MotoMarshall op CTCT 2024 - 'n Dag se lekker werk

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
395
Reaction score
281
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
Vroeg Sondagoggend, voor sonop, het 32 van ons (die MotoMarshalls van die Kaapse BMW motorfietsklub) weer ingeval vir diens by die CTCT (Cape Town Cycle Tour).

My sektor was weer rondom Simonstad, waar ek eers vir Just Nuisance hallo gesê het.
20240310_051730 WD.jpg

20240310_051731 WD b.jpg

Teen dagbreek het die wiele begin rol met, met die sonstrale wat Simonstad se mooi ou geboue hier naby en Red Hill daar agter lewe laat kry.
20240310_065117 WD.jpg

20240310_073254 WD.jpg

Grapjasse sien ons elke jaar. En meisies wat skree en wolletjies rondswaai.
20240310_082426 WD.jpg

Laagwater by Simonstad hawe
20240310_084349 WD.jpg

Dit is verbode om teen die vloei van die fietse te ry, dus wanneer die Sector Manager na die begin van die sektor geneem moet word, dan moet ons 'n ompad ry hoër op teen die berg. Hierdie slingerende pad neem ons op teen die Red Hill pas en verby twee 9” kanonne van die Scala battery.
20240310_093139 WD.jpg

Dit is n besonder mooi uitsig van hier hoog op teen Red Hill.
20240310_093140 WD.jpg

Sodra die laaste fietse deur jou sektor is, is die tradisie om dan stadigaan saam met die fietse na die eindpunt te ry. Dan het jy tyd om die dinge om jou te geniet.

By Paardekloof se waterpunt het ‘n vrolike banjo-orkes die wêreld vermaak. Mens kon nie help nie om nader te staan en jou tone saam te tik.
20240310_131922 WD.jpg

Moeg ryers, pap wiele en ratte/kettings wat sukkel is oral te sien. Wat ek moeilik verstaan is hoeveel ryers deelneem sonder spaar binnebande, geen pomp of gereedskap.

Een jong man uit Angola het gereedskap en binneband gehad, maar het nie geweet hoe om sy agterwiel af te haal nie. As hy meer gereedskap gehad het sou hy die hele agterkant van sy fiets uitmekaar gehaal het. Toe ons hom klaar gehelp het, het hy gesê “Thank you very much, now I know and will remember”
20240310_073309 WD.jpg

Hierdie was die moeilikse band wat ek al ooit teëgekom het. Die sy-wand van band self was harder as ‘n Heidenau! En hoe meer jy die binneband indruk, spring hy uit op 'n ander plek.
IMG-20240310-WA0022 WD.jpg

Chapmanspiek se pas en die blou see is altyd besonders, rustig en mooi
20240310_140623 WD.jpg

Hoë kranse met die vangnette vir vallende klippe en rotse.
20240310_142647 WD.jpg

Van hier af deur Houtbaai, oor Suikerbossie se bult en die laaste stuk seelangs tot in Seepunt.

Foutloos en fotoloos.

Volgende jaar doen ons weer so.
 
Last edited:
Thanks for the support. Did my 12 cycle tour and as always enjoyed the gees. I wondered how the motorbike gang got chosen !
 
Baie mooi fotos.

Kyk hoe hou daai vreesbevange fietsryer sy fiets tussen hom en daai GS.....;)

Ek het die dames elite begelei, begin in Vishoek om 06h00, toe dit klaar is sit ek en pies vreet tot my fotograaf my kom haal om 13h00, vir

n laaste sweep om die roete. Ons kry toe eers die fietsryers na Simonstad, maar van daar af het die stragglers baie meer geword.

Ek geniet ook die laaste ritte, omdat jy die omgewing en mense kan kyk en geniet.
 
@2StrokeDan
You have to be able to outride a girl on a bicycle.
I only just passed that tough test.
😂

Waarmee ry jy, wonder ek...?
Dit is vir jou tyd vir 'n oordentlike motorfiets!
😜
 
I completed my 22nd Cycle tour, this was one of the more pleasant years with regards the weather.
Thanks for the support on bikes(y)
Congratulations on your 22 tours!
It is quite an achievement to be fit and able for such a long time.
I did 13 tours by bicycle and since 2007 every year (skipping 1or2) by motorbike as a motomarshall.
 
In Touch 2 het n kameraman rond karwei saam met die elite vrouespan. Hulle was al vroeg klaar!! 👏 💪
 
oom Geelkameel wat moet mens doen om bietjie saam te kan marshall?
oom 😬
(ek kyk rond, en sien geen Oom nie) 🙂

Kontak die Motomarshalls via hierdie skakel:
https://www.motomarshals.co.za/
Een of twee keer per jaar is daar 'n Marshall kursus/lesing.
Woon dit by en besluit of jy wil deelneem.
Dan sluit jy aan by die BMWMCCC klub jy is deel van die motomarshals.
Enige fabrikaat mfiets is welkom, nie net BMW
Lidmaatskap van die BMWMCCC is belangrik want
a) met lidmaatskap en opleiding is jy geakkrediteer om die werk te doen
b) as geakkrediteerde motomarshal is jy gedek deur versekering en eise teen jou
c) die organiseerders van groot sportgeleenthede wat op openbare paaie gedoen word, dring deesdae aan op geakkrediteerde motomarshals

Ek vind die motomarshal werk interessant en lekker.
En jy werk saam met 'n klomp aangename ouens.
Ons doen net groot geleenthede, lank nie meer klein prettrappe nie.
 
Daai peslike klein prettrape neuk altyd in plekke in waar die GS'e nie kan nie, nê?:devilish:
 
Presies wat Oom Danie hier sê ;) .dis snie noodwendigalam se "koppie tee" nie. EK het nou al so paar evnts help marshal en ek geniet vir al die MTB events.

Maar soos Oom Danie gesê het, woon een van die Marshall Training sessies by en kyk jou jy dit ondervind. ;)
 
Daai peslike klein prettrape neuk altyd in plekke in waar die GS'e nie kan nie, nê?:devilish:
Di than g dan seker af van die "nut" wat die sitplek en die handle bars connect 😜 .

Ek het laasjaar die Wine to Wales met my vrou as pillion gedoen om foto's te neem, maar ek moet sê dit was nogals 'n interesante een gewees om met met 'n BMW (met pillion) op van daai nat en modderige paaie te tussen 'n klomp mense op martel-pype te ry.
 
Top