Nog 'n Nam-trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

GJ

Race Dog
Joined
Nov 4, 2010
Messages
650
Reaction score
0
Location
Stellenbosch
Bike
Husqvarna (all models)
Ek, BaasAttie, Taai-Groen-Kerrie en tog 6 vriende gaan Saterdag na Kaokoland toe. Ons gaan min of meer dieselfde roete doen as verlede jaar se "7 latte en 'n platte" trippie.

Ons is 4 690's en 5 DR650's wat gaan. Die bikes word op trailers gesleep tot op Windhoek, waarvandaan ons dan ongeveer 3000km met die bikes ry.

Ek beplan om later vanjaar weer die roete te doen indien ek huurders vir my 4 DR's kry, maar enigiemand met eie bike is meer as welkom. 3 van die ouens wat nou saamgaan, het hul eie 1200's, maar wil nie daar in die klippe en sand sukkel nie. Hulle huur my bikes.

Daar sal 'n volledige riders report wees na ons trippie, vir die wat belangstel...
 
Top