
Dag 1: Worcester, Touwsrivier - Matjiesfontein - Sutherland(Brekkie) - Merweville - Leeu-Gamka - Abrahamskraal waar ons die eerste nag slaap.
Dag 2: Abrahamskraal - Prins Albert - Meiringspoort - Prins Albert(Brekkie) en hopelik Soetkaroo wynproe - Swartberg Pas en Die Hel - Oornag hier
Dag 3: Die Hel - Swartbergpas af - Calitzdorp - Seweweekspoort - Gamkaskloofdam - Koedoeskloof - Oornag hier
Dag 4: Koedoeskloof - Montagu via Oubergpas - De Doorns via Koo - Worcester

As daar enige iemand is wat erens langs die roete saam 'n dop wil drink of sommer net 'n stuk saamry laat weet. Ons verblyf oral is klaar betaal en uitgesort. Sien baie uit na die ene.

Jaco
0 agt 2 4 6 dubbel 2 1 dubbel 8
 
Top