Living the Dream Solo Around the World Trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Schalk - Awesome! Respek! :thumleft:
 
subie said:
Respect Schalk  :thumleft:
I think I would enjoy such a ride but there is no way I would be able to "deal" with the people at all.
Don't worry you later get hair on your teeth
 
Hi Schalk, Ek volg jou avontuur met groot bewondering. Ek dink dit vat baie guts, geduld en deursettingsvermoe om so iets aan te pak. Maar jy is besig om te lewe! en nie net te bestaan soos baie van ons wat so in 'n roetine vasgevang is en dit voel naderhand of jy net opstaan elke dag om die rekeninge te betaal. Veilige reis man en ek sien uit na die volgende hoofstuk.
 
Ek het sopas weer vanaf bladsy 17 gelees.

A tip of the hat to you Sir.
 
Ced said:
Hi Schalk, Ek volg jou avontuur met groot bewondering. Ek dink dit vat baie guts, geduld en deursettingsvermoe om so iets aan te pak. Maar jy is besig om te lewe! en nie net te bestaan soos baie van ons wat so in 'n roetine vasgevang is en dit voel naderhand of jy net opstaan elke dag om die rekeninge te betaal. Veilige reis man en ek sien uit na die volgende hoofstuk.
Hi Ced ek dink jy het redelik goed opgesom hoe ek ook gevoel het voor my trip. Dit is ook nie maan skyn en rose op 'n trip soos hierdie nie maar ek is mal oor die onbekende, wat lê om die volgende draai of hoe gaan ek more my probleem op los ens. Begin beplan my maat en groete en jy sal verbaas wees ons is baie sterker onder druk as wat ons dink.
 
Die tegnologie is ongelooflik. Vir ons ouer ouens wat nie eers met selfone groot geword het nie. Om te dink jy is duisende kilometers weg, iewers in noord afrika en jy kan alles deel met ons in real time. Die jonger ouens sal seker dink WTf! Dis hoe dit is. Get over it outoppie! Ek verstaan heeltemal wat jy doen en hoop ek kan die moed bymekaar skraap om iets selfs in die kleinste skaal self te doen. Ek dink op 'n sekere ouderdom tref die besef jou met 'n donderslag en jy begin besef: as ek nie nou plan maak nie, is ek more te swak of te oud om enige iets te doen. En as jy weer kyk dra jy 'n spoegdoek en adult nappies. Hel man, as jy dit kan doen, kan ek ook! Sterkte man, jy is 'n inspirasie en ek hoor wat jy se, dis nie maanskyn en rose nie. Ek is seker jy raak kwaad, gatvol en gefrustreer en mis jou mense baie, maar dis jou avontuur! Die alternatief is scary!
 
Ja Ced jy som dit goed op. Ek wou my trip oorspronklik uit stel met 'n jaar toe hoor ek Lodie de Jager wat self 'n paar keer deur Africa is, is op Kersdag laas jaar oorlede. 'n ander friend meer as tien jaar my junior het Parkesons en dis toe wat ek besluit ek doen dit nou. Uit stel is afstel. Groete en dankie vir die belangsteling. Schalk
 
Fantastic trip...Schalk laat weet as jy sukkel ek het kontakte in Egipte en ken die hoof van "hulle eskom" in Suez. Nie seker of dit sal help nie maar laat weet selfs as het jy net iemand nodig om Arabiers te praat met wie ook al.
 
Draad said:

Hi Draad dankie vir die voorstel. Ek dink ek gaan vandag reg kom. Iemand reel vir my 'n ferry van Alexander na Griekeland toe. Ek wag nou net vir die datum en prys. Ek sal jou kontak in dien nodig. Kontakte soos wat jy het help gewoonlik geweldig baie in n vreemde land soos die waar elke ou jou net vir n "ride" wil vat. Groete Schalk
 
Jis Schalk, wat 'n report.  Jy lewe nou jou droom, iets waaroor ons anner maar net kan droom.  Ek kan sien jy geniet die trip kwaai.  Ek sien op al die fotos jy smile van oor tot oor.  Lekker om so gesig te sien.  ;D
All sterkte en voorspoed voorentoe en mag jy 'n veilige trippie hê.  :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:

Mooi loop.  :thumleft: 
 
Vis Arend said:

Dankie Vis Arend Ek wag nou net vir n prys en datum vir 'n ferry Griekeland toe dan is ek hoopelik more hier uit na Alexander toe in Egipte. Trek vandag na n goedkoper hotel toe. Betaal 270 Egipties pond op die oomblik en nou n hotel vir 100 pond gekry. Wil somer vandag ook my tyres om ruil. Groete daar en sal jou graag in Des. weer wil sien ons het mos laas Des saam gery toe jy en jou vrou die outjie in die rystoel gevat het. Groete.
 
Schalk, watter bande het jy nou op die fiets en hoeveel km het jy met hulle gekry
en wat gaan jy nou opsit ?
Tubes ?
 
Top