"Se Moer Toer" na National Bash X

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Klaar geeet, gekuiermense en al die Sondagaand goeters.

Trek weg net 'n paar minute na beplande tyd. Ry tot op Ceres waar ek eers die hooflig bietjie wil verstel. Die HP het nog nie in die aand gery na ek die bulb vervang het, 'n hele paar maande terug nie. Die lig is hopeloos te laag en sig in die donker is hopeloos.

Selfdetyd gee ek sommer die helmet visor ook 'n deeglike ruitwas en van daar is die pad helder soos daglig. Nagry is toe glad nie so bad soos my pelle my wou laat verstaan oor my planne nie. Koffiesmaak is nog vars in die mond so Touwrivier gaan so in die nagliggies verby. Dis Saterdagmore en bittermin verkeer op die N1.

Daai 21" voorwiel doen sy ding en die N1 glip onder deur sonder veel vibrasie. ;)Volgende liggies kom nader. Jinne kan dit al reeds Matjiesfontein weeeeeeees. Jip dit was. :thumleft:

Maar van hier af begin die oggendliggie effens byt. Die blerrie tande raak al skerper, maar Se Moer sou ek stop. Ek kan uithou tot op Laingsburg. Stop voor die Shell in die dorp bewe letterlik van die fiets af. No jokes. Ek trek daai 2de T shirt en die warm top aan en kry my eerste van vele koffies op my SOLO ADVENTURE met 'n foto van 'n muffin. ;)

Mors die helfte van die blerrie koffie toe die koppie die stoep tref, maar na die 2de dink ek was daar gevoel in my hande. Die HP, mag 'n BMW wees, maar heated grips is op ander bikes beskikbaar. Die een is vir real ADVENTURERS ;) EK haal aan van 'n ander draad  vandag gepost met spelfoute en ander foute:

HP (HP1150, HP1200 is the High Performance Enduro bike, Race ready, light frame, rugged and not for touring. This is a powerful off road machine, not for cissies.

Die "not for touring" deel. -  weet nie waar kom die ou daaraan nie :patch:

 

Attachments

  • IMG-20150926-WA0002.jpeg
    IMG-20150926-WA0002.jpeg
    47 KB
  • DSC_0010.JPG
    DSC_0010.JPG
    65.6 KB
Gaan slaap eers biejie, ek tik maar stadig  :peepwall:

Ek raak sommer weer aan die bewe as ek aan daai oggend se koue dink. So by so was my staantyd daar so net kort van 'n halfuur. Alles weer warm en lewendig, dis so rondom 5. In die horison begin die lug ligter raak en saam met dit raak die tempratuur lekker. Die vragmotors raak ook nou lewendig en ek gaan die een na die ander verby. By tye sommer so 5 in 'n ry, maar geen maar geen karre of bakkies op die pad nie.

Stop langs die pad om vir my meisieknd wat in die week 'n "Sunrise ride on horseback" 'n w app te stuur van my "Sunrisetrip"
 

Attachments

  • DSC_0012.JPG
    DSC_0012.JPG
    90.5 KB
EK is mos ook darem nie so stoepid met 'n kamara nie. Die een is mos heelwat beter :thumleft: :peepwall:
 

Attachments

  • DSC_0011.JPG
    DSC_0011.JPG
    287.7 KB
Daardie bietjie son was ook die enigste tot weer net voor 3 Suster waar die son weer kop uitgesteek het. Intussen het ek op Leeu Gamka gestop. Op 'n ADVENTURE trip moet mens mos gereeld stop om die omgewing ook te waardeur en so af en toe te relax. Teerpad is mos nie enoige een se speelmaat nie. Daar is dinkwerk betrokke

Op Beaufort is die brekkie tyd en ek bel huis toe om te raporteer. Laat my pellie op Rietbron weet waar ek is en dat ek hom Sondag aand sien. Hy moet solank net sy vrou waarsku dat ek daar slaap. Ek hou van mense verras met besoeke, maar die VROUmense moet darem in gedagte gehou word ook. By hulle is dit nooit 'n probleem nie. Daai Karoohuisdeure staan altyd oop en al is daar baie mens, daar is altyd plek vir nog. Is soos 'n Hilux taxi :ricky:

Het dieselfde trok vele male verby gegaan daardie oggend, wel seker meer as een. Die een in die mooi geel Peterbilt was 'n baken later.Jy knoop geselskap aan met sulke ouens op die pad. As ek van agter aankom speel hy met sy flikkerligte briekligte in interresante ritmes en met die verbygaan is dit weer die hooter. Hy het by my verbygekom waar die sunrise foto geneem is die eerste keer en ek het hom net voor Colesberg die laaste keer gegroet. Interesant gewees dat hy teen sy spoed ook maar kom waar ek teen my spoed kom in dieselfde tyd.  Al verskil is hy sit sy koffie en drink terwyl hy ry en sy tenk vol diesel hou heelwat langer. Ek stop op al op die ander dorp vir koffie en tussen in vir petrol, want ek is mos op 'n ADVENTURE :imaposer:

Inteendeel wat Jakkals wil glo van ons BMW ryers met koffieshop en muffins droom ons ook van paaie soos die padbord voorspel :pot:


 

Attachments

  • WildDog2013Wroadends.jpg
    WildDog2013Wroadends.jpg
    80.5 KB
boere said:
Het nie geweet Mr Price verkoop luggage systems nie >:D :pot: :pot: :laughing4: :laughing4:

SPECIAL gewees :snorting: Koop die duvet en cover en kry 'n waterdigtesak, ideaal vir toer op die langpad. :imaposer:

More Ian
 
VaalBaas said:
boere said:
Het nie geweet Mr Price verkoop luggage systems nie >:D :pot: :pot: :laughing4: :laughing4:

SPECIAL gewees :snorting: Koop die duvet en cover en kry 'n waterdigtesak, ideaal vir toer op die langpad. :imaposer:

More Ian
More meneer :thumleft:
 
Teerpad of nie, maar hierdie is 'n mooi foto.   :thumleft:  :biggrin:
 

Attachments

  • index-9.jpeg
    index-9.jpeg
    287.7 KB
VaalBaas said:
EK is mos ook darem nie so stoepid met 'n kamara nie. Die een is mos heelwat beter :thumleft: :peepwall:


Baie mooi foto van ń baie mooi HP2!
Kan ek nie vir jou screen stuur met ń HP2 sticker op nie??😀😀
 
Dankie Vaalbaas , jy skryf baie mooi en ek geniet die saamry.  Voel amper of ek self so koud gekry het en met die trok drywers gespeel het .  :biggrin:
 
Rynet said:
Dankie Vaalbaas , jy skryf baie mooi en ek geniet die saamry.  Voel amper of ek self so koud gekry het en met die trok drywers gespeel het .  :biggrin:

Soos jy sê Rynet, om alleen so vroeg in die oggend te ry is 'n heel ander gevoel as om deur die dag te ry, toe ek die stuk lees het ek ook soos jy die gevoel gekry ek ry self daar.
 
Noneking said:
VaalBaas said:
EK is mos ook darem nie so stoepid met 'n kamara nie. Die een is mos heelwat beter :thumleft: :peepwall:


Baie mooi foto van ń baie mooi HP2!
Kan ek nie vir jou screen stuur met ń HP2 sticker op nie??😀😀
:imaposer: :imaposer: :imaposer: :thumleft:
 
Rynet said:
Dankie Vaalbaas , jy skryf baie mooi en ek geniet die saamry.  Voel amper of ek self so koud gekry het en met die trok drywers gespeel het .  :biggrin:

Heng Rynet, jy raak stout in jou 2de Wild Dogs uitgawe  >:D :lol8:  Welkom terug!

 
@VB:  het jy 'n gratis recall saam daai muffins en koffie gekry?  Ek hettie geweet daar is 'n BMW handelaar op Drie Susters nie. :peepwall: >:D

Dis lekker om so vroeg aan die gang te kom.  Voor die wêreld nog die slaap uit sy oë gevee het.
 

Latest posts

Top