Prototype said:
Bietjie die inner pirate laat uit kom in Patensie lyk dit my, alhoewel dit nie baie moeilik is nie of hoe? Classic foto :imaposer:
Ja nee, Patensie het gerock. Ek dink nie die hotel het heeltemaal geweet wat tref hom die aand toe ons daar instap nie.
Maar voor dit natuurlik gebeur het, moes ons eers verby die kleine detail van so paar punctures gekom het. Sien, ek was op daardie stadium nog 'n groot voorstaander van 2.3 Bar (for life!) pressure in my tyres, waar en wat ek ookal ry. En grootbek het ek dit staan en verkondig aan ieder en elk wat wou luister.
Hoe dit ookal sy, of dit nou die 2.3 Bar tyre pressure was, of die hooliganism wat sy kop so nou en dan kom uitsteek het, of dalk nou maar net plein bad luck, maar daar staan en kry ek toe 'n puncture op my voorwiel net so 40 km voor ons uit die kloof uit ry aan Patensie se kant.
Op hierdie stadium het ons al 4 tyres geruil tussen die lot van ons op die trip. So mens kan sekerlik dink dat ons redelik gesout geraak het met die hele proses. Ek het ten minste self so gedink. En ons was tien teen een, maar dit kos ons op die ou einde 4 pogings om my tyre reg te kry. Ja, dis reg. Ons het 4 keer my buiteband moes afhaal en 'n nuwe tube moes in sit voor die ding styf gebly het om verder te kon ry. Die hele donderse proses 4 keer...
Ek het met beloftes van rondtes bier koop by die eerste kroeg, elke beskikbare spaar tube by die ander manne gebedel in plaas van op 'n gepatchde voor tube te ry.
Uit die aard van die saak het die hele episode nogals tyd geneem, en die manne se gemoed was gatvol maar tevrede toe ons uit die kloof uit ry. Met die intrapslag in die dorpie, staan Patensie hotel toe so wraggies uit soos 'n paal bo water, en ons was in 'n oogwink ingecheck en in die kroeg.