Sani pas - onverdun (as it happened)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dogless

Pack Dog
Joined
Oct 11, 2007
Messages
148
Reaction score
0
Location
Vereeniging
Bike
BMW F800GS
Hoe reel mens 'n trip?  Maklik  - Ek bel 'n pel, Cornel. Ga jy saam, vra ek. Waa? wil hy weet.  Sani pas - yes yes yes hy gaan saam. For our english friends - one phone call asking a mate if he's game for a trip to Sani. Naturally he is!

En so word ons trip gebore. A trip is borne.

Dag 1

Ons dag lyk soos volg:
Ontmoet by Villiers
Ry deur Frankfort
Reitz
Kestell
grondpad deur na Sterkfonteindam
af met Olivierspas
Bergville
roep teerpad vaarwel na Winterton
volg grondpaaie so na as moontlik aan die Drakensberge tot by Himeville

fotos:
1. NG kerk in Kestell
2. eerste grondpad tussen Kestell en Sterkfonteindam
3. Uitsig oor Sterkfonteindam
4. Oops, die Bee em gooi sy ketting af op 'n slegte klipperige pad


 

Attachments

  • IMG_5593_resize.JPG
    IMG_5593_resize.JPG
    124 KB
  • IMG_5598_resize.JPG
    IMG_5598_resize.JPG
    159 KB
  • IMG_5600_resize.JPG
    IMG_5600_resize.JPG
    186.7 KB
  • IMG_5590_resize.JPG
    IMG_5590_resize.JPG
    254.3 KB
bushclown said:
Hay hay

We met you all at the bottom of de beers pas

Yebo bushclown, is that monster's battery sorted?
 

Attachments

  • IMG_5702_resize.JPG
    IMG_5702_resize.JPG
    146 KB
Tin-Tin said:
Nou wat nou, ons soek die res en prentjies asseblief!Maak gou!

Geduld broer, geduld  ;)

Eers gou 'n paar woorde

Ons het die pad vanaf Reitz na Kestell baie geniet, dis pragtig. Die Drakensberge doem uit die niet voor jou op.

Die afstand tussen Villiers en Berville is 286km, 1 km verder as die Yammie XT660 se reikafstand hehehe. Ons moes maar 'n energade bottel vol sous gaan haal op die dorp  ;D

Na Winterton klim ons op 'n grondpad wat parralel met die Drakensberge loop. Ek het mooi op Wilddogs gelees van wiele afblaas, ek maak so, af na 1.5 bar. Ons check die Yammie, esihh, ons moet opblaas!

Die eerste stuk van die grondpad skud jou tande los en dis ook op die stuk pad wat my ketting afkom. My sprocket kry seer en by die einde van die trip lyk hy soos 'n Capie se bek. 2 kortes en 'n lange, met 'n paar tanne missing!
 
Die volgende fotos is in die omgewing van Kamberg en Loteni geneem, stunning wereld!

 

Attachments

  • IMG_5604_resize.jpg
    IMG_5604_resize.jpg
    240.4 KB
  • IMG_5611_resize.JPG
    IMG_5611_resize.JPG
    223.1 KB
  • IMG_5614_resize.JPG
    IMG_5614_resize.JPG
    129.5 KB
  • IMG_5616_resize_resize.JPG
    IMG_5616_resize_resize.JPG
    104.9 KB
Dogless said:
bushclown said:
Hay hay

We met you all at the bottom of de beers pas

Yebo bushclown, is that monster's battery sorted?







No
the motor through in the towel at the to top of the pass because the stator was chowed
Hence no the batt charging

See here
https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=16863.0
 
Dag 2

Ons slaap by Himeville Arms in die backpackers kamers - R120pppn. Vanaf Himeville is die pad nou al mooi voorberei om geteer te word, maar gelukkig het geen  teer nog sy weg na die pas gevind nie. Die grenspos is verder op teen die pas as wat ek verwag het. Nuwe  ablusieblokke is gebou by die SA kant. Ons ry deur stroompies water en erg uitgespoelde slote, lieflik. Die laaste stuk pas doem voor ons op en ons kronkel behoorlik links en regs om bo uit te kom. Ons eet ontbyt by Sani Top Lodge, kyk hoe manne sukkel om met 1150's bo te kom en vat dan weer die pad af.

Ons gooi petrol in in Himeville en vat grondpad in die rigting van Nottingham road. Cornel ry stadiger om uit my stof te kom en wil sy tripmeter reset. Hy sien nie pad maak 'n ligte draai nie en val sy m**r suur. Eers dog ons daar's 'n paar ribbes af want hy sukkel om asem te haal maar na die ergste skok oor is gaan die asemhaling beter. Die fairing, flieker en topbox se fitting het afgebreek. Ons maak die topbox op 'n boeremanier vas. Ons besluit om stadig met die grondpad aan te ry om te kyk of Cornel dit sal kan hanteer. Indien nie moet ons terugdraai en die teerpad deur Underberg vat. Dit blyk dat hy meer gemaklik is wanneer hy motorfiets ry.  Ons besluit om by ons plan te hou en bly op die grondpaaie.

Ongelooflike mooi wereld.


Fotos:
1. Slaapplek by Himeville, niks luuks nie maar voldoende
2-5 Sani pas



 

Attachments

  • IMG_5619_resize.JPG
    IMG_5619_resize.JPG
    177.8 KB
  • IMG_5625_resize.jpg
    IMG_5625_resize.jpg
    243.9 KB
  • IMG_5629_resize.jpg
    IMG_5629_resize.jpg
    206.5 KB
  • IMG_5635_resize.JPG
    IMG_5635_resize.JPG
    213.5 KB
  • IMG_5637_resize.jpg
    IMG_5637_resize.jpg
    252.6 KB
Fotos:

1-2 Bo op Sani pas
3 Cornel maak bike reg
4 Iewers op die pad het die bestaande brug verspoel en moes ons langsaan deur

 

Attachments

  • IMG_5639_resize.jpg
    IMG_5639_resize.jpg
    173.4 KB
  • IMG_5659_resize.jpg
    IMG_5659_resize.jpg
    244.8 KB
  • IMG_5655_resize.jpg
    IMG_5655_resize.jpg
    245.9 KB
  • IMG_5641_resize.jpg
    IMG_5641_resize.jpg
    219.8 KB
Jammer dat die verslag so uitgerek word maar ek sit by die see met vakansie  :)

Ons was veronderstel om met grondpaaie te ry na Weenen maar tyd het verlore geraak  tydens Cornel se val. Van Mooirivier is ons dus met teerpad na Colenso en toe na Weenen. Die plan was om by Zingela Safaris langs die Tugela rivier te gaan slaap. Die plek is so 26km buite Weenen. Om dar te kom moet mens die Bloukrans rivier kruis, al probleem is die brug het weggespoel. Die pikaniens misgis hulle toe en dink ons is deel van 'n klompie motorfietsryers wat 'n roete deur die rivierbedding moet volg. Hulle wys ons dus die verkeerde pad. Ons volg 'n enkelspoor deur die rivier, in die rivier, oor klippe, deur bosse, wild man wild! Ons beland later weer voor dieselfde  Bloukrans rivier kruising van vroeer. Hierdie keer loop ek die rivier deur net onder die brug en sien dis waar ons in die eerste plek moes deur. Ons doen die rivercrossing en toe ry ons berg dat Sani pas soos 'n kinderkransdans lyk. Dit alles in 'n lekker mot reentjie. Ons kom by ons bestemming teen sterkskemer. Wat 'n pragtige plek!

Fotos

1. Die locals moet help stoot
2. In die rivierbedding
3. Nog 'n rivercrossing
4. Ons slaapplek by Zingela Safaris

 

Attachments

  • IMG_5662_resize.jpg
    IMG_5662_resize.jpg
    216.3 KB
  • IMG_5663_resize.jpg
    IMG_5663_resize.jpg
    172.4 KB
  • IMG_5665_resize.jpg
    IMG_5665_resize.jpg
    156 KB
  • IMG_5669_resize.JPG
    IMG_5669_resize.JPG
    123 KB
Dag 3

Ons vertoef langer by Zingela as beplan. Die mense is gasvry en ons sukkel om in die pad te kom. Ons besluit om nie weer deur die rivier al die pad terug Weenen toe te ry nie maar eerder 'n alternatiewe roete na Colenso. Dit is 'n stunning roete.

Fotos

1 Zingela kamer met 'n uitsig
2 bos shower
3 kuierplek


 

Attachments

  • IMG_5670_resize.JPG
    IMG_5670_resize.JPG
    138.8 KB
  • IMG_5671_resize.jpg
    IMG_5671_resize.jpg
    176.4 KB
  • IMG_5688_resize.jpg
    IMG_5688_resize.jpg
    210.3 KB
Vanaf Colenso Ry ons verby Ladysmith en draai af na Colingspas. Dis hier waar ons vir TinTin hulle ontmoet, gawe ouens. Van Colingspas hou ons noord en doen Normandienpas. Vandaar stoot ons aan Memel toe vir middagete. Nou begin my gat jeuk om ma se lekker parfuumnekkie te ruik en ons le oopketel oop huis toe. Ek land so 4 uur in Vereeniging en Corne 5 uur in Pretoria.

Nabetragting

Dit was slegs my 2de trip van langer as 'n dag, maar wat 'n belewenis. Een van my hoogtepunte van my lewe. Dis nie nodig om ons landsgrense te verlaat om mooi plekke te sien nie. Daar is duisende mooi plekke in ons eie land en die landskap verander voortdurend, elke area met sy eie skoonheid.

Grondpad met 'n motorfiets rocks!!!

Kobus

Fotos

1 Oppad vanaf Zingela na Colenso
2 'n snotgladde paadjie net buite Colenso
3 Brug oor Tugela rivier in Colenso
4 So moet 'n bike lyk na 'n naweek vol pret


 

Attachments

  • IMG_5696.jpg
    IMG_5696.jpg
    131 KB
  • IMG_5698_resize.jpg
    IMG_5698_resize.jpg
    193.4 KB
  • IMG_5701_resize.JPG
    IMG_5701_resize.JPG
    193.7 KB
  • IMG_5703_resize.jpg
    IMG_5703_resize.jpg
    93.7 KB
Mooi storie, Dankie.  Ons vat Lesotho Vrydag met 'n span vriende, sien woes uit.
Groete
S
 

Latest posts

Top