Ons staan n tydjie hier rond. Ek begin warm kry met alles wat ek aan het en die sand is harde werk. Dan maak ons die hek oop en Deon en die Hero is daar deur soos n foxterrier wat die posman op sy bicycle sien wegry.
Ons volg teen n ewe uitgelate pas. Om n draai en dan is daar n opstal. N kerel met n dop in sy hand hom uit en wys thumbs up, maar soort van n vraag. Is julle OK? Ek wys ons is eersteklas en ry verby. Om nog n draai en daar lê die doringrivier.
En Deon en die Hero.
Hy beduie ek moet stop en daar wag.
Dis blykbaar “fokken glad” waar hy is.
Ek neem n paar fotos en kruip nader. Dit is glad. Ek het nerens plek om die XR neer te sit nie en wil hom nie sommer teen die wal laat lê nie, en ry toe maar om die gevalle Hero sommer tot op die pont.
Die rivier lyk breed. Baie brieër as wat ek onthou. En die water loop vinnig.
Die ander twee staan daar rond. Hulle weet nie wat om te doen nie. Dink aan omdraai. Laas het ons sommer hier deur gery.
Ek besluit om die tou om my lyf vas te maak en deur te probeer kom. As dit nie werk nie, kan hulle my uittrek met die tou.
Ek trek klere uit bootse af en stap die water in. Dadelik val ek oor groot klippe onder die water. My tone en maermerries kry swaar.
Dit raak redelik diep en hulle beduie ek moet reguit bly want die stroom is sterk. Na n gesukkel is ek deur.
Jaques gaan sit op my bike op die vlot. Die man met die dop in die hand het kom kyk en spring self in sy onderbroek in die rivier in om te help. Hulle hou die vlot op koers en ek trek.
So kry ons al drie bikes oor.