Angola,2011-Wilde weste op sy beste!Fluit-fluit, storie is uit!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
AAAAHHA lekker kerels!!!
Dis mos nou lekke jaloers leeswerk vi my!! kom ek hou nie van wag nie!!  :biggrin: :biggrin:
 
Hou op om wyn te suip daar in Vredendal en doen die report  ;D
 
Ek sal maar kom braai die week nog dan kan ek solank die res vd storie hoor en fotos kom kyk en v daai Vredendal wyn kom suip :thumleft: Klink lekker sover, die kakkas kom seker nog aan :mwink:
 
Willem jy kan maar 'n slag Vredendal toe kom. Ek het al amper vergeet hoe jy lyk so lanklaas het ons saam gekuier. Dewald jy kan nie elke aand saam met my en Boetie bier drink nie, jy al eers die report moet klaarmaak. Die manne wag!!!!  :deal:
 
Ons was nie juis in die mood vir kuier die vorige aand nie, so na 'n paar vinnige wyne het die manne ingekruip, en nadat ek gaan slaap het het die manne nie eers moeite gedoen om te eet nie.. Vroeg die môre afgeskop met 'n boere ontbyt..
IMG_0213.jpg


Nie 'n te bad kampplek vir die feit dat dit in die nag gevind is nie, of hoe??
IMG_0001.jpg


Vroeg die volgende oggend het ons al 'n paar besoekers gehad, ons is opgewonde oor die dag se bike-ry wat voorlê..
IMG_0002.jpg


Nadat ons die besigheid so bekyk het het ons bespiegel oor hoe moeilik en tegnies die pad nou eintlik kan wees as die manne sommer so drie-drie op 'n Chinese scooter die besigheid kan aanpak
IMG_0003.jpg

Amper net soos die ride report het ek toe sommer ook die rol as fotograaf/beeldmateriaal versamelaar/kok/mechanic...aag so kan ek aangaan gewen by 'n kompetisie waarvoor ek nie eers ingeskryf het nie, maar nou ja dis seker maar so as jy saam met 'n klomp ou'mense vakansie hou..Hier maak ons 'n boere plan om die kamera op die RAM mounting te fit..
IMG_0209.jpg

Na ons stywe breakfast het die manne kamp opgeslaan en ons was oppad..
IMG_0006.jpg


Ons was redelik bevoorreg en het baie rivierlopies gekry so water was redelik volop..
IMG_0010.jpg


Dit was ook sommer die ideale geleentheid om bietjie hare te was en bek te skrop, die ander parte het nou lekker geruik, ons het maar beurte gemaak om te beoordeel..
IMG_2806.jpg


Hiervandaan was die pad redelik lekker en ons het aanvaarbare km's afgelê..
IMG_0010.jpg

IMG_0016.jpg

IMG_0019.jpg


Die odd rivierlopie het die piesang brood van Staaldraad kort-kort 'n ander windrigting ingestuur, dan skud daai man vreeslik kop as hy tot stilstand kom..
IMG_0021.jpg


Plek plek se sand kolletjies het darem ook die manne gereeldelik op hul tone gehou..
IMG_0038.jpg

Ons het hier van die "grootpad" op 'n track afgedraai in 'n Westelike rigting en in die sand paadjies begin Kremetarte kry..
Ons het bietjie bespiegel daaroor maar nie een van ons het goed genoeg in die klas opgelet nie, as ons dit reg het blom hierdie bome in die nag en dit word deur vlêrmuise bestuif, van die Groener manne moet maar sê of dit regtig so is...
IMG_0041.jpg

IMG_0043.jpg
 
Lekker man!!

Jy moet darem net Bob se knaters uit sensor daar :p
 
Dit moes regtig awesome gewees het! 

Love die foto van julle besoekers! 
 
Blindside said:
Willem jy kan maar 'n slag Vredendal toe kom. Ek het al amper vergeet hoe jy lyk so lanklaas het ons saam gekuier. Dewald jy kan nie elke aand saam met my en Boetie bier drink nie, jy al eers die report moet klaarmaak. Die manne wag!!!!  :deal:

Wederom ou Blindside, jy's opdrukkerig vir 'n 'forum whore' nê!

Lekker Dewald, ek skryf jou sommer in vir die Anvil se audio-visual liason officer kompetisie ook.
 
mannemerak said:
Dit lyk nou luuks!

Wag graag vir die res
Moet self se dit was luuks...genoeg steak vir drie aande, en 10 liter wyn... Is eintlik net die steaks wat luuks was, die wyn is n noodsaaklikheid.
 
Dink Weskus sit hom en verwonder aan sy SA jongwyn skou uitslae, en het van die RR vergeet!
 
Ek raak alhoemeer jaloers.....mooi manne mooi!!!!!
 
Top