Solo trip vanaf GP: Noordkaap – Karoo – Baviaans, bietjie pad-raad asb…

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Nov 9, 2014
Messages
185
Reaction score
1
Location
Centurion
Bike
KTM 1190 Adventure
Honne,

Lyk of ek bevoorreg gaan wees om so week-en-nog-afknyp-bietjie vir myself te hê voor ek met ‘n nuwe maatskappy begin werk.  Voorlopig lyk die datum na rondom 11 – 17 Julie.

Ek wil in GP wegspring, dalk in Upington se area oorslaap, en dan miskien ook die grondpad highway tussen Kakamas en Kenhardt suidwaarts begin draai. Selfde pad ek dink wat [member=12730]Dorsland[/member] ook nou onlangs verken het…

Van hier af wil ek dalk ook oor Verneukpan.  Is dit werklik die moeite werd om Verneukpan oor te gaan, of het die area ander ‘hidden gems’ paaie?  Ieder geval, sien asb die blou sirkel, ek het bietjie raad nodig van watter die beste en mooiste grond roetes is om te volg oor hierdie deel van die Noord Kaap in die blou sirkel, wat my eindelik kan uitbring by die westekant van die Tanka Karoo Nationale Park. Asook oorslaap opsies in die blou sirkel gedeelte.

Van hieraf beplan ek oos-suid-oos min of meer oor Sutherland, Merweville, Prince Albert, Outshoorn, Uniondale en deur Baviaans van wes na oos, Steytlerville ens.

Dan, wintertyd in hierdie deel van die land, asook Baviaans, wat moet ek ingedagte hou?

Dankie honne, ek waardeer…
 

Attachments

  • Noord-Kaap roetes..jpg
    Noord-Kaap roetes..jpg
    327 KB · Views: 170
Top