Pretoria na Barberton en verder: Teerpad, 6 & 7 Feb

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Doringboom

Race Dog
Joined
Sep 14, 2006
Messages
610
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
Suzuki DL 1000 V-Strom
Heil die Leser 8)

Ek doen nou iets wat ek nog altyd gedink het ek nooit sal doen nie! Naamlik: om so 'n uitnodiging hier op die Forum te plaas ::)

Ek het sommer vandag terstond besluit om die komende naweek 'n teerpad- en kampeertrippie Mpumalanga toe te maak: Vertrek Saterdagoggend vroeg en keer weer terug op Sondag. Ek hoop die weer laat dit toe, anders stel ek uit tot 'n volgende naweek. Ek was nog nooit in die Badplaas - Barberton - Kaapmuiden geweste nie. Ek sal graag wil sien hoe lyk dit daar, veral nou dat alles so groen en vars is, en ek sal ook graag die paaie en passe met die mooi uitsigte daarlangs wil ry. Ek ken darem die area noord van Nelspruit, maar vir Hazyview, Sabie en Longtom pas sal ek nooit nee sê nie.

Soos gewoonlik die geval is, is my plan om solo te ry. Maar, ek het na diepe besinning gedink ek moet dalk tog hier 'n uitnodiging plaas :D Daar mag dalk net 'n belangstellende of twee wees wat 'n laaste bietjie aansporing benodig. Dan kan ons mos 'n lekker trippie saamslaan! Met "belangstellende" bedoel ek iemand met 'n vermoënde motorfiets (ook padfiets), 'n eie tent het, wie nie JAAG op sy brein het nie, wie hou van die sogenaamde "smelling the roses" ingesteldheid op die pad, 'n natuurfoto neem hier en daar, die nodige verversingstoppe maak langs die pad, ens.

Ja, ek weet ek maak hier voorbrand vir 'n teerpadmoffie trip op 'n forum waar die meeste mense hou van modder en stof van in jou mond tot in jou slaapsak :lamer: maar die tyd is relatief beperk en ek wil graag ordentlik van die "Big Smoke" af wegkom, sonder stres oor tyd en afstand!

As daar iemand is wie se belangstelling tot op hierdie punt deurgedring het, kan hy / sy my 'n PM stuur, dan gesels ons verder. Baie dankie vir jou geduld. Groete :thumleft:

Doringboom

Nota: Ek het ook hier gelees: https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=44397.20
 
Top