Travel memories - "padkos"

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Best part of the holiday 😊 think the folks couldn’t handle the back seat fights much longer 😂😂😂
Even hear some chaps wrapped food wrapped in tinfoil and wired to the car’s manifold, would make a decent meal
 
Ons het n standard "padkos"  lysie vir enige trip....
Stanley fles moerkoffie
Droe wors
Beskuit (ons ouma se familie resep)
Medium picnic backpack met borde/eetgerei/tafeldoek/bottle oopmakers ens
Allerlei gunsteling snacks, maar ons los altyd plek vir n ietsie om vanaf die local padstalle n lekkerny te koop vir die padkos stoppie... :thumleft:

Die reis MOET deel wees van die bestemming imo… padkos maak dit moontlik ;)
 
Dorsland said:
RobC said:
Ons koffie stop op pad troue to verlede week. MD het die foto geneem.
Die twee kinders ken dit glad nie!

Ek probeer uitwerk waar dit is maar kan nie.  Eers gedink dis daar op die N1 naby Allemanskraal, bo op daai hoogte na die afdraai.
N6 so ent uit Aliwal. Die volgende een is so 3k verder by 'n windpomp.
 
Ja nee, soos vroeer gese daai resepte of dan samestellings was beslis die beste. My grootouers het in Noord Natal geboer en gemyn. Ons was eers in Pta en toe trek ons Vredenburg toe. Daai was lang trips agter is daai merc tussen my ouer susters met my hond op my skoot of in die venster. helfte van die pad gebid dat daar n skoon stop plekkie kom en my pa lus raak vir koffie. Met die spoedbeperkings het ons maar oorgeslaap by wagon wheels. Daai aand is die kosbakkie weer hervul vir volgende dag. My ma het so 24 koppie fleskan ding gehad met n kraantjie, almal moes van die selfde koffie hou of maar net se nie nou nie dankie ma, anders verloor jy ander voordele ook.
So vier jaar terug begin om Black Rock Rally in OL saam met die Steelwings by te woon. Kon nie glo van Aliwal tot in Oos London  hoe netjies, skoon veilig en HEEL is die plekkies langs die pad nie. Ons het toe net gejaag vir die volgende koue, so die smaak van daai frikkie en koue eiers het net die bek laat kwyl. Shit vandag se kinders mis so baie!
 
Shit vandag se kinders mis so baie!

Ek stem, want hulle kyk nie op van hul selfone tydens n road trip. Enigste reaksie wat kom is as selsein verloor word of n Wimpy bespeur word.
 
Breekbeen said:
Hoe lus maak julle my nou.
Ons het weer altyd oppad Kaap toe in Vanrhynspas gestop.
Plaasbrood met konfyt en kaas, gekookte eiers met my pa se sout en peper mix, en gewoontlik was daar n gebakte skaapnek ook by.
Swart moerkoffie.


Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Sjoe! Die "Mount Nelson" van padkos-stoppe. :drif:
 
Nou verlang ek darem diep terug.
My ouers het nerens gery sonder padkos nie, selfde as dit wat reeds genoem is, maar altyd met 'n koue skaapnek by. My pa het twee keer langs die pad gestop tussen Windhoek en Swakopmund vir padkos en bene rek,  My ma het nooit wors gaar gemaak nie. Dit het ons sommer so op 'n klein rooster daar langs die pad gebraai so in die vlamme van klein takkies wat ons sommer in die veld bymenkaar gemaak het, in ons huis het dit bekend gestaan as sappige worsie.
Koffie was altyd in 'n ou Stanley fles wat my suster vandag nog gebruik na 60 jaar.
Voor op die kar was so bracket met 'n varkstert waaraan die Springbok watersak gehang het en op die anderkant was 'n AA of Rondalia teken.
 
Man from Nam said:
Nou verlang ek darem diep terug.
My ouers het nerens gery sonder padkos nie, selfde as dit wat reeds genoem is, maar altyd met 'n koue skaapnek by. My pa het twee keer langs die pad gestop tussen Windhoek en Swakopmund vir padkos en bene rek,  My ma het nooit wors gaar gemaak nie. Dit het ons sommer so op 'n klein rooster daar langs die pad gebraai so in die vlamme van klein takkies wat ons sommer in die veld bymenkaar gemaak het, in ons huis het dit bekend gestaan as sappige worsie.
Koffie was altyd in 'n ou Stanley fles wat my suster vandag nog gebruik na 60 jaar.
Voor op die kar was so bracket met 'n varkstert waaraan die Springbok watersak gehang het en op die anderkant was 'n AA of Rondalia teken.

Ek en Louis praat nou nog van die lekker padkos wat julle vir ons gelos het na daai onvergeetlike braai.  :biggrin: :thumleft:
 
We did a small trip today. Meatballs, boiled eggs, sandwiches and little sausage rolls. Just like the old days.

Sent from my SM-N950F using Tapatalk

 
RobC said:
Dorsland said:
Is a meatball like a frikkadel? [emoji48][emoji41]
Ja... just with less onions... :sip:

I always loved my moms frikkies... they had these big chunks of onion.
Is mos hoe hulle moet wees :deal: :drif: :drif:
 
I made some sausage rolls a while ago.

500g pork sausages
500g beef sausages
1 cup chopped spring onion
1/2 cup all bran flakes
1 Jumbo egg beaten (2 if you use smaller size)

The pastry was a disaster, but the meat was very lekker !
 
Onthou die dae toe ek nog laaitie was. Het seker nog nie eers 20 kilos gery nie dan het ek al gevra wanneer eet ons.
 
express said:
Onthou die dae toe ek nog laaitie was. Het seker nog nie eers 20 kilos gery nie dan het ek al gevra wanneer eet ons.
Ja aangekom op plaas het pa altyd vir oupa gegroet en gese, goed gery dankie, maar nogsteeds onder 40km op n pasty!
 
Ook groot geword met padkos, en doen dit steeds.

Die naweek was ons drie voertuie Upington toe vir 'n troue.

Tussen Calvinia en Kenhardt is daar baie piekniek plekke langs die pad.
Hulle is darem nog redelik skoon, mens kan daar stop. Maar op die hoof "N" roetes stop ons nie by die piekniek plekke nie, ons kry 'n grondpad/plaaspad en ry net so ±300-500m in en stop daar vir 'n piekniek.

Ek verpes hierdie groot garages op die hoof roetes, ek ry altyd in 'n klein dorpie in. Koop biltong/droëwors by die slaghuis en gooi dan diesel by die kleiner garage in die dorp, byna altyd goedkoper as die groot garage teen die pad en so ondersteun jy die kleiner besighede in 'n dorp ook, eerder as ryk sakemanne met 'n hele portefeulje garages.

KGJFbTc.jpg
 
Ah, the memories.
In the 70's our annual pilgrimage from Jhb to Natal South Coast and then later to the Cape. I can still hear that roadside silence in the Karoo heat. It seemed customary to have the dripping canvas waterbag and whenever we stopped dad would raise the bonnet to let the engine on his Chev Nova cool. After that we had a Ford 20M (3l V6). The tow car of the day was Chev 4100, Holden Monaro's, Valiants and Ford Fairlane's. Once the padkos was finished, it was a quick pee, trying not to sprinkle on my new holiday slops and then back in the car complete with lap belt to resume ticking off all the different number plates I could Identify.
 
Top