4 Day Cape - Baviaans Blitz

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
That Prince Albert turn off is a nasty one. If you don't know it's there you will either carry on with the road that looks like a road, which it of course isn't, or you end up braking and losing some rubber in the process.
 
After a bit of a rest and a good coffee we set off again, right into the sand monster's clutches 🤦
The recent heavy rains had left some proper deep loose sand on the road.
Now I dont like riding through sand and I am not good at it yet either, but this time I made it through.

Tiaan was not lucky this day, with his sense of humour eventually failing him after the 3rd sandy zigzaggy tumble. Mostly the damage was superficial, but the 2nd one had us doing some repairs while having lunch.
When he slid out on his side the bolts clamping the protector blocks protecting the lower crashbars, protecting the engine covers punched a neat hole in the latter 😏
Luckily Pratley Steel came to the rescue and after a quick fix we were off again

With our original late start, planning in Touwsriver and all the delays the day was flying past fast so we cruised through the remaining joy of Anysberg carefully and headed for Koedoeskloof outside Ladismith.

View attachment 826117View attachment 826118View attachment 826115View attachment 826114View attachment 826116
Al wat ek wil weet Tiaan, is:
kom daai Honda's nie met stands nie?😁
 
That Prince Albert turn off is a nasty one. If you don't know it's there you will either carry on with the road that looks like a road, which it of course isn't, or you end up braking and losing some rubber in the process.
I would've loved to go straight over and ride all the way to Prins Albert on gravel, but that newly tarred road to Klaarstroom side was sleep-inducingly smooth :)
 
Re your comment about the current state of Montagu Pass....yes, it is normally a walk in the park. I was coming down there last week and on a section that was half donga half original road, I had to move over for some mountain bikers and the *#$@ said donga sucked me toward it rather unexpectedly....close. 🥵

Lekka RR...thanks for sharing.
 
Tyd vir n bietjie moedertaal...

Dinsdag oggend het ons eers gou by The Coffee Shop ontbyt geeet, en weer so net voor 9 op die fietse geklim.

Ja, die dorpie is nog steeds mooi en skoon, met hope karakter, baie uitlanders en meer gaste huise as lamppale - gaan kuier gerus daar.

Swartberg pas was ons 1ste stukkie grond vir die dag - gelukkig nie genoeg geld gehad om n stukkie te koop nie, en blykbaar is hulle nog nie so genee om dit af te gee sonder vergoeding nie. Die pad is op die oomblik perfek vir n motor, maar so effens los geskraap hier en daar vir n fiets - eintlik net lekker en maklik, met min sinkplaat. Die afdraai Hel toe het my weer hard geroep, maar siende dat ek die roete uit laas on die reen en modder gery het het ek gedink dit sal dalk nou net vervelig wees om te ry :ROFLMAO:

Die uitsig van Die Top af bly wereld klas, en vir n verandering het daar skaars n liggie getrek daar bo. Perfekte weer.

Swartberg af het ons die Groenfontein pad Calitzdorp toe gevat, wat ook soos altyd n besonderse stukkie pad is
IMG_20230321_090344~2.jpg
IMG_20230321_090502.jpg
IMG_20230321_091444~2.jpg
IMG_20230321_093042.jpg
IMG_20230321_093135.jpg
IMG_20230321_093220.jpg
IMG-20230321-WA0062.jpg
 
Re your comment about the current state of Montagu Pass....yes, it is normally a walk in the park. I was coming down there last week and on a section that was half donga half original road, I had to move over for some mountain bikers and the *#$@ said donga sucked me toward it rather unexpectedly....close. 🥵

Lekka RR...thanks for sharing.
I know exactly what spot you are referring to - that deep one on the left about halfway down, about 500mm deep and not wide enough to ride out of again 😬
 
So ry Tiaan toe mos voor daar af, maar by die T aansluiting na die Sanctuary volg hy die bordjie ipv die regte roete, wat regs afdraai. Ek dog toe by myself ek gaan nie nou soos Ross Branch agter hom aan jaag nie en eerder net daar wag tot hy agter kom ek is nie meer agter hom nie - gewoonlik vat dit nie lank nie. Wel, die keer het ek so 25minute daar gele en rus - terwyl hy vir my n paar km verder staan en wag het😁 Gelukkig het hy n goeie sin vir humor.

Calitzdorp dam is propvol op die oomblik, maar siende dat ek met my ompad damwal toe laas 3 van die 6 manne laat omval het, en Tiaan se geluk duidelik nie aan sy kant was die keer nie het ons dit maar net verby gery. Eers gou by die agri winkel petrol gegooi en injector cleaner vir Badger gekry om te kyk of dit nie sy weersin in idling en sy ge-hikkery op lae revolusies wil uitsorteer nie - wat dit toe nie het nie.
By die Spar het ons gou eetgoedjies en water vir die pad gekry en van daar weer Huisrivier pas deur, Koedoeskloof verby na die grondpad wat onder om Anysberg deur Ouberg pas af na Montagu toe loop.

Daar erens langs n driffie het ons eers weer n koffie gemaak en die honger rotte tydelik verjaag. Mooi wereld.
IMG_20230321_101925~2.jpg
IMG_20230321_104409~2.jpg
IMG_20230321_111642~2.jpg
IMG_20230321_140120.jpg
IMG_20230321_141037~2.jpg
IMG_20230321_141158~2.jpg
 
"When he slid out on his side the bolts clamping the protector blocks protecting the lower crashbars, protecting the engine covers punched a neat hole in the latter 😏"

Thanks for the armchair lesson. Not nice to have collateral damage, especially from a protector gadget. I fit see through pipe on the crash bars fastened with cable ties, and often get asked what I will use to protect the transparent piping☺.
 
Van Montagu is ons onder Kogmanskloof se rots brug deur, lekker rustig Ashton en Robertson verby en toe vat ons die Bon Cap grondpad links - wat seker die stowwerigste stuk op ons hele trippie was, maar darem nie teer nie. In Villiersdorp het ons eers weer vir oulaas n koffie by die garage gekry en die fietse vol gemaak, n vinnige foto van Theewaterskloof dam geneem (ek hoop hy kry nou baie vinnig baie water) en toe Franschoekpas oor ons pad huis toe gevind.

Hierdie was regtig n besonderse rit, met Baviaans wat nou al baie lank op ons bucket list was.

Net so vir die wat wonder - die 4 dae se afstande

Dag 1: Bellville - Touwsrivier - Anysberg - Koedoeskloof (Ladismith): 310km. Dis nou wat gebeur as mens laat weg kom, nie weet waarheen jy gaan ry nie, en elke keer wil stop om in die sand te speel

Dag 2: Koedoeskloof - Calitzdorp - Oudtshoorn - Disselsdorp - George - Knysna - Plett - Patensie - Bruintjieskloof, Baviaans: 520km. Ook laat weg gekom, maar daar was redelik teer pad

Dag 3: Baviaans - Willowmore - Prins Albert: 350km. Die deel deur die Baviaans reservaat vat nogal lank, maar verder was dit maar middagete en ons gly-gly episode wat n bietjie tyd op geneem het

Dag 4: Prins Albert - Swartberg - Calitzdorp - Ladismith - Montagu - Villiersdorp - Franschoek - Bellville: 470km

Lekker rustig gery - nie gereeld vinniger as 115km/h op die teer nie, en lekker af geskakel in die natuur.
Ons het geen sleg skade aan die fietse gehad nie, en al kan my gewrig nog nie alles doen wat hy moet nie en Tiaan se pers heup skynbaar nog effens geel is het nie een van ons regtig seer gekry nie - n suksesvolle eksursie dus...

Volgende keer sal ons seker n slag Weskus op moet wees, Nieuwoudtville se kant deur Sederberge in :cool:

IMG_20230321_175337~3.jpg
 
"When he slid out on his side the bolts clamping the protector blocks protecting the lower crashbars, protecting the engine covers punched a neat hole in the latter 😏"

Thanks for the armchair lesson. Not nice to have collateral damage, especially from a protector gadget. I fit see through pipe on the crash bars fastened with cable ties, and often get asked what I will use to protect the transparent piping☺.
Dis eintlik n beter opsie daai - Tiaan sal hier lees 👌
 
Top