Dorsland
Bachelor Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 11,242
- Reaction score
- 1,799
- Location
- Nie van hier nie
- Bike
- Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek kan dalk binnekort so 2 of 3 nagte afknyp vir 'n rit en my kop staan dalk Hel se kant toe. Ek is lus vir 'n onderbroek, tanneborsel en biltong rit, maw, staaldak, webbing, geweer, geen grootsak nie.
Ek loer bietjie pryse in Prins Albert en, goeie donder die plekke is duur! :eek7: Wat kan julle manne aanbeveel om oor te bly? Verkieslik iets aan die buitewyke van die dorp waar ek nie engtevrees gaan kry nie. Ek het laas by 'n B+B net buite die dorp oorgebly maar ek kom waaragtig nie op die plek se naam nie.
En dan ook 'n gastehuisie in Die Hel êrens. Ek wil nie kamp nie, 'n plekkie waar ek darem iets te ete ook kan kry. Ek wil die wêreld se stof bietjie van my afskud vir 'n kort rukkie.