Lentefees Trip (met "De Brug" se geskiedinis)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
nog...
 

Attachments

  • z 16.jpg
    z 16.jpg
    208.5 KB
  • z 17.jpg
    z 17.jpg
    237.1 KB
  • z 18.jpg
    z 18.jpg
    325.8 KB
  • z 19.jpg
    z 19.jpg
    319.8 KB
  • z 21.jpg
    z 21.jpg
    204.7 KB
Dit was 'n baie aangename dag en ek wil weer eens net vir almal dankie se wat dit met ons kon deel. Aan al my helpers wat gehelp het met die sukses van die dag ook weereens baie dankie. Dit is 'n plesier om so iets te reel as mens sulke staatmakers het wat jou help sonder om te skroom.

Die wins wat ons die dag gemaak het is als oorbetaal aan Riebeek Kasteel se NG gemeente.
 

Attachments

  • z 20.jpg
    z 20.jpg
    316.7 KB
Party mense het ook al die luck  :biggrin:

Eerste ding wat Paul O vanoggend gedoen het was om sy bike se merkies te kom wys

 
Dankie Oom Riebeeker, "Tannie Riebeeker", Anine (Dogter/back-up bakkie) en Hugoline (Fotograaf)!! Asook die wat ek nie ken nie...

Stunning pics Hugoline, baie dankie daarvoor!  :thumleft:
 
Het iemand dalk die gps track van ons trip.  Ek sal dit graag weer wil ry, maar sal beslis verdwaal.
 
Johan R said:
Wow! Dankie, so n vinnige response, waardeer dit baie!

As jy mooi gekyk het, sou jy dit op bladsy 2, post #26 ook al gekry het.  ;)
 
Riebeeker said:
Kan iemand my dalk help met die geskiedenis van die Brug? Ek het al die internet plat gesurf (daars nie meer branders oor nie ) maar ek kry niks.

Volgens wat ek gehoor het was die brug op 'n skip op pad na 'n ander land toe en het die skip of gestrand of in die moeilikheid geraak en is die brug van die skip verwyder en is die brug hier op gesit. Dit maak sin aangesien die brug redelik uniek is in vorm en styl en is alles met klinknaels aan mekaar gesit.

Om ’n brug te soek
2011-09-16 20:35

57b01832e58d4a918705e71884659153.jpg


Die melktert-tafel se gewildheid word net-net oortref deur dié van die vleistafel.

Mariëtte Odendaal, ’n jarelange inwoner van die Swartland, aarsel nie as ’n mens oor ’n misplaaste brug iewers in dié geweste vra nie.

“O ja, ek weet van daardie brug. Toe hulle klein was, het my pa-hulle mekaar so ge-dare om kaalvoet oor die reling te hardloop.”
Maar wáár presies is die brug? ’n Onverenigbare verskynsel soos ’n massiewe ysterbrug wat tussen plaaspaaie lê, – luidens gerugte weens ’n ongeluk van die geskiedenis – verdien tog verdere ondersoek.

Sy is nie seker nie. “Maar Byle Engelbrecht sal weet.”

In 1863, vertel die pas uitgereikte boek Riebeek’s Castle – a Journey into the colourful and fascinating history of the Swartland, is ’n 110 meter lange staalbrug oor die Bergrivier geplak, nadat dit eintlik van Engeland na Australië onderweg was. Die skip wat die brug vervoer het, het in Tafelbaai probleme met ’n lekkasie ondervind en moes die hawe invaar vir herstelwerk.

Nadat die brug afgelaai en die skip herstel is, kon hulle ondanks ’n enorme gesukkel nie weer die brug op die skip kry nie. Die brug is toe maar in die hawe gelaat en, om “ontslae te raak daarvan”, is dit mettertyd oor die Bergrivier staangemaak. “Sonder seremonie,” lui die hoofstuk.

“Min is bekend oor die brug, buiten dat dit ’n lang tyd in die dokke gelê het,” word geskryf.

En soos elke entiteit waaroor min bekend is, is daar baie weergawes van wat gebeur het – baie stories en baie stertjies.
Oral waar jy in die kerksaal vra, is die antwoord dieselfde: Byle sal weet. Hy kan jou alles van daai brug vertel.

Byle is egter soek. Glo met vakansie te Saldanha.

Wag, André Serdyn sal ook weet,” sê iemand. Buite die kerksaal, weg van die gewriemel, staan André Serdyn teen sy bakkie en rook. Vyf-en-sewentig jaar oud, sê hy.

Van die brug weet hy, want sy plaas, genaamd Elani, is naby die einste brug geleë.

Die brug waarna ons soek, sê hy, is in Skotland vervaardig, “wat daardie tye goeie staalwerke gehad het”.

Dit was ’n skoener met twee maste, vertel hy. Die brug is uit Australië bestel en was om en by 1850 op pad na Australië toe die skip naby Tafelbaai moes in. Die skoener het die hawe ingevaar om herstelwerk te doen, maar die brug moes af.

Maar beslis nie in een stuk nie, is André se mening. Wat gebeur het, sê hy, is dat daar ’n ander skip, een met ’n hyskraan, in die hawe was. Die hyskraan was nodig om die drie gedeeltes van die brug mee af te laai, maar toe die skip herstel is en hulle verder kon vaar, was die skip met die hyskraan reeds weg. Toe is die brug oplaas deur die skeepskaptein aan die Kaapse Padraad verkoop.

Die brug is in 1863 of 1864 oor die Bergrivier opgerig. Met verstommende vaardigheid, in ag genome die vervoervermoëns van die tyd. Dit was in daardie tyd die hoofroete na die Noorde van die Kaap af. Die “Great Berg River Bridge” was oop vir verkeer.
’n Vrou met ’n naamplaat “Koringberg voorvatter” onderbreek die gesprek. Sy soek ’n sleutel van een van die huisies by die Elani-vakansieoord, waarvan André die eienaar is.

“Gee my rapport,” sê André. Die gaste kon nie glo hoe groot die steaks was nie, sê sy. “Donnerse Franse,” mompel hy en hervat die geskiedenisles.

Later, teen ongeveer 1902, het die dorpie Warren’s Camp Koringberg geword, sê hy, en mettertyd was die hoofpad na die Noorde nie meer oor die brug nie, maar al met die treinspoor langs, tot by Wellington. Die Lady Loch-brug, wat luidens die Breytenbach-sentrum se webwerf eers ’n houtbrug was wat later, om en by 1910, ’n ysterbrug sou word, het toe die nodige oorsteek van die Bergrivier van die Kaap tot in die Paarl bewerkstellig.

Nou word die Great River Bridge selde oorgesteek. As ’n mens die brug soek, moet jy van die N7 die afdraai vat by die bordjie wat lui “Misverstand/Die Brug” en op ’n grondpad klim. “Ondergeskikte pad,” groet ’n bordjie by die afdraaislag.

“Maar jy moet vir Byle vra,” sê André. “Sy plaas is ook naby die brug.” Later sou ek wel vir Byle bel. Christo Engelbrecht is sy doopnaam.

Van André se teorie oor die brug wat nie in een stuk van die skip gelaai is nie, maar wel in drie, sê hy: “O! Dit het ek nie geweet nie. Ja, dit is dalk so.”

Hoe ook al, die brug is ’n kunswerk, beklemtoon hy. Veral die klipwerk wat dit staande hou – sandsteen, wat byna so ontuis in die Swartland lyk soos die brug self.

“Die naaste waar dit vandaan kon kom, was Klawer,” sê hy. “Kan jy jou indink, hoe dit met die ossewaens gewerk het!”
Wat hy wel weet, is dat daar tydens die Tweede Vryheidsoorlog ’n kamp opgeslaan is en dat Engelse soldate daarby gewaak het. “Maar jy moet vir Boy daaroor vra.” Boy van Schalkwyk, op wie se plaas, ook “Die Brug”, die brug staan. Sy voorsate het die grond by die staat gekoop, sê Byle.

Boy van Schalkwyk se eerste groot vraag wat hy oor die telefoon stel, het egter niks met die skeepskaptein of die skip se naam te doen nie.

“Daai kantgedeeltes kon nie minder as 20 ton geweeg het nie. Wat ek wil weet, is hoe het hulle dit hier gekry?”

Sy ouma was ’n tollenaar by die brug, sê hy, voordat die staat dit oopgestel het. Lank voor dit het die brug wel ’n kameerol in die oorlog gehad, ja.

“Die Engelse het die brug beskerm, so 12 van hulle. Een nag het twee boere in die donker aangekom. Hulle het dié kant toe en daai kant toe geskiet, so deurmekaar.”

Die Engelse het gedink hulle is oorweldig, sê hy, en het oorgegee. Perde en proviand is op slinkse wyse gebuit.

Later sou die hotel “met so twee of drie slaapkamers” – wat nou nie meer bestaan nie – kom. Vir mense wat van ver reis om hier oor te bly, ja, maar merendeels as ’n kroeg, reken Boy, aangesien hulle gedurig skerwe van ou bottels naby die brug optel. “Lyk my hulle het in daai tyd maar die bottels leeg gedrink en dan stukkend gegooi.”

Ook patrone en koeëldoppies word dikwels uitgegrawe, sê hy. Die laaste keer wat die brug opgeknap is, sê hy, was in 1933.

“Maar daai brug ... dit lyk asof dit ’n allooi- met ’n gietyster-soort ding is.” Want die brug is so sterk nou soos destyds, “met minimale roes”.

Daar kom nog nou en dan vragmotors van om en by 60 ton oor die enkelpad-brug gery, sê hy, aangesien die PPC-sementfabriek by De Hoek nie ver daarvandaan is nie. Maar merendeels is dit die motorfietsryers wat hom irriteer, want hy kan nie meer op Sondagmiddae slaap nie. “Maar hulle kom net vir die mooi.”

Wie nié bloot kom vir die mooi nie, is die deelnemers aan die bekende jaarlikse Bergrivier-kanomarathon, wat op hul derde dag van intense roeiery onder dié brug deurry. Die ondersteuners wat die brug vol staan en hul toejuiging bied, is ook kwalik daar vir die waardering van die historiese waarde.

In die Riebeek’s Castle-boek word melding wel vlugtig gemaak van korrespondensie tussen padingenieurs en parlementslede oor die oprigting van die brug. Dit sou 4 000 pond kos en spesiale toestemming moes verkry word om ’n esel wat tydens die oprigtingswerk verdrink het, te vervang teen ’n koste van 25 pond.

Meer oor die brug se gewigtigheid ontbreek egter. Selfs die historikus prof. Hermann Giliomee kan nie onomwonde sê wat die brug se storie is nie.

Om ’n draai, half onaangekondig, duik die brug op, ná ’n skerp draai na links as jy met die Misverstand-pad ry. Die Bergrivier strek breed onder die brug, wat net meer as 100 m lank is.

Wanneer ’n stampvol motor later oor die brug gery kom, moet ’n mens op die klein sypaadjie klim. Die vibrasie is lig, maar merkbaar.

Die teer op die brug se enkelbaan is net-net sigbaar aan die skouers, met stof en grond wat die baan oorheers. In die middel van die brug is ’n klein bordjie met draad vasgemaak.

“DR 1175 – 10.84”, lui die boonste beskrywing. Onder dit: “Swarland (sic) / Bergrivier”. Tussen die twee lyne is ’n wapen van die Wes-Kaapse regering geplak – onderstebo.

Teen die buitekant van die ander reling, stroom-op, is ’n klein karton-advertensiebord opgeplak teen die rooi yster.

“Berg River Canoe Marathon,” lui die groot skrif. Onder dit: “Day 3 – 55 km to go. Real commitment. 100% of the way”, met ’n kenteken van Windhoek Lager wat daarop pryk.
 
Dankie, ek het ook altyd gewonder oor daai brug se geskiedenis  :thumleft:
 
Top