Tankwa en Doringrivier. SAS Willehond was: Wie’s die Hero?!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ons staan n tydjie hier rond. Ek begin warm kry met alles wat ek aan het en die sand is harde werk. Dan maak ons die hek oop en Deon en die Hero is daar deur soos n foxterrier wat die posman op sy bicycle sien wegry.

Ons volg teen n ewe uitgelate pas. Om n draai en dan is daar n opstal. N kerel met n dop in sy hand hom uit en wys thumbs up, maar soort van n vraag. Is julle OK? Ek wys ons is eersteklas en ry verby. Om nog n draai en daar lê die doringrivier.

En Deon en die Hero.
IMG_8117.jpeg

IMG_8118.jpeg
IMG_8119.jpeg


Hy beduie ek moet stop en daar wag.

Dis blykbaar “fokken glad” waar hy is.

Ek neem n paar fotos en kruip nader. Dit is glad. Ek het nerens plek om die XR neer te sit nie en wil hom nie sommer teen die wal laat lê nie, en ry toe maar om die gevalle Hero sommer tot op die pont.

Die rivier lyk breed. Baie brieër as wat ek onthou. En die water loop vinnig.
IMG_8123.jpeg


Die ander twee staan daar rond. Hulle weet nie wat om te doen nie. Dink aan omdraai. Laas het ons sommer hier deur gery.

Ek besluit om die tou om my lyf vas te maak en deur te probeer kom. As dit nie werk nie, kan hulle my uittrek met die tou.

Ek trek klere uit bootse af en stap die water in. Dadelik val ek oor groot klippe onder die water. My tone en maermerries kry swaar.

Dit raak redelik diep en hulle beduie ek moet reguit bly want die stroom is sterk. Na n gesukkel is ek deur.

Jaques gaan sit op my bike op die vlot. Die man met die dop in die hand het kom kyk en spring self in sy onderbroek in die rivier in om te help. Hulle hou die vlot op koers en ek trek.

So kry ons al drie bikes oor.
 
Last edited:
Na die gesukkel om al drie bikes veilig oor die rivier te kry besef ek ek het niks fotos geneem nie.
Ons neem afskeid van ons helper. Ek gee hom R200. Hy wil dit eers nie vat nie maar ek dring daarop aan. Die ander manne gee hom ook elk n paar bloues.

Daar stop n kerel met n blink bakkie aan die ander kant. Ons raai hom af om te probeer deur ry. Hy het nie veel ompraat nodig nie en klim in en ry maar weer. Hy het n hele paar honderd kilos se ompad!

IMG_8127.jpeg

Ek is kaalvoet in my onderbroek toe my bike oor die rivier is.
Ek vra Jacques om hom uit te ry want dis n steil, sanderige bultjie en my voete gaan seerkry op die footpegs. Hy sê dis OK en klim van die anderkant af op my bike.
Ek sien sy groot toon steek deur n gat in sy sokkie. Hy het ook nie sy bootse aan nie. Ek maak maar of ek dit nie sien nie.
Hy moan bietjie toe ek die doringtakke uit sy gesig uit hou.
Ek maak hom stil met n “Jy het darem sokkies aan.”
IMG_8128.jpeg
IMG_8129.jpeg

Jacques trek sy bootse uit dop hulle om om sie water uit te kry.
IMG_8130.jpeg
IMG_8131.jpeg
 
Last edited:
Op pad Oasis toe via die Tankwa Padstal.

Ons is sopnat en die wind is koud.
Ons stop so 2 keer. Die pad is baie lank en ons ry teen n hectic wind in.

Ons begin koud kry soos dit later word. Ons moes nat klere aantrek na die rivier kruising.
Die padstal is aan die toemaak toe ons daar aankom. Ek stap in die kroeg in maar die baas se hy het mense vir die naweek.

Hy se ons kan maar daar vir Deon sit en wag en verkooo ons elkeen n black label. Hy vra ons moet net die hek toemaak en sluit as ons ry.

Toe klim hy in sy kar en ry.

IMG_8132.jpeg
IMG_8133.jpeg
IMG_8134.jpeg
IMG_8135.jpeg
IMG_8136.jpeg
 
Last edited:
  • Like
Reactions: 456
IMG_8137.jpeg
IMG_8138.jpeg

Ons drink die bier. Die Hero kom daar aan. Deon het, toe die pad so sleg was, opgemerk dat hy nie kan wag om die Hero in vyfde te sit op die grootpad nie. Ek vra hom met n ernstige gesig of hu toe darem vyfde kon gebruik teen die wind in. Hy kon nie.

Hy staan en pee reg onder die sekuriteits kameras. Ons los hom maar. Hy is nie in n goeie bui nie.

IMG_8139.jpeg

Op hierdie bruggie dop ons Jacques se XR om om die laaste bietjie petrol aan die kraantjie se kant te kry.
IMG_8141.jpeg
IMG_8142.jpeg
 
Last edited:
  • Haha
Reactions: Ri
Die laaste groot bult voordat jy afsak Oasis toe. Dis al lekker donker. Die ander twee “free” hulle bikes op die afdraendes so min is hulle petrol. Ekself is op fumes.

Die volgende oggend maak ek vol uit die jerry can. Ek is bly ek het n koffie filter by die kombuis gaan bedel want daar kom baie roes uit die kan uit.

Ons laai hulle bikes op die bakkie.

Toe neem ons afskeid.
Jacques sê “Dit was baie lekker. Kom ons doen dit nooit weer nie.”
IMG_8143.jpeg


Hierdie fotos is op pad huistoe geneem op die pad tussen Touwsrivier en die R62.

Al die driffies is oorspoel.

IMG_8144.jpeg
IMG_8145.jpeg
IMG_8147.jpeg
IMG_8148.jpeg
 
Last edited:
  • Like
Reactions: Ri
Ek lees dit eers nou.
Dis absoluut fantasties, dankie!
Ek het die fotos baie geniet, kannie glo hoe nat die wereld was nie.
En jou style om te skryf laat 'n mens somer ontspan. Niks buite die gewone nie, al vries jy jou gat af.

Groete, g.
 

Latest posts

Top