Metrolid van fiets gestamp
Apr 05 2009 07:02:22:700PM - (SA)
’n Johannesburgse metropolisielid is ernstig beseer toe hy gister op die N1 van sy motorfiets afgestamp is.
Volgens hoofsupt. Wayne Minnaar, metropolisiewoordvoerder, het die ongeluk omstreeks 11:00 op die N1-Suid net voor die N12 Lenasia-vurk plaasgevind.
’n Wit Chevrolet Spark het teen die patrollie-motorfiets gebots en veroorsaak dat die 29-jarige beampte afval. Die motorfiets het ná die botsing aan die brand geslaan.
Die polisiebeampte is in ’n ernstige toestand na die Milpark-hospitaal geneem.
’n Saak van roekelose of nalatige bestuur teen die bestuurder van die Chev- rolet word ondersoek. – Sapa