Vroeg Sondagoggend, voor sonop, het 32 van ons (die MotoMarshalls van die Kaapse BMW motorfietsklub) weer ingeval vir diens by die CTCT (Cape Town Cycle Tour).
My sektor was weer rondom Simonstad, waar ek eers vir Just Nuisance hallo gesê het.
Teen dagbreek het die wiele begin rol met, met die sonstrale wat Simonstad se mooi ou geboue hier naby en Red Hill daar agter lewe laat kry.
Grapjasse sien ons elke jaar. En meisies wat skree en wolletjies rondswaai.
Laagwater by Simonstad hawe
Dit is verbode om teen die vloei van die fietse te ry, dus wanneer die Sector Manager na die begin van die sektor geneem moet word, dan moet ons 'n ompad ry hoër op teen die berg. Hierdie slingerende pad neem ons op teen die Red Hill pas en verby twee 9” kanonne van die Scala battery.
Dit is n besonder mooi uitsig van hier hoog op teen Red Hill.
Sodra die laaste fietse deur jou sektor is, is die tradisie om dan stadigaan saam met die fietse na die eindpunt te ry. Dan het jy tyd om die dinge om jou te geniet.
By Paardekloof se waterpunt het ‘n vrolike banjo-orkes die wêreld vermaak. Mens kon nie help nie om nader te staan en jou tone saam te tik.
Moeg ryers, pap wiele en ratte/kettings wat sukkel is oral te sien. Wat ek moeilik verstaan is hoeveel ryers deelneem sonder spaar binnebande, geen pomp of gereedskap.
Een jong man uit Angola het gereedskap en binneband gehad, maar het nie geweet hoe om sy agterwiel af te haal nie. As hy meer gereedskap gehad het sou hy die hele agterkant van sy fiets uitmekaar gehaal het. Toe ons hom klaar gehelp het, het hy gesê “Thank you very much, now I know and will remember”
Hierdie was die moeilikse band wat ek al ooit teëgekom het. Die sy-wand van band self was harder as ‘n Heidenau! En hoe meer jy die binneband indruk, spring hy uit op 'n ander plek.
Chapmanspiek se pas en die blou see is altyd besonders, rustig en mooi
Hoë kranse met die vangnette vir vallende klippe en rotse.
Van hier af deur Houtbaai, oor Suikerbossie se bult en die laaste stuk seelangs tot in Seepunt.
Foutloos en fotoloos.
Volgende jaar doen ons weer so.

Last edited: