Looking for an old girl.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
@Karoo Rider Die moeilikste deel was om daai blerrie clutch te trap want jy moet mos reguit afwaarts trap en nie so skuins vorentoe soos met 'n kar nie. As lightie was die gevolg dat jy basies moet regop staan op die clutch petaal om hom ingetrap te kry, terwyl jy met die een hand die gear lever operate en die ander klou die stuur vas terwyl jy met een oog die pad of wingerdry moet dophou.

Ek onthou dit baie goed, daai harde staan-trap op die koppelaar!!
En soms moet jy hom lank inhou, dan haal jy hom liewer uit rat uit want hy het mos die manier om skielik op te spring wanneer jou been moeg raak.
 
Last edited:
Die moeilikste deel was om daai blerrie clutch te trap want jy moet mos reguit afwaarts trap

Die ontwerper van ou MF clutch pedals se ma moes hom kleintyd doodgelê het oor die pedal of ek vermoed sy linkerbeen was dalk geamputeer.
Deesdae sukkel ek erg met myne, soos maar met als het ek baie tricks. Linkervoet op die clutch pedal, linkerhand klou stuurwiel druk linkerelmboog op bobeen en siedaar voet trap clutch in!!!💪
Dit neuk maar as dit tydens n draai moet geskied dan raak die hande te min soos met als in my lewe.!!! :p
😬
 
Last edited:
Dit was 'n grys pens, waarskynlik 3 Perkins silinder want MF het Perkins enjins begin gebruik 1959 rond.
Ons 35 was 1960/61 rond, raai ek.
Ek onthou min van sy tegniese detail, ek was maar jonk daai tyd. Vroeg laerskool.
Die 35X en 35 MultiPower het later op die mark gekom.
In 1967 rond het die 135 op die plaas aangekom. Blink en nuut (ek onthou nog hoe my Pa gesê het daardie jaar was 'n " 'n goeie jaar")
Die 135 was puik is alle opsigte, mooi, foutloos en altyd gereed om te werk.
Daarna het ons 'n paar jaar 'n 240 gehad. Dit was 'n effense disaster. Gedurig olielekke gehad, veral tussen enjin en ratkas.
Die Massey Harris 745 op fotos het ook n Perkins in vertel wiki my.
 
Hey Chris, I'd love to see more pics of your bike with it's sidecar.
I don't have many it is so fast you know papparazzi cannot keep up!! 😜

TRIP 2021-1.jpg
 
Die moeilikste deel was om daai blerrie clutch te trap want jy moet mos reguit afwaarts trap

Die ontwerper van ou MF clutch pedals se ma moes hom kleintyd doodgelê het oor die pedal of ek vermoed sy linkerbeen was dalk geamputeer.
Deesdae sukkel ek erg met myne, soos maar met als het ek baie tricks. Linkervoet op die clutch pedal, linkerhand klou stuurwiel druk linkerelmboog op op bobeen en siedaar voet trap clutch in!!!💪
Dit neuk maar as dit tydens n draai moet geskied dan raak die hande te min soos met als in my lewe.!!! :p
😬
Chris ek het so ou 35x op die plasie gehad, as jy parte etc soek laat weet, Pel van my in Bethlehem stock alles - en cheaperig ook.
 
Chris ek het so ou 35x op die plasie gehad, as jy parte etc soek laat weet, Pel van my in Bethlehem stock alles - en cheaperig ook.
Dankie hulle soek mos nie juis parte. Myne is al in die familie vanaf 1983. Vorige eienaar het hom nuut gekoop in 1963 in Ladismith. Ek het sy seun belowe wanneer ek dood kan hy hom by my vrou kom koop of haar n ander trekker gee in sy plek. 💪
 
Ek kyk daai Massey in die museum, en so mooi soos hy lyk, wil ek darem wonder of hy nie maar met ou tyres daar kan staan terwyl n arm boer

iewers die nuwe bande kan gebruik nie...........hulle is so duur.
 
Baie jare terug koop ek nuwe agterbande vir my 35X toe hulle dit hier kom fit op die plaas voel ek soos n ou met n groot peester totdat die fitspan my inlig hullle fit gereeld van die bande op groot 4x4 trekkers se voorwiele!! 🙉
😬:p
 
Ek dink nou aan iets wat daai tyd wonderlik was, vandag glimlag ek daaroor.
Ek was pas in die hoërskool en in 'n koshuis ver van die plaas af.
Die nuwe 135 het pas op die plaas aangekom en my broer was so opgewonde dat hy met die trekker se agterwiel oor 'n A4 papier gery het en die spoor se afdruk na my gepos het 🤣
Dit was daardie mooi nuwe bande met die ribbes wat so 'n zig-zag was ipv reguit.
 
Dis n mooi storie!
 
Nie lank terug ry ek my Fergie se vorige eienaar se seun raak, hy groet skaars en ek word herinner oor ons "deal" Bekommer my nogals oor die feit dat ek moet eers dood voor die deal in werking tree.......................................................................................die man kan strak haastig raak vir die trekkertjie!!! 😜🙈
:p

Hy vertel my hoe hy en pêlle vrydagaande die Fergie grootpad toe gestoot het vanaf die plaas tot by die R62 vanaf die waenhuis om oornag te gaan party in Ladismith. Hy sê hy weetie hoe daai Fergie party saterdag nagte by die huis op sy eie gekom het nie, maar hy weet vanaf die grootpad moes daar gefree word op doodmaaker tot in die waenhuis sodat die ouman (RIP Oom Nelis)nie wakker word nie!!!😬
:p

Hy sê ou Chris op my doodsbed haal ek daai Fergie se drawbar af toe oë van ken van afhaal om hamermeul te haak want daar is nie plek vir die PTO shaft omte draai.
Klink my my ou trekkertjie het kom aftree by my;)
Sal baie hartseer dag wees as ek hom nie meer kan ry................................................................het al klaar n handclutch plan..............................................ry al jare sonder brieke hy het mos n doodmaaker!!😜
Sentiment oor n ryding is n siekte.:love:
 
Last edited:
Op hierdie ene het ek geleer trekker ry, ploeg, plant en leer reverse met 'n wa. Lekker ou dae gewees toe ek nog onder die sorg van my ouers was.
 
Attachments

  • WhatsApp Image 2023-08-31 at 09.07.10.jpeg
    WhatsApp Image 2023-08-31 at 09.07.10.jpeg
    211.5 KB · Views: 0
Net n update, gister met die man gesels wat die trekker wil restoreer. Die oom aan wie hy behoort het het eintlik die trekker soortvan weggegee aan hom, maar die gaan haal bo op die koppe laat nog bietjie kop krap maar sal gedoen word. Hoop ek word verwittig dan ek kan gaan foto's neem.
Bakwerk is bietjie te veel geroes ongelukkig, maar die res is solid restoreerder kyk nou vir nog so n model met beter bakwerk om van twee een te maak.

My hart sal bly wees as die ou girl weer kan loop.
 
Top