Ladismith December 2014 & Sani Pass Easter 2015

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Kobus Myburgh

Grey Hound
Joined
Nov 20, 2013
Messages
8,691
Reaction score
2,524
Location
George
Bike
KTM 640 Adventure
While, in the words of Dorsland: "Days of our Lives" are playing off elsewhere in Jou Ma today, I thought I'd share the last two rides I did since last year December.

First, an introduction to who is KTMKobus:

Born, schooled and studied in Cape Town and surrounds and a proud Stormer supporter (discarding last night's performance), I now reside in Gauteng.  Being a civil contractor my occupation also took me to various parts of SA with my oldest born in the Free State, (Bethlehem) and the youngest in Ballito, KZN.  I look forward to watching rugby alongside these two mannetjies one day as the oldest already mocked me when the Stormers lost against the Cheetahs last night (all of a sudden his team now).

I never grew up with bikes, but always had a love of off road motorcycles since our neighbour's son taught me how to ride on a Suzuki TS50 way back when I was in standard 3, I think.

Ek het egter my skool loopbaan voltooi sonder om 'n bike te besit en moes maar tevrede wees met my ouer suster se boyfriend wat met 'n DT 50 kom kuier het en dan het ek darem 'n kans gehad om bietjie te gaan ry terwyl hulle vry of wat ever hulle daai tyd gedoen het.

Klaar geskool en toe weermag toe en daarna begin studeer aan die Kaapse Technikon in Siviele Ingenieurswese.  Dis eers in my derde jaar wat die bike ding begin het .................



 
En daar tik ek nou my hele tweede hoofstuk en die Internet gooi my af!  Ons probeer nou nou weer.....
 
So teen die tyd wat ek derde jaar begin, so teen almal (en my eie) verwagting, is ek nou al 'n gesoute student.  Met die dat die local watering hole (Flags) loop afstand van die Tech af is, het klas ook baie vining vervelig begin raak.

Voor ek my toe kon kry, is my studentelening ook toe uitgeput en die enigste manier om te recover is om my, teen die tyd moer toe, Opel Kadet Voyage te verkoop.  So gese, so gedaan en kan ek die res van die jaar se studies betaal met nog 'n paar sente te spaar.

En so kry ek toe 'n Suzuki PE 250 te koop vir as ek reg onthou R600.  Teen die prys het hy nie geloop nie en te danke aan my ou groot pel het ons na meer as twee maande die 2-stroke aan die gang gekry.  Onder is die enigste foto wat ek kon opspoor wat redelik lank na die tyd geneem is en ook beduidend van hoeveel keer hy daarna moes reggemaak word - die magneto op hulle het jou mos baie kopseer besorg!

 

Attachments

  • Conquest 011.jpg
    Conquest 011.jpg
    123.3 KB
Elke jaar Desember trek ons familietjie soos die res van Gauteng af see toe om weer te gaan mens raak, en elke jaar gaan die motorfiets saam al word daar minimale kilometres gery.

'n Klompie jaar terug het ook per geluk 'n stukkie grond (76 ha)in die hande gekry net buite Ladismith en dis dan ook sommer gulde geleentheid om daar te gaan uitspan saam met ons 'backup crew' en 'n bietjie uit te rafel.  Ons eie WD den!

Ons roete was vanaf Mosselbaai se kant na Herbertsdale oor die Du Plessis pas en daarna Cloetes pas tot in van Wyksdorp.  Vanaf van Wyksdorp oor die Rooiberg pas tot in Calitzdorp waar daar eers keel nat gemaak is.

 

Attachments

  • Cloetes pas.jpg
    Cloetes pas.jpg
    139.7 KB
  • Rooiberg pas.jpg
    Rooiberg pas.jpg
    108.2 KB
  • Rooiberg pas 2.jpg
    Rooiberg pas 2.jpg
    78 KB
Daai Klein Karoo het seker julle manne se kaaiings uitgebraai in Desember.  Sien uit na nog.
 
Toe ons uit Calitzdorp die Huisrivier pas uit is het ek agtergekom die 640 se krag is nie meer soos wat dit moet wees nie en hy het 'n duidelike mis begin kry.

Nieteenstaande het ons darem Seweweekspoort se ingang gehaal en toe besluit om deur die eerste gedeelte te ry voor ons ons backup crew (dis soos by Oom en neef graag wil bekend staan!) in Ladismith ontmoet om proviant te kry voor daar plaas toe gegaan word.

Seweweekspoort in en uit met 'n vreeslike gemis en Rodney wat amper deur 'n Cruiser maniak uitgehaal is, is ons toe deur tot in Ladismith.

Met my min meganiese kennis besluit ek toe om te soek vir 'n nuwe spark plug in Ladismith en kon ons toe net 'n soortgelyke een kry - waarop die standard KTM spanner natuurlik nie pas nie.  In elk geval, ons het sonder verdere voorval op die plaas aangekom waar daar gebraai en baie gekuier is.
 

Attachments

  • Calitzdorp.jpg
    Calitzdorp.jpg
    85 KB
  • Seweweekspoort.jpg
    Seweweekspoort.jpg
    154.2 KB
Op die plaas, en ja Dorsland, ons was bitter naby aan vrek met al daai kit aan!

Dit was toe nou ook die eerste geleentheid om my ATG stretcher op die plaas te toets.  Ongelukkig het die brannas maar redelik gevloei en weet ek eintlik tot vandag nog nie of hy gemaklik was nie.  :lol8:
 

Attachments

  • 690 op die plaas.jpg
    690 op die plaas.jpg
    71.8 KB
  • Kamp op die plaas.jpg
    Kamp op die plaas.jpg
    169.6 KB
Die volgende oggend is opgepak en getreur dat ons die stukkie grond seker eers weer Desember 2015 sal sien en toe terug Ladismith toe vir 'n stewige ontbyt.  Intussen is die spark plug vervang - moet liefs nie vra hoe nie!

Van Ladismith af terug op die R62 en toe links by die R327 dat ons darem net weer op die grondpad kan kom.  Alles het redelik goed gegaan tot anderkant Van Wyksdorp waar Rodney amper deur 'n skaaphond uitgehaal is (lekker gelag daarna) en toe begin die 640 weer hoes.  Spark plug uit, maak skoon, ry 'n entjie en begin maar weer met die oefening.  Enige iemand wat al 'n 640 gehad het weet wat se mission dit is. 

Alles tevergeefs en ons is maar so hoes en proes en met baie stop terug tot by die huis - 'backup crew' natuurlik nerens te sien nie!

Ten spite van al die gesukkel was dit weer 'n wonderlike trip saam met goeie geselskap en ek sien uit na Desember waar daar weer 'n ander roete gery gaan word maar die eind bestemming (stukkie grond in Ladismith) bly onveranderd!

PS:  Die problem met die 640 het toe niks te doen gehad met die sparkplug nie, maar 'n o'ring seel in die carb wat veroorsaak het dat hy hel ryk gehardloop het en daarvandaan die mis.
 

Attachments

  • Missing a beat.jpg
    Missing a beat.jpg
    138.1 KB
Terug in Gauteng en daar is maar min tyd vir ry so tussen die werk deur.  Ons kry darem kans om 'n vinnige intermediate DS kursus by ADA te gaan doen en daarna, oor baie braais, besluit ons dis tyd om te oorweeg om op te gradeer na 'n 990.

So gaan die tyd verby en ek is gelukkig om so maand terug Wobble07 se 990 op hierdie forum raak te loop en so ook te bekom.  My ou vriend Rodney gaan haal hom vir my en so staan hy vir bykans twee weke by hom voor ek hom eers kan ry.  Dit is toe nou sommer ook die ideale geleentheid om te beplan om Sani pas te gaan ry aangesien ons vir die Paas naweek as families Nottingham Road/Rosetta se kant toe gaan.

So word die bakkies gepak en gaan tel ek die bikes by Rodney op waarvandaan ons konvooi ry af Midlands toe.  Na slegs 110km in ons 500km roete word daar 'n oproep ontvang dat daar nou net by hulle huis ingebreek is - helder oor dag.  Agter deur en tralie hek kas toe!  Ons konvooi kom tot stilstand en daar word vergadering gehou oor hoe nou gemaak.  Vinnig is daar plan gemaak en die 990 is van die trailer af vir Rodney om terug te gaan om die skade te gaan evalueer en reg te maak wat moet.  Hy sal die volgende oggend vroeg wegkom en dan weer aansluit by ons in die Midlands.  (Teen die tyd het ek nog steeds nie een kilometre met die 990 gery nie en die lucky bliksem gaan >600km ry!)  Eerder dit as met 'n 690 seker.
 
So sluit Rodney veilig by ons aan die volgende dag - en ek moet hom 2 dae kans gee voor ons Sani tackle want sy gat is glo seer!

In elk geval, so vertrek ons 6 uur die oggend uit Rosetta en maak eers 'n draai in Notties vir brandstof.  Die mis is sommer dik die oggend en ek begin wonder of ek hierdie 990 enigiets bo 'n 60km/h gaan sien vandag.

Ons vat toe die pad Lower Loteni toe en is tog te bly toe die mis begin lig net toe ons grondpad slaan.
 

Attachments

  • Fuel up.jpg
    Fuel up.jpg
    48.5 KB
  • Eerste stop.jpg
    Eerste stop.jpg
    62.9 KB
  • Kobus eerste stop.jpg
    Kobus eerste stop.jpg
    58.9 KB
Ons was baie bly om die grondpad te sien maar nie so bly om dit gly gly aan te pak na die vorige aand se reen nie.  Dit was nietemin groot sports en menige amper oepsies.

Tot net voor Himeville lekker gery en toe die laaste stukkie teer to by Sani se begin - of waar begin hy nou eintlik?  Deur die grenspos en toe is dit die eerste keer wat ek begin agterkom dat daar wel 'n redelike verskil is tussen die 640 en die 990, veral met gewig.  Sommer stukke beter gegaan toe ek bietjie vinniger oor die slegte gedeeltes begin ry om daai gewig in 'n reguit lyn te hou.

Die pad op is redelik rof op die stadium maar die laaste paar kronkel draaie 'n plesier nadat hulle dit breer gemaak het.  Lyk my tog hulle begin een van die dae 'n bietjie asphalt daar bo neersit, so maak seker jy gaan ry dit voor dit gebeur.

Bo gekom, deur die grenspos en dit tyd vir 'n lekker brekkie en 'n bier.  Vir die wat binnekort gaan, eet gerus hulle hamburgers - uit die boeke.  Opvallend was natuurlik die temperatuur verskil van onder na bo - selfs oor Paasnaweek raak dit vrek koud daar bo.
 

Attachments

  • Bikes on Sani 1.jpg
    Bikes on Sani 1.jpg
    102.4 KB
  • Bikes on Sani 3.jpg
    Bikes on Sani 3.jpg
    91.9 KB
  • Bikes on Sani 2.jpg
    Bikes on Sani 2.jpg
    79.2 KB
Nog 'n paar fotos van die pad boontoe en die ongelooflike natuurskoon.
 

Attachments

  • Sani 1.jpg
    Sani 1.jpg
    47.5 KB
  • Sani 2.jpg
    Sani 2.jpg
    35.6 KB
  • Waterval.jpg
    Waterval.jpg
    137.2 KB
  • Sani 3.jpg
    Sani 3.jpg
    63.9 KB
  • Sani 4.jpg
    Sani 4.jpg
    107.6 KB
Groot was ons verrassing toe ons teen die muur van die pub 'n Wilddog register vind tussen al die ander 'skilderye'.  Onmiddelik moes dit natuurlik geteken word!

So het ons 'n ruk nog daar bo uitgehang en die plek bekyk voor ons die pad afwaarts aangevat het.  Dit is eintlik teleurstellend hoe vinnig die pas afgery word en voor ons ons kon kry was ons weer deur die SA grenspos.  Behalwe dat ons sopnat by die huis aangekom het, was dit 'n wonderlike ondervinding.  My derde keer met die pas uit maar eerste keer op 'n motorfiets - daai boksie kan nou afgemerk word!

Dankie vir almal wat die laaste paar uur saam gery het - lekker aand vir almal!
 

Attachments

  • At the border.jpg
    At the border.jpg
    110.7 KB
  • Maluti bier.jpg
    Maluti bier.jpg
    42.9 KB
  • Sani lodge 2.jpg
    Sani lodge 2.jpg
    67.1 KB
  • Bo by die lodge.jpg
    Bo by die lodge.jpg
    100.1 KB
Vir die wat die geleenheid het om Sani te gaan ry - onthou die register.
 

Attachments

  • WD register 1.jpg
    WD register 1.jpg
    61.8 KB
  • WD register 2.jpg
    WD register 2.jpg
    78.6 KB
Lekker Kobus, inderdaad 'n baie mooi omgewing. Ek moet 'n plan maak om die pas te gaan ry, ek was nog nooit in daardie geweste nie.
 
Dorsland said:
Lekker Kobus, inderdaad 'n baie mooi omgewing. Ek moet 'n plan maak om die pas te gaan ry, ek was nog nooit in daardie geweste nie.

Kon dit self nie beter stel nie  :thumleft:

Dankie Kobus vir die deel van jou ontdekkingsreise  :thumleft:
 
Dorsland said:
Lekker Kobus, inderdaad 'n baie mooi omgewing. Ek moet 'n plan maak om die pas te gaan ry, ek was nog nooit in daardie geweste nie.

Dorsland, jy is welkom om Hilton as jou tuis basis te gebruik. Sani is naby my.
 
Wooly Bugger said:
Dorsland said:
Lekker Kobus, inderdaad 'n baie mooi omgewing. Ek moet 'n plan maak om die pas te gaan ry, ek was nog nooit in daardie geweste nie.

Dorsland, jy is welkom om Hilton as jou tuis basis te gebruik. Sani is naby my.

Dankie WB, ek wil sien hoe lyk my dinge later vanjaar of ek 'n langerige trippie kan inwerk, dan gaan ek jou PM.  Moet ek solank oefen om G+Ts te drink of is Natal nie meer die Last Outpost nie?  >:D :lol8:

Kan nogal lekker wees om 'n Wit Bwana in Afrika te wees  :peepwall: :pot:
 

Latest posts

Top