The Great Kalahari Bike Challenge 2011 .......... 27 August 2011

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Rickus

Race Dog
Joined
Jan 16, 2009
Messages
1,671
Reaction score
8
Location
Koës
Bike
KTM 950 Adventure S
AANDAG
Welkom aan alle avontuur ryers na die 4de aandieding van THE GREAT KALAHARI BIKE CHALLENGE Die geleenheid word aangebied deur die Upington Tafelronde ten bate van liefdadigheid. Kom ervaar n baie mooi deel van die Noord-Kaap naamlik die Groen Kalahari.

Kalahari Stretch Tents gaan vir ons n tent op Oranjerus opslaan. Die tent sal n kroeg binne he en met die nodigge braai fasiliteite. Die tent sal reeds vanaf Vrydag 26 Augustus 2011 teen 18:00 oop wees vir die ryers wat van ver kom en reeds van Vrydag af op Oranjerus oorslaap. Daar sal braaipakke te koop wees by die tent.

Die ryers wat aan die Kalahari Challenge deelneem en by Oranjerus oorslaap kry 10% afslag vir hulself en hulle gesinne.

Daar sal n ontbyt aangebied word te Lake Grappa naby aan die Augrabies valle en weer n middag ete iewers op die grondpad tussen Kakamas en Kenhardt.....dit is ingesluit by jou inskrywings fooi.
Program

Ons vertrek vanaf Oranjerus oteen 08:00 en jy moet voor 17:00 terug wees by Oranje rus om jou sertifikaat te ontvang.
Saterdag aand kuier ons lekker saam in die tent braaipakke sal te koop wees en braaiers en hout sal beskikbaar wees.
Onthou....Die hele gesin is welkom

Let Wel
  Die Kalahari Challenge is nie n resies nie en daar is geen prys vir 1ste plek nie. Inteendeel die ou wat die roete in n rekord tyd gaan afhandel gaan baie lank alleen vir ons sit en wag in die tent.

Kostes:

R325.00 per ryer en R100 per pillion

T-hempde met Kalahari Challenge  logo is beskikbaar teen R95.00 per T-hemp

Navrae
Istvan Mayer  [email protected]
Margaret [email protected]

Of as jy belangstel kan ek die inskrywings forms en ander inligting hier deurgee.....

Daar is ook n facebook groep wat julle kan volg https://www.facebook.com/groups/131014143611361/?id=218647124848062
 
   





 
 
 



 

 

 
 
 
Top