Bracket en fitting vir nuwe Garmin Zumo 590

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Nov 9, 2014
Messages
186
Reaction score
1
Location
Centurion
Bike
KTM 1190 Adventure
Naand Honne

Mag ek asb vra dat julle my bietjie raad gee oor die volgende.  Ek het ‘n nuwe Garmin Zumo 590 gekry, en dit laat fit op ‘n KTM1190AdvR.  Die ouens wat my gehelp het het my verseker dat hierdie die beste bracket en fitting is vir hierdie GPS unit, en dat hierdie installasie beter is as byvoorbeeld ‘n installasie op die handlebar.  En dat hierdie tipe bracket en installasie die minste vibreer en skud. Sien pic 1.

Nou, ek het nog nie voorheen ‘n GPS gehad op my 990 nie, dis nou die eerste keer, dus het ek nie ‘n goeie verwysingsraamwerk wanneer ‘n GPS min of baie vibreer nie.  Maar ek vind dat dit steeds nogal baie vibreer, en nou wonder ek die volgende.  ‘n Vriend van my het dieselfde bike, maar ‘n ouer GPS model, sien pic 2 vir die Touratech bracket wat hy gebruik.  Ek het nog nie met sy fiets gery nie, maar ek wonder of dit nie dalk ‘n beter opsie is nie??  Ek het nog nie na Touratech of soortgelyke GPS brackets gekyk nie, wou eers hier bietjie rondvra.  Weet iemand dalk of mens ander tipe brackets kry vir die nuwe Zumo 590 model, of wat is uit jul ervaring die beste opsie vir die minste vibrasie en skud?  Of waar soek ek ander brackets?

Laaste vraag, sien pic 3.  Hierdie ontwerp van die fairing en screen, met die gap tussenin, is dit nie dalk die rede vir die vibrasie nie, kom hier nie te veel lugbeweging hier deur nie??

Thx
 

Attachments

  • wd1.jpg
    wd1.jpg
    187.6 KB · Views: 125
  • wd2.jpg
    wd2.jpg
    172.4 KB · Views: 123
  • wd3.jpg
    wd3.jpg
    129.2 KB · Views: 121
Top