Kathu-Prieska-Marydale-Prieska-Kathu (Ek en sy - 830km roadtrip)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

PHILIPKUHN

Race Dog
Joined
Nov 15, 2012
Messages
1,297
Reaction score
0
Location
KATHU NOORD KAAP
Bike
KTM 950 Adventure
Ek en Linelda het Vrydag 14h00 uit Kathu vertrek. Ek het sommer a toksak agter op die KTM vas gemaak met tou, ek beplan nog die soft-lagage wat ek wil opsit. Verder is die kitt ook nog oppad, ek beplan om met a mx-hemp en body armer te toer. Die honger het ons sommer 70km verder gevang en ons het 15h00 lekker biltong-slaai in Posmansburg Spur geeet, aangesien die temperatuur meer as 40C was.
 

Attachments

  • IMG_1338.JPG
    IMG_1338.JPG
    136.8 KB
Die Grondpad vanaf Posmans tot op Grieqastad is vreeslik sleg, baie groot sinkplaat en groot los klippe, maar die KTM loop soos a droom!!! Dit is die eerste trip met ons nuwe helmets( al kitt wat ek besit)!
 

Attachments

  • IMG_1384.JPG
    IMG_1384.JPG
    111.6 KB
Tussen Grieqastad en Niekerkshoop is die grond goed, laaste 40km tot in Prieska is sleg, maar met die natuur/berge/ou huise, die view is dit rerig die moeite werd om bietjie stadiger te ry. Ons het by Oom Kobus (ETS) in Op die Koppie gastehuis oornag! Lekker gebraai sammet a ONGELOOFLIKE friende, maar soos familie!! (Baie Dankie Oom)
 
Saterdag oggend na koffie en beskuit is ons oppad Marydale toe, ek het groot geword tussen Marydale en Copperton, op a plaas Mariba. Ons het daar gestop vir middagete en a koue bier. My neef boer nou daar. Goeie memories, 20jaar opdie plaas gebly.
 

Attachments

  • IMG_1387.JPG
    IMG_1387.JPG
    144.7 KB
DIe middag na ete het die temperatuur begin verbeter en wolke het die karoo-son geblok. Dit was a goeie verandering en is verwelkom, na 2dae/450km se 40C son!! Die Karoo is droog, maar nog nie swart, mooi op sy eie manier!!
 

Attachments

  • IMG_1385.JPG
    IMG_1385.JPG
    93.1 KB
  • IMG_1386.JPG
    IMG_1386.JPG
    124.4 KB
  • IMG_1383.JPG
    IMG_1383.JPG
    225.4 KB
Saterdag aand in Prieska oor nag by my 2-stroke mal neef, sondag oggend kerk toe en na a lekker koue ete, is ons weer indie pad na Kathu. Hele trip terug was onder wolk kombers. Geen reen op die pad gekry, Sondag aand was my eie bed heerlik! Ons is sonder eenige teenspoed terug 830km verder op a ongelooflike bike, sammet a pragtige verloofde! Dankie Here!
 

Attachments

  • IMG_1382.JPG
    IMG_1382.JPG
    344.5 KB
Mooi fiets en verloofde.
Bly julle is veilig tuis.
 
Dankie vir die deel.  Dit is inderdaad 'n groot voorreg om so te kan ry.  :thumleft:
 
Lekker RR :ricky: Daar is `n Philip Kuhn van Kimbeley wat in Santos oor Desember kamp. Hy is van die Biker Church in Kimberley. Is julle dalk familie ???
 
    Lekker trip down memory lane.Dankie vir die deel. :thumleft:
 
Rob Monster said:
Lekker RR :ricky: Daar is `n Philip Kuhn van Kimbeley wat in Santos oor Desember kamp. Hy is van die Biker Church in Kimberley. Is julle dalk familie ???

nope
 
Nice little RR thanks for sharing  :ricky:
 
Top