Ariamsvlei maak ons vol met die laaste goedkoper petrol, Namibia se grenspos is vinnig en verby, on sleep deur na die RSA grenspos, goedige genade, die mense is hopeloos aan diekant, een man by die toonbank wie die "arrival and departures" beman.
45 minute later vetrek ons eers daar, dis nou die vervelige 130km teerpad na Upington. Ons maak dit darem veilig en ons is ingeboek by 'n selfsorg eenheid daar. Geen verrassing nie, net die gewone "load shedding" en ons besluit om eerder uit te eet die aand. Upington is koud.
Die volgende dag sien ek die man wie my dalk kan help met die Karretjie se shock, hy soek oral rond maar sonder enige sukses. Ons besluit om dan maar teerpad huistoe te ry, daai shock gaan gin grondpad in SA maak nie. Ons gebruik die geleentheid en kuier ons laaste kuiertjie saam met Magda en braai daai aand 'n heerlike steak en spoel hom af met 'n Pofadder wors en knoffel broodtjie.
View attachment 783326View attachment 783327
Die volgende oggend staan ons vroeg op, pak die karretjie en groet vir Madga en ons vat die pad, dis koel maar aanvaarbaar en ons is op die eentonige teerpad, ons mik vir Cradock wat so 700km van Upington is.
View attachment 783328View attachment 783329View attachment 783330
Ons slaap oor in Cradock en is nou net so oor die 200km weg van die huis af, ons vat dit rustig en stop in Bedford vir 'n lekker brekkie.
View attachment 783331View attachment 783332
Ons arriveer net voor 12:00 in King, veilig en sonder insidente gery, die Karretjie se shock het hom net gemaak. Die honde is bly om ons te sien en als loop nog mooi tuis.
Nou ja, dis die einde van die RR, hoop julle het dit geniet so baie soos ons dit geniet het.
Tot volgende keer, mooiloop.
Die Vis Arende.