Wiel bearings

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Masai

Pack Dog
Joined
Nov 24, 2008
Messages
361
Reaction score
3
Bike
BMW R1200GS
In 2012 koop ek 'n splinternuwe uit die boks 800GS. So met tyd raak ek nogals geheg aan hom.  Kan nie eintlik kies tussen hom en die Dakar. Partykeer dan besluit ek om die Dkar te verkoop. Tot ek weer 'n draai met hom gaan ry. Dan besluit ek om die 800 te verkoop ... tot ek weer 'n draai met hom gaan ry
Laaste 2 weke hoor ek 'n geraas by die agterwiel van die 800 as ek die fiets omdraai in die garage. Ek besluit om te laat kyk. Maar die geraas is die volgende week stil. Niks. Ry Sabie toe met hom. Het Sabie Shufflers se 32 km gaan hardloop. Besluit om te kamp by Merry Pebbles. Maar hulle keer my voor en vertel hulle laat geen motorfietse toe. Ek vra die man of ek hom dan kan stoot tot by die kamp plek. Niks. Vra die die man of ek die motorfiets by die hek kan los en dan dra ek my goed na die naaste kampplek. Niks. Ek vra die man of hy 'n probleem het met motorfietse. Ja ... hy het. Hy kyk jou reguit in die oe en vertel aan jou hy soek jou nie hier nie. Is dit regtig waar dat daar mense is wat nie jou besigheid soek. As 'n motorfiets os groep motorfietse hulle misdra het ... is die gevolg dan dat jy almal verban. Dan beteken dit as ek daar kom met 'n 4x4 en ek m isdra my dab verban hy alle 4x4. En dan kom ek daar met 'n Mercedes kar en misdra my en dan is alle Mercedes karre verban.
Wat 'n ou suurgat dink ek toe ek besluit om om te draai en te loop. Besluit om nooit van sy plek gebruik te maak. Ry toe Nelspruit toe ne gaan slaap by my seun.

Na die naweek ... toe ek by die huis hier in Pretoria inry hoor ek skielik weer die geluid by die agterwiel rond. Ek dog daar is maar fout met die ketting.  Neem hom toe na Zambezi. Jacquies ... die bestuurder by die werkswinkel ontvang my met 'n glimlag. Baie profesioneel. Hulle kyk dadelik. Spuit die agterwiel ordentelik met Lube en raas met my omdat ek chain wax gevruik en nie chain lube. Die werktuigkundige draai die fiets om en hoor toe die geluid. Jacquis word geroep en hy se dit klink na 'n bearing En vra of ek die fiets daar kan los. Hulle vermoed 'n agterwiel bearing. Hulle bekyk die fiets en sy dienste en se dat hulle hom onder "goodwill" gratis gaan vervang.
Hulle reel 'n vervoer vir my huis toe.
Ek is beindruk
 
Top