Uber lucky.....(moenie op 'n nugter maag kyk nie)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Hinksding

Race Dog
Joined
Sep 12, 2010
Messages
2,993
Reaction score
205
Location
LOERIESFONTEIN
Bike
Honda XR125L
Ek dink die prentjies vertel alles. Gisteroggend oppad plaas toe.  Die padreserwe is afgekamp, so strenggesproke het sy nie toegang tot die pad gehad nie.  In die waansinnige oomblik het ek bo gebly...weet nie hoe nie.  Ekt is bitter dankbaar hoe die situasie verloop het, dit kon soveel anders uitgedraai het.  Die bike se ABS was aan, en het nogtans BAIE goed gewerk.  Daai is ysterbikes.  Ekt vir die res van die dag nog 190km verder gery.

Wat ek gister geleer het:

1.  Dit is iets wat al so oud is soos die berge, maar 'n mens slaan mos nie ag nie, maar sit maar kontaknommers van naasbestaandes op jou bike en helmet.  Dit kan net goed wees vir jou as jy nie vir jouself kan praat nie, en niemand het wat saamry nie. Hierdie het in die middel van nêrens gebeur.

2.  Stadiger ry sal ook help alhoewel Gatskuur @ hoë spoed lekker bly.

Veilig ry ouens
 

Attachments

  • 3.jpg
    3.jpg
    143.1 KB · Views: 688
  • 4.jpg
    4.jpg
    144.3 KB · Views: 687
  • 5.jpg
    5.jpg
    189.9 KB · Views: 691
  • 1.jpg
    1.jpg
    152.1 KB · Views: 691
Top