KOëS RALLY and BEYOND 😎

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ons gebruik ook treilers Chris.

My Nic wa laai so 8-10 speenkalwers of tot 80 speenlammers op 'n slag. Dit klink min, maar mens skuif 'n klomp vee in 'n redelike kort tyd en jy laai sommer in die veld by die kudde se waterkamp of kraal. As ek nie duine oppad huis toe het wat ek moet oor nie, het ek sommer nog so 10-12 lammers op die Cruiser ook gelaai.
Dis hier waar ek redelik oortuig is dat 'n Hilux nie die pyp sal rook nie, maar dis dalk 'n debat vir 'n aparte fret.

Dis alles beter as om met die kuddes huis toe te moet trek, af te keer of uit te vang en dan weer terug te trek kampe toe.
En dan vat jy dit grootpad toe en laai oor op n lorrie? Lê jy teen n grootpad?
 
Vat jy my nou darem baie jare terug. Ek en 'n pêl van Johannesburg gaan jag by my vriend Thys Swart wat in Koës bly. Hy het die Algemene Handelaar daar besit. Ons is 2 uur die oggend weg uit Johannesburg en jaag vir 'n vale on regdeur te ry. Ons kan mos altwee bestuur. Ons ry met my VW Polo en ons roer daai arme 1600 se gat.

Besluit ook sommer ons gaan die agterpad vat. Die grondpaaie is mos baie goed. Daar iewers tussen Aroab (ek dink dis Aroab, geheue is effe vaag) en Koës loop ons nou al 'n lekker 120 - 130 op die grondpad. Die pad is mooi al is dit grond. Die Polo sit lekker op die pad en ons is gemaklik. Amper daar. Dis toe dat ek een van daai bordjies miskyk en ons gaan oor daai duin lekker vinnig. Die pad draai so effe en dan is daar 'n hek. Lang storie kort, die kar het vele kere getol en van die pad af gegly. Ek het wraggies niks getref nie, behalwe to die kar daai sandwalletjie langs die pad tref en oorgly stamp dit altwee die wiele se bande van die nawe af. Daar sit ons, seker so 80 kilos van Koës met twee pap wiele en een spaarwiel.

Ek en Danie, die pêl wat saam is het solank altwee die wiel afgehaal en besef ons kan niks vir hulle doen nie. Toe sit ons maar daar, elkeen op 'n pap wiel en drink 'n biertjie of twee om oor die probleem te tob. Ons was nog net op ons tweede bier toe sien ons doer vêr kom 'n bakke. Dit stop by ons en kan jy nou meer? Dis Thys se vrou oppas van Upington af. Ons kom toe saam haar Koës toe ry.

Die kar het 8 dae net daar gestaan terwyl ons gaan jag en kuier het. Na die jag het ons met Thys se bakkie gery en die kar gaan haal. Dit staan toe nog net soos ons dit gelos het daar.

Ai! Ek hijack nou jou storie, maar die foto het goeie herinneringe wakker gemaak.
Lekker storie, dankie vir die deel. As jy praat van min of meer 80 kilos van Koës dan dink ek ek weet presies waar dit gebeur het, die pad maak hoeka 'n lekker draai omtrent net daar.
 
Ons gebruik ook treilers Chris.

My Nic wa laai so 8-10 speenkalwers of tot 80 speenlammers op 'n slag. Dit klink min, maar mens skuif 'n klomp vee in 'n redelike kort tyd en jy laai sommer in die veld by die kudde se waterkamp of kraal. As ek nie duine oppad huis toe het wat ek moet oor nie, het ek sommer nog so 10-12 lammers op die Cruiser ook gelaai.
Dis hier waar ek redelik oortuig is dat 'n Hilux nie die pyp sal rook nie, maar dis dalk 'n debat vir 'n aparte fret.

Dis alles beter as om met die kuddes huis toe te moet trek, af te keer of uit te vang en dan weer terug te trek kampe toe.
Netso, hul duine uit na die C15 is nie te erg nie Chris, dan het hulle 'n skraper wat daai pad ook twee weekliks in stand hou, nie soos hier by ons nie.
 
En dan vat jy dit grootpad toe en laai oor op n lorrie? Lê jy teen n grootpad?
My opstal is 1km van die grootpad af, so die trokke kan kom tot by my krale en laaibank by die huis.
Ons ry alles uit die veld uit aan tot by die huis en laai dit dan daar.

Ek gebruik sommer die om bulle ook te skuif, dan hoef ons hulle nie aan te jaag tot waar hulle moet wees nie. As hulle rustig is, laai ek een in elke hok, anders maar een op 'n slag.
Koeie laai ons so 4 op 'n slag.
 
Hier's GE foto's van my bedryf, Chris.

Jammer vir die "hi-jack" Louis! :oops:
 

Attachments

  • Opstal.jpg
    Opstal.jpg
    207.2 KB
  • Plaas.jpg
    Plaas.jpg
    242.9 KB
Geen hi-jack nie, ek laaik die bedryf te veel. 👍
Dis darem maar ongelooflik hoe daai mense in daai wêreld leef en werk. Hul voorsate moes ysters gewees het en n vrou wat van n Mall en Woolies hou sal weg loop daar sommer draadlangs om kortste pad te vat!!;)
:LOL:
 
Chris, daar boer 'n ou oom nie te ver van my af nie, oom Giel Lubbe. Hy het as 'n jong man letterlik te voet, met net sy klerekoffertjie, die Kalahari ingestap en vir blanke boere as plaasarbeider gewerk.
Vandag is oom Giel 'n ryk man met baie Kalahari grond. Hy het destyds baie gespekuleer en ek het 'n hele paar keer koeie by hom gekoop. Oom Giel is 'n nie man waarmee jy grappies maak nie en hy is reguit - se 'n ding net soos hy is. Hy is verskriklik gesteld op al sy goed en jy moet bv nie sy bakkie se deur toeslaan as jy inklim nie. Hy sal jou net daar mooi vertel...
Jy "trek" sy bakkie se deur saggies toe.

Terwyl ons eendag in sy veld ry om koeie te gaan kyk het hy 'n ding gese wat my altyd bybly:
"As jy gesien wil wees, kan jy nie in die Kalahari bly nie. Dan moet jy in die dorp gaan bly."
 
Ou baas van my se skoonpa was n bywoner op n plaas naby Gochas nadat die staat sy grond onteien het naby Black Rock. Hyt lorrietjie gekoop en begin spekuleer. Hyt sewe plase rondom Gochas so bymekaar gemaak. Als op een slag verkoop toe sy 3 meisiekinders klaar is met skool. Vrou was lankal jonk oorlede en toe 2 plase in die Tankwa gekoop wat hy vanaf Ceres geboer het. Toe kom sê die staat hy kan sy Black Rock plaas terug koop in die 90's. Hy gaan kyk die plaas en met sy besoek raak hy verlief op n plaas op die Severnepad. Verkoop sy huis en 2 Tankwa plase en trek alleen Severne toe. n Fanie Van Rensburg oom. Weetie of hy nog lewe nie.
 
Last edited:
OK, nou genoeg gekuier, nie dat ons genoeg van die plaas kan kry nie, maar dis tyd om pad te vat. Ons huis roep.
Ons het heerlik gekuier, maar self pensioenarisse moet huis kry. :)

Ek het ons versier om die Maandag gesit, en so waar as wragtig, daai Maandag oggend toe lê die koue dik op daai plaas, maar ons is gepak en moet koers kry. Intussen het ek agtergekom dat die karretjie se shock die gees gegee het. Ons het oral in Namibia gesoek maar kon niks kry nie. 'n Man in Upington het gesê ek moet verby kom, hy kan dalk help. So ons vertrek Upington toe, nie meer op ons oorspronklike roete Keimoes toe nie. Magda het lus om saam te gaan, so sy volg in die bakkie en gaan sommer so bietjie proviant in Upington aanskaf.

Die roete vir die dag is vanaf die plaas op die D503, 80km tot op die C11 na Aroab wat nog 'n 80km verder is, dan die D622, dan die D565, D566, D205 tot by die D269, dan Ariamsvlei, oor die twee grensposte op die N10 tot by Upington, ongeveer 514 km vir die dag.
D503 to Upington.jpg


Net na 7 die oggend is dit lig genoeg en ons vat die lang pad uit op die D503, ons het gewag vir die lekker pad uit. Hier gaan baie foto's kom, so wees maar geduldig, dit sal die moeite werd wees. Daar is so paar mooi duine uit.

Oppad uit van die plaas.
1.png
Die eeste hek.
2 (2).png


Ons ry aan tot by die tweede hek.
2 (3).png
2 (3).png
2 (4).png
2 (5).png


By die tweede hek, dis 'n lekker koel minus 3℃.
3 (1).JPG


Kyk die koue op die sand en op die hek. 🥶
3 (2).JPG

3 (3).JPG
 
Kyk mooi hoe wag die koue vir ons aan die suidekant van die duine, dat wat bitter koud daai oggend. Ek het hom probeer wegry, maar min gehelp.
17 (1).png
17.png
18.png
19.png


Nogge hek.
20.JPG

20.png
21.png
22.png
23.png
24.png
 
Top