XRRX said:
Oppad Katbakkies toe, vat ek toe nog die verkeerde afdraai, ry 15km sand/sinkplaat mengsel tot by Kagga Kamma se hek, net om te hoor ons moet daai 15km weer terug... Baie mooi wêreld darem!! Die hekwag was darem vriendelik, en terwyl ons rus onder die hek se grasdakkie, rook hy toe sommer 'n sigaret saam met ons...
[Highjack on]
Ek wil nie jou RR oorvat nie, maar jou verwysing na Kagga Kamma herinner my aan so trippie daar in 2010. Ek, my vrou, my pêl en sy girlfriend op vier fietse toer so bietjie. Ek en mater Danie bespreek om die beurt die plekke en hy boek ons in by Kagga Kamma. Ek vra nogal of mens daar kan kom met 'n padfiets. Hy bel sy Holiday Club of Vacation Club of wat ookal om seker te maak. Hulle sit hom deur na die plek toe. Die mense sê, ja man. Dis maklik. Hier is elke naweek hordes motorfietse. Min weet ons hy praat nou met die ontvangs by K
ragga Kamma, nie Kagga Kamma nie. Nou ja, sy meisie op haar 1200GS was so half okay. Ek op my DL1000 ook. Vroulief op haar F650GS (was minder tevrede en Ou Daan? 30 jaar oue Yamaha FJ1200. Maar ja, die is jou ride report en die rit is 'n ander lang storie.
Hier is Danie en sy FJ op die bruggie net na Katbakkies pas oppad terug Opdieberg toe.
Lyk of julle 'n flippen lekker ride gehad het. :thumleft:
[highjack off]