Ons gaan mielies gooi....in Namibia!!!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Carrots

Grey Hound
Joined
Aug 18, 2010
Messages
5,647
Reaction score
1
Bike
KTM 990 Adventure
Raait......DirtyXT en ek het gesels op Glen se begrafnis om Dar Es Salaam toe te gaan die Desember. Na ek gehoor het hoe warm en baie water daar gaan wees het ek besluit ek is nie lus vir dit nie. Ook nie lus om met die locals te sukkel op grensposte nie...noem my maar 'n poefter.

Sorry LeeJay!

Besig om te oefen nou vir Sani2C middel Mei.....en dalk een van Toppie se MTB toere begin Oktober in die Wes Kaap en Klein Karoo......so daar gaan min bike gery word die jaar. Naweek trippies for sure......maar die grote kom in Desember. RatKas moet major diens kry...sprockets etc...waterpomp...en dit kos baie moolah wat ek nie nou het nie. Maar dit kan maar wag tot later.

So....my Sus en fandamily bly in Swakop......en ek was nog nooit daar nie. Ek was in 1987 so ver op as Maltahohe toe ek saam met my Toppie op 'n jagtrip was. Wolwedans was die plaas se naam as ek reg onthou....naby Mariental.

En ek wil dit graag saam met my Toppie doen.

Baie baie rofweg nog......maar ontmoet Toppie in Upington of daar erens.....Keetmans, Mariental, Walvis en dan Swakop. Plak vir 'n paar dae daar by Sus........weer terug...Richtersveld, Tankwa, Prins Albert, Baviaans......Kasouga by Edgy.....Katberg pass dalk...gaan ry Bastervoet vir Glen...Rhodes....Underberg....Himeville....doen dalk Sani op en af.....daai mooi pad Nottingham road toe....Clarens....en PTA toe. Nog glad nie seker van die detail en paaie in Namibia nie maar dit sal met tyd kom.

So 3 weke max......kan epic trip wees.

Sover is dit Wortels, SuperDave, Fox, Cocky en die Baas.........en FC tob nog oor dit.

Ek hoor almal rave oor Swakop...wil vir myself gaan kyk.

Dis die initial plan......kom ons kyk wat gebeur!!  :deal:
 

Attachments

  • swakop.jpg
    swakop.jpg
    123.1 KB · Views: 373
  • swakop2.jpg
    swakop2.jpg
    9.2 KB · Views: 360
  • swakop3.jpg
    swakop3.jpg
    72.1 KB · Views: 372
  • swakop4.jpg
    swakop4.jpg
    48.6 KB · Views: 367
Top