Dorsland
Bachelor Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 11,191
- Reaction score
- 1,681
- Location
- Van Daar
- Bike
- Honda CRF-1000L Africa Twin
My pa het altyd gesê jy ken 'n boer aan sy heinings en sy hekke. Ek wil nogal byvoeg dat 'n plaas se naambord baie oor 'n plaas en die boer kan verklap. Dis al hoe lank dat ek my plaasnaambord fotoversameling heelwat wil uitbrei maar mens wil mos altyd net ry en sien wat oor daai volgende bult lê. Nouja, ek is vanaand terug van 'n moeisame 1983 kilometer af Natal toe en terug en met die terugkomslag besluit ek summier ek gaan vandag begin om my fotos uit te brei, al moet ek kortkort stop.
Met die dat ons geskiedenis so verdraai en verniel word, kan niemand die mooi, die hoop, die weëmoed en hartseer van ons land se plaasname wegneem nie. Hulle lê opgeteken op kaart en transport van haas elke stuk grond wat Suid-Afrika se grondoppervlak uitmaak. Hulle is by verreweg uit die hart Afrikaans en spreuk van ons land se ontdekking en makmaak deur geharde mense wat 'n liefde vir die natuur en die Skepping elke dag uitgeleef het.
Ek sou wat wou gee om die stories agter die name te kon ken.
Nouja, hier is solank 'n klompie daar in die Suid-Vrystaat.
Soms is daar sommer so 'n versameling borde by 'n afdraaipad.
En hoeveel drome en hoop lê agter so 'n ou verwaarlose naambord vergete.
In 'n groot en wye omgewing moet mens soms 'n naambord maak wat darem van veraf gesien kan word.
Daar is natuurlik heelwat Engelse, Hollandse en Duitse name van plase.
My maat naby Bethulie se naambord spreuk ook van die jarelange familiegeskiedenis van meeste van die plase. Van Oupa, na pa na seun.