Agterpaaie in die Nuweveldberge: ChrisL & Karoo Rider gaan ry in die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,898
Reaction score
1,029
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Vir baie ryers hou die minder bekende agterpaaie van die Karoo 'n unieke bekoring in, en met die langnaweek in die visier is planne beraam om so 'n draaitjie te ry en van hierdie paaie te gaan beleef.  Base by die werk en base by die huis is reeds vroegtyding in kennis gestel van 'n moontlike 4-dag afwesigheidsyfer, en uiteindelik het die verlofvorm gepryk met 'n ink-krapsel onderaan, en die vrou is die geleentheid gebied om 'n bietjie kwaliteit-tyd saam met haar moeder en vriendinne deur te bring.  

Met die reënweer van Vrydag die 20ste September is die weerprofete se uitlatings fyn dopgehou, maar die Saterdagoggend is dit helder oopgetrek, en nie lank nie trek 'n blou GS1200 die werf in.  Die ruiter is van Riethuiskraalse afkoms uit die Stilbaai distrik - ChrisL homself.

Ek het vooraf vir Chris bietjie gepols oor die roete wat hy in gedagte gehad het, en sy antwoord was iets in die lyn van: "Ons ry so zig-zag tot by Louis op Leeu-Gamka, en daarvandaan kyk ons maar verder.  Ek hoop nie dis te oorgeorganiseerd vir jou nie?"  Dis hoe ons vroeër vanjaar deur Namibië gery het, en vinnig-vinnig het ek geheg geraak aan hierdie ontspanne manier van reis.  Geen kommer oor so laat hier wees of "hoe ver nog?" nie, as dit skemer raak begin kyk jy maar uit vir 'n lêplek.  En die verrassingselement hieraan het nog nooit teleurgestel nie.


Kaart van roete:

Map_zps8c9f9587.jpg




DAG 1:  Stilbaai/Ladismith tot naby Leeu-Gamka


Deur die Moordenaarskaroo was die enigste verkeer op die pad twee polisiebakkies, en kort daarna kom ons die rede agter.

Image00100_zps52803c7d.jpg


Image00101_zps2d9b4ceb.jpg



Die pad is in 'n baie goeie toestand, maar die Buffelsrivier loop nog mooi af en die sementdriffies gee darem 'n mate van gemoedsrus so vroeg in die dag.  Pasop net vir alge wat seepglad kan wees, hou maar binne die voertuigspore vir die beste traksie.

Image00102_zps0b2a161a.jpg


Image00001_zpsb4058791.jpg



Voor Koringplaas draai ons links op die kruis en vat die ompad wat eers wes en dan noord draai voordat die Komsbergpas aangetref word, sommer plek-plek nog met sneeu en die windjie sny by die nate in teen 6ºC.

Image00002_zpsb72a0a56.jpg



Volmaak op Sutherland voordat ons gaan koffie en iets te ete gaan soek in die Jupiter.

Image00104_zpsd490a43d.jpg



Van Sutherland af ry ons 'n entjie terug en draai links af rigting Merweville, oftewel "Merville" soos dit plaaslik skynbaar bekendstaan.

Image00003_zps7b653e4c.jpg


Image00105_zpsf84b43cc.jpg


Image00106_zps8f3056ee.jpg


Image00004_zps74ad7bcd.jpg



Van bo-op die plato begin ons nou afsak met die Rammelkop Pas.

Image00005_zps1ac27c5e.jpg


Image00107_zpsf6d0f8d9.jpg


Image00108_zps543738f8.jpg


Image00109_zps687e679a.jpg


Image00110_zps13de82d8.jpg



In Merweville by die klipkerk.

Image00111_zps67cb4380.jpg



Hiervandaan is die plan om rofweg ooswaarts met (openbare) plaaspaaie te ry totdat ons by die R353 teerpad naby Leeu-Gamka aansluit.  Soms was dit bietjie kopkrap aangesien die kaart nie orals 'n ware replika van die werklikheid was nie, maar na 'n hek of twee sluit ons met lang skaduwees later by die teerpad aan voordat ons op Leeu-Gamka gaan tenke volmaak.

Image00112_zpsed6ea516.jpg


Image00006_zps6f498d09.jpg



Net buite Leeu-Gamka word ons ontvang deur Louis, 'n vriend van Chris, en sommer gou word daar motorfietse gesels.  Behalwe die plaasfietse ry Louis 'n GS1200 en gaan dié nou inruil vir 'n Adventure, en aan die praat en uitvra kan ek sien hy verwens nou al die tyd om.  Uit die staanspoor kan ek agterkom Louis is 'n reguit mens, en in geen onduidelike terme word besoekers gemaan om gehoor te gee aan 'n paar basiese plaasreëls:

20130922_091306e_zps01c78aad.jpg
 
20130921_185535_zps94a01b2a.jpg

20130922_082314e_zpseccdc63d.jpg



Die werf word beman deur Bobby en Apie:

Image00007_zps53304830.jpg


Image00008_zps021e8a62.jpg


20130922_080815e_zps5f97f54a.jpg



Bobby het sommer vinnig geheg geraak aan Chris.

Image00009_zps08168611.jpg



Op koue aande sit Apie graag langs die vuur om ledemate en ander essensiële liggaamsdele warm te maak.

Image00010_zps5cff9c03.jpg



Ander plaasdiere word ook hier aangetref, min of meer enigiets van 'n swart potbelly vark tot 'n blanke volstruis, en vele papegaaie en ander hokvoëls.

20130922_082110_zps7da49d64.jpg


20130922_082152e_zps5f27672e.jpg


20130922_082538_zps5d8a3f4c.jpg


20130922_082819e_zps0a4ec040.jpg


20130922_082835_zpse0d2ccc1.jpg



Die aand om die vuur is ons bederf met gebraaide Damara-lamtjops en Gemsbok wildswors, voorwaar 'n smaakhemel uit die boonste rakke.  Die gesels en vertel het nog tot ounag voortgegaan, en toe ons net voor 01:00 gaan inkruip was Bobby en Apie al vas aan die slaap, ingevleg in mekaar se harige armpies teen die Karoo-nag se byt.
 
DAG 2:  Naby Leeu-Gamka tot tussen Sutherland en Fraserburg

Na opstaan begin ons inpak en opsaal, maar Louis wil gou vir ons sy boskamp gaan wys.  Blykbaar was daar al manne wat 'n aandjie of wat met hulle fietse hierheen weggebreek het, en ek kan my die atmosfeer indink as die vuur moet brand en die lede aan die gesels begin raak.

20130922_085458_zpsd11711ba.jpg


20130922_085855_zps6d0d3820.jpg



Toiletgeriewe is beskikbaar, sommige selfs aangepas vir verskillende liggaamsbou.

20130922_090118_zps303fde41.jpg


20130922_090143e_zps6a02ef34.jpg



Ons groet vir Louis.  Dit was vir my 'n voorreg om hom te ontmoet en die kuier sal ek nie maklik vergeet nie.  Oom Louis ek hoop daai Adventure gee jou baie genot!

'n Paar kilo's op die teer en ons draai regs af op die Oukloof pas wat met so 'n ooswaartse boog na Fraserburg loop.

Image00200_zps58fc3520.jpg


Image00011_zpsc31d06cd.jpg


Image00012_zps483f443d.jpg



Hierdie motorhek se stawe het ingeval en Chris, wat voor was, het gelukkig net betyds gesien.  As jy hom verkeerd slaan kan jy dalk skade maak - gelukkig was die hek langsaan oop en is ons eerder daar deur.

Image00201_zps02e00612.jpg



Die paaie hier word skynbaar redelik in stand gehou en nêrens is diep slote of donga's aangetref nie.

Image00202_zpsd6b224ed.jpg


Image00013_zpsa49c4e75.jpg


Image00203_zps07fd01e0.jpg


Image00014_zps45ed19c0.jpg



Op Fraserburg gekom ontmoet ons toevallig vir Ian, oftewel Askoek, en hy noem dat hy ten tye nog net sowat 'n week op Wilddogs is!  Bo alle redelike twyfel kom ons ooreen dat hy waarskynlik Fraserburg se enigste Wilddog is.  Bly te kenne Askoek!

Image00015_zps63e40926.jpg



Net buite Fraserburg besluit ons om die Rantepad te neem via Hondefontein, maar eers darem tyd vir 'n beker boeretroos langs die pad. 

Image00204_zpsfd3d9399.jpg



Hier word die blik met wors en hardgekookte eiers ook tevoorskyn gebring wat my liewe vrou reeds die vorige oggend gemaak het vir padkos.  Toe sy daar in die kombuis so geduldig oor die wasbak die eiers staan en afdop kon ek dit nie oor my hart kry om vir haar te vertel dat ons waarskynlik daardie middag lekker in Sutherland sal gaan uiteet nie.  Nietemin was die inhoud, nou 'n dag later, nog heel smaaklik alhoewel die vibreërende effek van 'n aluminium pannier nie bygedra het tot hul voorkoms nie.


Die Rantepad is 'n absolute moet-doen en is werklik besonders.

Image00205_zps6f6e0534.jpg


Image00016_zpsed9389a7.jpg


Image00206_zpsab47fda5.jpg


Image00207_zps5c50d573.jpg



Op Sutherland gekom word ons grootste vrees waar:  dis net na 12:00 op 'n Sondagmiddag en die petrolpompe is gesluit, en ons wil nog wyd oordraai vandag.  My tenk op die Adventure neem 'n bietjie meer en ek ry altyd 'n suigpypie saam, en in die naaste drom kry ons 'n 2lt Cheers kannetjie wat nou gaan saamry vir as ons moet uitsuig langs die pad.

Image00208_zps97739a4e.jpg


Image00209_zpsd6e7d718.jpg



Net na die Sterrewag draai ons links (noord) af op ons volgende stukkie raaiselpad.

Image00210_zpsef7d35f2.jpg


Image00211_zps30806838.jpg



Dis nou seker al 17:00 en ons begin uitkyk vir 'n kampplek.  Later by 'n ou plaaswerker word my kop net meer deurmekaar gepraat oor hoe die paaie loop, maar hy beduie ons na die baas wat 'n ent verder met sy bakkie langs die pad staan.  Ry tot daar en ontmoet vir Altus Hugo met van sy vriende en familie wat bietjie gewere wil skoonmaak na 'n plaat-teiken.

Soos die uitvrae voortgaan hoor ek so tussen-in van dié pad wat al destyds weggespoel het, en daai pad wat intussen net privaat gebruik word, maar dit word tog nog op ons kaart aangedui en is waarskynlik die rede waarom die afdraaie nie wou sinmaak nie.  Ons besluit om maar eerder die volgende dag die tog voort te sit, en toe dit by toestemming vra kom om op sy grond te kamp, wil die man niks van sulke dinge weet nie, ons kom kamp by hulle by die huis.  Hy wys na die leë Cheers kannetjie agterop Chris se fiets, maar ek weet nie of hy die petrol storie geglo het nie...

Terwyl hulle nog skiet ry ons solank huis toe met die boodskap om vir sy vrou te sê ons slaap daar vanaand.  Yolanda maak oop en ons word soos familie ontvang terwyl sy vir ons rondwys.  Toe die tente staan kom Altus nader en nooi vir ete.  Na 'n paar flou verskonings sien ons die man aanvaar nie maklik "nee" vir 'n antwoord nie, en 'n wyle later skuif ons in by die gesellige braaikamer waar die vuur reeds hoog brand.

Image00212_zps9dc373e9.jpg


Image00213_zps329fd0ea.jpg


Image00216_zpsdefc1313.jpg


My ou Coke-botteltjie met die bietjie soetwyn daarin het ek skaar neergesit of 'n lys van drankies word aangebied, en na die tweede bier bring die man al die sterkwyn nader.  So raak ons aan die gesels en die manne vertel skaapstories en hoe uitgeslape die jakkalse is.  Halfpad deur die etery word ek skielik gevra of die "wors dan sleg is?" of hoekom wil ek nie nog kry nie?

Na middernag sê almal nag en stap ek en Chris tent toe (nadat ons ook menigte kere aangesê is om in die huis te kom slaap).  Soveel gasvryheid is ongehoord van, en hier word ons twee wildvreemde mense soos huisvriende op die hande gedra.  Altus en Yolanda, ons het verskriklik lekker gekuier en nogmaals dankie vir alles wat julle gedoen het - ons hoop ons sien mekaar eendag weer.

 
DAG 3:  Tussen Sutherland en Fraserburg tot naby Swartbergpas

Die volgende oggend groet en vertrek ons met Altus se aanwysings vars in die kop, en die pad loop noordwaarts deur 'n paar hekke waarna dit aansluit by die groot grondpad tussen Sutherland en Fraserburg.

Image00301_zps534569e2.jpg


Image00017_zps238be642.jpg


Image00018_zps9c6839a7.jpg



Kort daarna kry ons wat seker van die grootste sonpanele moet wees:  twee groot borde wat 'n 15KW waterpomp op twee spilpunte aandryf - voorwaar ongelooflik.

Image00302_zps267b4520.jpg



Ons besluit om via die Modderpoort Dam deur te ry tot op die R381, waarna ons met die pragtige Molteno Pas afsak vir iets te ete in Beaufort Wes.

Image00303_zpsbd9eb760.jpg


Image00030_zps47c92904.jpg


Image00304_zps3cd303ee.jpg


Image00019_zps61814304.jpg


Image00020_zpsff8e9138.jpg



Uit Beaufort Wes ry ons suidwaarts en net anderkant Seekoegat draai ons regs af op 'n grondpad, dié loop na Prins Albert via die pragtige Tierbergspoort.

Image00021_zps2a56c003.jpg



Op Prins Albert gekom kry ons die idee om tot op die Swartbergpas te ry, en dan met die pad af Hel toe te kyk tot waar ons kom.

Image00022_zps78d63c52.jpg


Image00305_zps20a17d38.jpg


Image00306_zps34fccfc5.jpg


Image00307_zps49bc527f.jpg


Image00308_zps0531837b.jpg


Image00309_zps3e6523d0.jpg



Na al die uiteet en saameet kry ons toe op die laaste aand eers tyd om ons eie kos te eet wat al heelpad saamgery word!

Image00023_zps878e196d.jpg


Image00310_zps3ddde801.jpg

 
DAG 4:  Naby Swartbergpas tot Ladismith/Stilbaai

Vroegoggend word ek wakker en voel dat daar 'n koeligheid buite is.

Image00400_zps819b9c28.jpg


Image00401_zps330e02dc.jpg



Ons pak op en sluit aan by die Swartbergpas, anderkant af en met Matjiesrivier langs deur na Kruisrivier.

Image00402_zpsaff57711.jpg


Image00403_zpsb538100c.jpg



Verby Red Stone Hills sluit ons traag aan by R62 se teerpad.

Image00404_zpsc1785dc1.jpg


Image00024_zps84b7fed5.jpg



Ons drink koffie op Calitzdorp en kry 'n span Blombos ryers oppad Hel toe.  Kort na wegtrek kom hulle weer verby gery - geen loodvrye petrol by die pomp nie!  Hulle sou toe by die Koöperasie gaan uitvind het, hoop julle het reggekom?  Huisrivierpas oor is ons net betyds vir 'n bord kos by die huis, en foto's word gou van die kamera's afgelaai.  Chris groet en die bloue se neus word see toe gedruk.

Hierdie was weereens 'n verskriklike lekker trip deur 'n pragtige area van ons land.  ChrisL, dankie vir die ry en al die gesels.  Ek het al baie van ons foto's nou hier reeds gebruik, maar gooi daar nog 'n paar en vertel jou kant van die saak ook asb!
 
Die Karoo is 'n spesiale plek. Dankie, lekker gelees (en gekyk)
 
Dankie..............lekker RR.  :thumleft:

Hierdie tipe reports het begin skaars raak op die forum, maar hierdie gee my hoop.  ;) :ricky:
 
Pragtig. Baie mooi geskryf ook.
 
Fantastic report.  Beautiful pics of the most awesome areas.

Thank you.
 
Lekker report. Laat my wonder of ek nie my desember roete moet verander om karoo toe te gaan nie
 
Baie lekker saamgery,,was self verlede week daar deur daai mooi land.... :thumleft:
 
Baie nice.  Die wereld in daai area is darrem maar mooi as dit so groen is.
 
Flippen nice RR en roete wat julle gedoen het. :thumleft:

Duidelik is julle twee lekker riding buddies saam en ek hou van die manier waarop julle 'n trip doen. :deal:

Dankie dat julle dit met ons deel.
 
Top