2 TENERE"S 'N KLAARTJIE EN 'N TRIUMPH (BAVIAANS EN MEER)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vis Arend

Bachelor Dog
Joined
Nov 14, 2010
Messages
12,262
Reaction score
2,721
Location
King William's Town
Bike
Honda CRF-250 Rally
Raait, die rr is al so bietjie overdue.  Maar eerder laat as nooit.       

So ruk terug kry ek ‘n pm van ‘n WD, Winston.  (KZN se manne)  Hy verneem of ek van enige lekker roetes weet en van enige slaapplek rondom Baviaans.  Ek gee die bietjie inligting wat ek het vir hom en verneem hulle sal rondom Paasnaweek se kant hier rond wees.  Ons, dis nou Mev Vis Arend en ek, besluit om so ent saam hulle te ry tot by George waarna ons ander verpligtinge het.  (Nannie se karretjie gaan haal)   

Die datums is vasgemaak en Winston vra of hy ‘n pel kan saambring.  So gesê, so gedaan.   Die manne en manninne daag die Vrydag by ons op, dis nou Winston en sy vrou, Wendy.  Hy met ‘n S10 en sy vrou met haar KLR wat sommer “Klaartjie” gedoop word.  Winston se vriend, Leon en sy vrou, Loisie, is daar met ‘n Triumph 800.  Daar word vreeslik, sorry, feestelik gekuier met die nuut gevonde vrinne, ons vergeet skoon dat ons eintlik vroeg in die bed moet kom.  

Na ‘n vreeslike gesnorkery en gepoepery word ons uiteindelik die volgende oggend wakker.  My honne lyk erg verskrik met al die gelawaai in die huis.  Maar ons pak en maak reg.  Ek het vir ons ‘n lekker roete vir die dag uitgewerk.  Dit gaan ‘n lang dag in die saal wees.  

DAG 1 – King William’s Town tot by Kudu Kaya (Net so voor Baviaans)

Asof ons nie reeds gisteraand lekker gekuier en klaar gepraat het nie, word daar nog baie twak gepraat so tussendeur die pakkery. Hier pak Wendy

 

En Winston is ook aan die pak en vasmaak

 

Hier is ons uit die jaart, reg vir die pad,  Heel voor is Wendy met Klaarjie, dan is dit Leon en Loisie met hul 800 Triumph, dan is dit Winston op sy S10 en heel agter is dit ek op my se S10.  Mev Vis Arend staan agter die kamera en neem die kiekie.  Nou ken julle die hele groep.  Opgesom is dit die 2 Wee’s vir Winston en Wendy, die 2 Elle vir Leon en Loisie en dan die 2 VA’s, natuurlik die Vis Arende.  

 

Klaar petrol getap, so 30km teer en dan is ons op die grondpad na Double Drift Natuur Reservaat.  Julle ken daai een, daar waar jy die Visrivier moet oorsteek.

 

30km later en ons is op die grondpad en die wiele word so effe afgeblaas.  

 

Double Drift se ingang van Peddie se kant.

 

 

Hier is ons al oppad na die uitkykpunt oor die Visrivier.  Oppad het ons al redelik baie wild gesien, so paar Koedoes, Buffels, Bobejaan se kind en ander kleiner bokkies.  Hulle almal is net te haastig en ons kry nie lekker kiekies geneem van hulle nie.

 

Ons stop by die uitkykpunt.  Hier kom Wendy en my vrou Nannie aangewals, gesels asof daar nie ‘n more is nie.

 

Die uitsig oor die Visrivier vanaf die uitkykpunt.

 

So staar die mense uit ongeloof, dis pragtig hier.

 

Dit smaak my die uitsig roer ook die hormone so bietjie.

 

Nou ja, ons het nie heel dag tyd nie, die pad is nog lank en vêr.  Ons is hoog bo op die berg en sak stelselmatig af na die laagwater bruggie oor die Visrivier.

 

Dis flippen mooi hier.

 



Word vervolg.......
 
Jis maar dis mooi by daai uitkykpunt. :drif:
Sal moet plan maak :deal:
 
OK, dis official

ek en Anmar moet soontoe ry, sodat julle ons tot by daai uitkykpunt kan neem
 
Die sement bruggie oor die Visrivier.  Ek is redelik verbaas die watervlak is so laag na al die reens wat ons die afgelope tyd gehad het.  Alhoewel die watervlak laag is, loop die rivier redelik sterk.

 

Ek het die manne al die vorige aand gewaarsku dat die sement bruggie redelik snotterig is.  Hulle moet dit maar stadig en reguit vat, hou die vet egalig. Ek vat die kruising eerste en voel sommer dadelik dat hier geen grip onder die wiele is nie.  Dis seepglad.    Ek probeer om nie windgat te wees nie.  Ek vat my lyn en hou die petrol egalig.  Hier in die middle rond gaan ons deur ‘n gat in die sement en die fiets bokspring so slag of wat.  Ek voel die voorwiel wil wil weggee onder die waterdruk wat van regs af kom, maar ek hou steady.  Dis net die vrou hier agter wat rondraai en kiekies neem asof sy vir die eerste keer die jaar by die speelpark uitgekom het.  Hier amper op die einde toe gooi ek die vet net so effe.  Dis so flippen glad, die traction control klap hande hier onder die seat, maar hy werk nie op die gladde sement nie.  Die bike se gat wil weggee, maar teen daai tyd toe staan ons al op soliede grond en ek smile breed.   Paar van die kiekies soos ons oorgegaan het.

 

 

 

Ons stop aan die ander kant en ek wil die mense aan die anderkant waarsku hulle moet moet versigtig wees.  Te laat, hier kom Winston en sy brawe vrou in tou agter hom aan.  Ek sien toe darem hulle vat hom stadig en ek hoor hulle hou die vet egalig.  

 

Winston voor en Wendy se oë vasgenael op Winston se lyn.  Ek sien hulle slaan dieselfde gat as wat ek geslaan het, in die middle van die kruising, maar hulle hou hom steady.

 

Ene smiles, hulle is albei veilig deur.

 

Leon en Loisie se beurt.  Ek sien Loisie is skrikkerig en klim af, toe ek weer kyk is sy terug op die fiets en Leon kom ons kant toe.

 

Ek hoor hy hou die vet nie egalig nie en hy neuk regs se kant toe, in plaas van links te hou.  Ek dink die water druk hom regs en hy is te bang om die wiel effe links te druk. Ons wys hy moet links hou.  

 

Dit smaak hy hy kry dit toe reg om links te hou, maar met die toe slaan hy dieselfde gat waardeur ons vroër is.  Ek hoor net die gezorst maak so blip geluid, die voorwiel draai effe skeef en het toe gin vashouplek op die gladde sement nie en daar slaat hulle neer.  

 

Ons hol nader maar sukkel om te beweeg, die sement is glad.  Winston verloor op een slag sy balans en land op sy gat in die water, maar is weer op.  Oppad sien ek die fiets se voorwiel is bitter naby aan die rant.  As die fiets hier afneuk, is ons in groot gemors.  By Leon en Loisie aangekom, sien ek Loisie is onder die fiets vasgepen.  Ek skree vir die mense om te help om die fiets te lig en Loisie is vry.  Sy staan op maar is kwaai geskok.  Die arme mens, dis haar eerste trippie om grond, die ou trane loop vrylik.  Nannie vat haar kant toe en troos haar.  Intussen sien ons dat een van pannier afgekom het tydens die val, die dryf rustig rivier af en Leon is kwaai benoud oor die pannier.  Ek seg vir die man om eers te help met die fiets voor ons worry oor die pannier.  Met baie moeite kry ons die fiets regop en stoot hom so stuk stuk deur die rivier tot by die wal.   Op die foto kan julle die drama sien.  Die een pyl wys waar Loisie onder die fiets lê, die ander pyl wys hoe gevaarlik naby die fiets aan die kant van die wal lê en die ander pyl wys waar die pannier rivier af dryf.  Fook.

 

Met die fiets veilig aan wal sien ons dat die pannier gedryf het en tot stilstand gekom het teen riete in die rivier.  Leon skep moed bymekaar en klim rivier in en gaat haal sy pannier.

 

Ons sien die vloei van die rivier is sterk, maar Leon klou vir die vale en bereik die pannier.  Hy is duidelik baie gelukkig.

 

Die pannier is swaar, die stroom druk dat hy k@k en Leon is pootuit.  Hy sit net daar en kannie terugkom met die pannier nie.

 

Ek staan in die middel van die kruising en skree bevele links en regs, maar ek dink nie die man hoor my nie.  Die volgende oomblik sien ek Mev Wendy Woltemade, rooi t-hemp aan en eeh, OK, kyk self.  Sy gaat hier van die kant af in om die man en sy pannier te red.

 

Sy beur deur die sterk stroom oppad na die moeë Leon.

 

Daar aangekom vat sy die pannier by hom en stoot hom deur die aankomende water terug wal se kant toe.  

 

 

 

By die wal aangekom gee Mev Wendy Woltemade die pannier vir my, ek gee die pannier weer vir Winston en ek help haar uit die rivier.  Toe sy redelik veilig op wal is, help ek toe weer vir Leon aan wal.   Net om vir julle te wys, maak nie saak hoe moeg ‘n man is nie, kyk sal hy kyk.  

 

 

 

Oppad terug veilige droë grond toe.

 

Ons was almal baie verlig dat dit redelik goed uitgedraai het, dit kon baie erger gewees het.  So bietjie skok hier en daar, nat klere en bootse, ‘n gebuigde pannier bracket, ‘n skrapie hier en daar is die minste.  Dit het so rukkie gevat om almal weer bymekaar te kry en ons was weer aan die gang.
 
So 'n brawe Vrou! Ek het ook al so my gat af geval op 'n Drif net voor Victoria Wes. Thanks for sharing.
 
Jho Jho ! Dit kon n lelike een gewees het , wys jou as n ou kop hou . wel gedaan  :thumleft:
 
Hier is ons by Double Drift Fort

 

Oppad uit

 

 

 

Die eerste teerpad wat ons kry is tussen Grahamstown en Fort Beuafort.  Daar gestop en gekyk of als nog reg is.  Leon en Loisie besluit toe om maar eerder teerpad verder te ry tot by Jeffreysbaai waar hulle by vriende sal oorslaap.  Die res van ons kruis die teerpad en kom by Kwandwe Natuur Reservaat.

 

Man, dis flippen nice mense die, ons laaik hulle kwaai.

 

Kwandwe stel ons nie teleur nie, ons sien redelik wild.

 

Dis die 2de stel renoster en baba wat ons sien, die ander twee was baie nader aan die pad, maar hulle het agter ruig bosse gestaan.

 

 

 

Na Kwande gaan ons in na Grahamstown om ietsie te pik by die Wimpy.  Ek het nog so paar mooi agter grondpaaie in gedagte gehad, maar met al die drama by die rivier, het die tyd ons ingehaal.  Ons was nog nie eens halfpad nie en dit was al reeds na 1 uur die middag.  Die regte besluit was toe om maar die teer af te slab tot by Patensie. Smoke break oppad.

 

Op die N2, dit was nou regtig boring.  

 

 

 

 

Hier raak die scenery darem so bietjie beter.

 

 

So ent buite Patensie slaan ons weer die grondpad na Kudu Kaya.  Nou is ons skielik weer lus vir ry, maar die son is swak en die lig raak min.

 

 

 

Met ons aankoms by Kudu Kaya, boek ons in en kry ons kampplek, toe is die dag moertoe.  Ons slaat kamp op in die donker, vat hier raak en daar mis, maar die tente staan en die vuur brand hoog.  Ons drink so paar stywes en praat en lag lekker oor die dag se gebeure.  Die vleis word gebraai en ons smul heerlik.  Dis toe sulke tyd, magies vol, ogies toe.  Hier net aan die ander kant van 10:00 toe is die kerse uit.  Iewers in die nag hoor ek doer in die verte mense wat snork, maar dit pla my nie, ek snork te heerlik saam.

 

 

My storie vir dag 1 is uit.  Dag 2 volg.
 
Eish, ek kom ook van Vryheid af... sal bang wees om saam met julle te ry.... sal maar net kom kuier..  :imaposer:
 
Lekker ride en RR.
Jammer  dat Leon en Loise geval het. Dit kon lelik uitgedraai het. Bike was amper weg en Leon wat agter
pannier inspring en nie weer kan self uitklim nie  :eek7:
Die Wendy moet n spesiale mens wees  :thumleft:
Al "kritiek" wat ek het is dat jy na Leon se "bad luck" nou nog die finale spyker in sy doodskis gaan inkap met die
rooi pyltjies  :lol8:
 
Lekker lag ek nou vir die 'kyk' prentjies  :lol8:
 
Eish!! dit kon maklik verkeerd gegaan het, hoop nie Leon hulle het nou so groot vrees opgedoen dat hulle nie weer grond wil ry nie.
Well done aan Wendy om so braaf die rivier te trotseer.
Ek het eendag so paar jaar gelede by so sement driffie in die Tsuagab rivier gestop met my Landy om 'n foto te neem. Toe ek uitklim is  die vloer net so seepglad en voor ek my kon kry le ek plat op my rug met die kamera in die water.
Gelukkig was daar nie toeskouers nie, :) maar ek moes bieg elke spier in my ligaam was seer vir die volgende paar dae. Darem die Landy afgeneem in die rivier.
Dankie vir die deel en mooi foto's
 

Attachments

  • 119.jpg
    119.jpg
    135.1 KB
Top