Die broers besoek: 'n 3-dag rit deur die Klein-Karoo & Suid-Kaap

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Baie lekker saamgery.

Het self ook van daardie paaie gery Desember - die Oude Muragie pad is nogal iets besonders.
 
Dankie vir almal se kommentaar, mens besef netweer hoe bevoorreg ons is met al hierdie mooi paaie hier in die kontrei. :thumleft:

@ Veldbrand:  Skuus maat, was nie bedoel om 'n geheime besending te wees nie, ons moet beslis iewers 'n trippie inwerk!

@ ChrisL:  Jammer om te hoor dat dit 'n vriend/kennis van jou was wat dood is, het geskrik toe hulle dit vir my daar in die apteek vertel.

@ Bokveld:  Dankie Oom, ja ek't die groot dae darem oorleef, seisoen nou rustiger by die werk toe glip ek bietjie weg.
 
ek doen volgende naweek n vierdag trip met die CRV deurie klein karoo. Moet darem net hierso kom seker maak waar daai bord volstruisnekpot is  :thumleft:
 
Lekker RR,  :thumleft: maar daai volstuisnek se sous lyk bietjie kwaai van die soppoeier gegooi.  :pot: Lyk na sooibrand.
 
Heimer said:
Lekker RR,  :thumleft: maar daai volstuisnek se sous lyk bietjie kwaai van die soppoeier gegooi.  :pot: Lyk na sooibrand.

Laat dink my aan jare gelede wat ons in gietende reën die Sondag van die Buff uit PE uit terugry en ons stop op Oudtshoorn by 'n garage vir 'n Pie & Coke.  Die oom wat saam met my gery het (ook al oorlede - Porky) vra die dame agter die toonbank of die pies sooibrand gee?
"Nee Meneer, hulle gee nie sooibrand nie" 
"Nee wat los dan maar." sê Oom Porky, "Dan's dit sommer 'n k@k pie!"
:imaposer: :imaposer: :imaposer:
 
KR, geniet jou skryf styl baie  :thumleft:

Ou Duitse raad waarin ek glo. Ek is ook alergies vir bysteek en ry altyd bruin asyn saam. Na 'n bysteek vat ek so twee tot drie groot slukke asyn (dis sleg en sterk) en dit werk want dit neutraliseer die bysteek. Dit werk vir my!!
 
4 Kays said:
KR, geniet jou skryf styl baie  :thumleft:

Ou Duitse raad waarin ek glo. Ek is ook alergies vir bysteek en ry altyd bruin asyn saam. Na 'n bysteek vat ek so twee tot drie groot slukke asyn (dis sleg en sterk) en dit werk want dit neutraliseer die bysteek. Dit werk vir my!!

Dankie 4 Kays, ek moet daai raad onthou! :thumleft:
 
Ek ook allegies vir by steek.

Die laaste by wat my bygekom het, het ook niks by my gehad nie. Die naaste dorp was so 50km.

Kry toe boere raad....... Een telepel koeksoda en 3 desert lepels asyn gesluk.  Dit was die deurskynendes asyn gewees.  Ek het daarna nie eers pille of iets gedrink nie.

So boere raad werk!!!!!

Dis party keer makliker om asyn saam te ry as die adrenalin wat elke nou en dan verval.

 
Dit was nou 'n baie lekker trippie KR - het lekker saamgery, my 800gs was nou so lig op sous soos nog nooit tevore en my klere het nie eers stof gekry nie - jy kan maar gerus kontak maak as jy weer deur George kom - ja die manne by BMW Mottorrad in George is ysters! Ek beplan 'n trippie daar na jou geweste in April - miskien kan ek kom kennis maak?
Baie dankie vir die deel - eendag sal ek ook 'n RR neerpen.....
 
Dankie Frans1, klink my of die asyn-ding moet werk soos ek hier hoor.  Ek weet my Ma glo ook erg aan asyn vir alles.  Van bytplekke (insekte, bye) tot 'n asynlappie om 'n geswelde enkel. 

Intussen het ek sulke klein blou pilletjies by die apteek gekry, asook Allergex salf, en na hierdie insident op die RR het ek en Veldbrand onlangs gaan ry waar wragties twee bye my kort na mekaar in my nek gesteek het.  By die huis gou pil gedrink en salf aangesmeer, maar toe niks regtig verder nie, so of die goed werk of dalk is ek nie meer so alergies nie?  In 'n nood sal mens egter maklik asyn by amper enige huis langs die pad kan vra, maar almal gaan nie die pille en regte salf toevallig hê nie!

Gertjie Grondpad, kom maak gerus 'n draai, sal lekker wees om te gesels.  Die naweek van die 5de April is daar mos weer makietie by Koedoeskloof en ons gaan die Saterdag ook 'n lekker draai ry, dalk kan jy aansluit, jy noem mos van in April 'n bietjie rondry?
 
Veldbrand said:
"Intussen het ek sulke klein blou pilletjies by die apteek gekry..." sê jy?
En jy's nog so jonk!

Kom maak 'n draai, die Windhoeke is koud.

Het gewonder of ek nie net "pilletjies" moet sê en die kleur uitlos nie...  :imaposer:
 
Top