"Se Moer Toer" na National Bash X

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

VaalBaas

Grey Hound
WD Supporter
Joined
Oct 24, 2012
Messages
7,700
Reaction score
642
Location
Gouda
Bike
BMW R1200GS HP2
Erens moet 'n droom mos begin. Hoe lyk die een vir die Weapon of Choice.
 

Attachments

  • WP_000371.jpg
    WP_000371.jpg
    71.2 KB
Ooorspronklike plan sou mos wees om soveel as moontlik grondpad tot by River destiny te ry met prentjies soos die wat memories moet wees
 

Attachments

  • IMG-20151008-WA0000.jpg
    IMG-20151008-WA0000.jpg
    487.6 KB
Uit farken eindelik,   :deal:

Kom, slaghuis is toe vandag gooi, daar is nou nie meer verskonings nie.  :lol8:
 
Realiteit lyk toe so (Foto met komplimente van Jakkls) :snorting:
 

Attachments

  • IMG-20151005-WA0012.jpg
    IMG-20151005-WA0012.jpg
    11.5 KB
Jakkals said:
Uit farken eindelik,  :deal:

Kom, slaghuis is toe vandag gooi, daar is nou nie meer verskonings nie.  :lol8:

Nee reg so, maar nou neuk die Internet weer rond. Gee kans ;D
 
Ek het selfs daar heel aan die begin van die beplanning my naam op Cocky se bakkie gegooi om die nodige ekstra goed saam te ry, want my HP het nog nie een of ander pakplek of lekker vasmaak plek agter nie. Pakplek is beperk tot die tenksak en my rugsak.  

Maar so gebeur elke dag en eweskielik is dit volgende week rytyd. Vele male tussen in sien ek dat die trip nie gaan gebeur nie, maar werk weer om daai negatiewe punt. Se Moer met al die werk en die goedte van elke dag. Ek het gesêek gaan so dit moet gebeur.

Beplanning was om die Vrydag vroeg (nie eintlik vreeslik vroeer as die gewone tyd) te begin alles wat ek kan klaar te maak en so rondom 12h00 die pad te vat in die rigting van Sutherland, Frazerburg van daar miskien Loxton of dalk Beaufort se kant toe, wie weet waar die pad en of stuur wou draai.

Maar neeeeeeee.......
 

Attachments

  • WP_000057.jpg
    WP_000057.jpg
    87 KB
Gouda se weergawe van "load shedding"? Ek hoop jy het van jou droë wors vir padkos ingepak. Gaan nou lekker lees...
 
'n Vragmotor haak 'n ankerdraad en ruk 7 drade af. Die een helfte van die dorp se krag is af en die slaghuis lê in die verkeerde helfte van die dorp in die geval :xxbah:. Die farken hotel lê toe in die regte helfte >:D

SBTW hierdie gebeur 8h30.....

Eskom reageer uitermatig vinnig  8), maar die hysertrok daag eers 11h00  ::). 14h45 brand die ligte weer, maar nou is my nek styf en sien die hele naweek so in die niet verdwyn. Na 7 stap ons uit die slaghuis, defnitief nie vol smiles op daai stadium nie.

Stap deur die garage, kyk die HP wat toe al an Donderdag reg staan om gepak te word so skuins aan en reken Se Moer ek ry moreoggend 3 uur. Vat die eerste stuk deur die 3 passe rustig oor Touwsrivier tot op die N1 terwyl dit donker is en as dit lig word dan gooi ek mielies tot op Colesberg.

Stap huis toe deel die plan met Vaalnoi mee. Die nuwe plan word om 'n beker koffie verder gemaak, maar later gooi ek darem 'n glas wiskunde met eis en water. Daai soort wat mens vreeslik slim maak.

Slim is ek mos toe en besluit ek gaan nie die knobbly tyre op die HP klaar ry op die teerpad wat nou volgens Mapsourse 755km voor my lê nie. Ek het 'n spaar rim en op die is 'n redelik op sy einde Anekee op. Hy sal dit maak vir die trip op en af, dan gooi ek hom weg ..... :dousing: Jeeaaa right

Vra so deur die loop van die aand daar na Gariep se kant toe hoe die tempratuur in die aand voel. Se Moer pak ek nou tent en onodige goed agter my. Die HP gel nie lekker met los goed op sy gat nie. (ondervinding van vorige trip saam met KarooKid). Kry nie 'n antwoord nie, maar het in elk geval klaar besluit. Dubbelbed duvet in 'n MR Price sak met cargonet vasgetrek. Die sal nie rondneuk en sommer so in die ry wil afklim nie.

Vaalnoi wil detail weet van die slaap prosedure en belowe moord as die duvet met grasvlekke terug kom en         wat gaan die mense sê. Mens kamp mos nie so nie
 
Dorsland said:
Gouda se weergawe van "load shedding"? Ek hoop jy het van jou droë wors vir padkos ingepak. Gaan nou lekker lees...

Ander dele kry 2 ure, maar vir daai dag ruk hulle ons vir 6...... ::)
 
Kamp is mos darem seker langer as een aand se slaap.  :peepwall: :patch:

My pak setup:

Tenksak - Makliker toegekry
Toolsak en badsak (Besef nou daar was 'n overkill 'Shower gel' en 'Shower in 'n blik' net een van die 2 sou voldoende wees

Rugsak Toegeforseer
Kortbroek, onderbroek warmtop belt en telefoon charger

Die res het ek aan in die volgende orde.
T shirt, body armour, med warm hemp en dan die HP2 MX top wat Grolls vir on laat maak het

Hoe koud kan dit dan nou wees die tyd van die jaar  :p Duh huuu epic fail 2 :mad:

Nie heeltemal so dikgestop soos ek moes wees nie....
 

Attachments

  • DSC_0009.JPG
    DSC_0009.JPG
    77.5 KB
Gaan lê so rondom 11h00 en stel die wekker vir 2h40 om 3 weg te trek. Op daardie stadium glad nie seker of die plan van so innie nag ry goed is nie. 2 uur is ek wakker en lê die saak weer voor af en bedink. Op 'n stadium sit ek so op die kant van die bed en Vaalnoi word wakker. Klim jou fiets en ry ,man. Nouja, dis mos al wat mens nodig het.

SE MOER - Laat die GROOT TEERPAD ADVENTURE                              op'n HP                            met 'n 21" voorwiel begin :peepwall:
 
En ek het gedink ek is stadig met 'n RR,,,,,,,,,,, , kom Vleismeester ons wil saam ry.  :thumleft:
 
VaalBaas said:
Moet mos die brand bashing ook volg en kosmaak :3some: ;D

Nee man daar is geen brand bashing nie, ek samel net inligting in vir waneer ons na Andre E toe ry, hoe anders gaan ek myself die aand teen julle twee germaane verdedig.  :imaposer: :imaposer: :imaposer:
 

Latest posts

Top