Angola,2011-Wilde weste op sy beste!Fluit-fluit, storie is uit!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
subscribed! :pot:but place it slowly; like a good book, I want this one to last... :lamer:
 
Heimer said:
Dankie jirre hy het photobucket uit-gefigure.

Lekker Weskus - maak die een so lank as wat jy kan. Ons wil baie lees en baie kyk.  :thumleft:
Nee maat, die uitfigure was nie die probleem, die oplaai van die fotos met my konneksie is 'n farkin nagmerrie, heelnag 7 fotos gelaai gekry, ai,ai..
 
Right, ons is vroeg die volgende oggend weg vanaf Kamanjab rigting Ruacana, nou kon ons dit nie meer hou nie, plan was om ons bakkie by Eha Lodge Ruacana te los, die fietse te pak en net oor die grens kom en kampplek soek, bietjie optimisties op daai stadium gewees..

Al wat daar onthou moes word is die steak... So 15km anderkant Kamanjab vra een etter, boys waars die steak?? Hokaai, trailer word afgehaak en die manne draai terug vir die steak, ek en Bobsie vat solank 'n OBS sopie..
IMG_0178.jpg


Oppad het ons darem geleentheid gekry om die auntie by hierdie mall te ondersteun, yskoue goed wat sy daar smous, regtig lekker
IMG_2755.jpg

100_2180.jpg


Net voor Ruacana stop ons gou weer om die plaaslike bevolking te ondersteun...
IMG_2766.jpg


Dit was nie lank nie of- ek en die grootman beklink 'n ruiltransaksie.
IMG_2765.jpg


Right by Eha Lodge aangekom begin elke man sy fiets pak, ons het water en petrol aangevul by Ruacana en ons beur grens toe...
IMG_0199.jpg

IMG_0203.jpg

IMG_0201.jpg

IMG_0200.jpg



 
pragtig sover dewald!

bly jy en bokkie en die res van die manne is veilig terug!
 
Gooi, Dewald gooi...Self ek raak nou nuuskierig... Was al so lank terug, kan nie meer alles onthou nie (of is dit die ouderdom)
 
Dewald , jou fiets lyk m@er snaaks met n nommerplaat op .  :imaposer:
 
Nice one ouens! Kan nie wag vir die res nie
 
Van die aankoms by die grenspos het ek nie fotos nie...Kom ek vertel bietjie! Ons het net so voor 15h Nam kant van die grens aangekom, tjoef-tjaf en ons is deur tot Angola kant - Die polisieman by die hek snuif defnitief Genkem of iets maar na 15min se gesukkel en na alles se uittrek mag ons ry tot waar hulle ons beduie. Om 'n ongemaklike storie kort te knip het dit ons presies 6ure geneem om alles te clear. 3 van ons het swart-en wit afskrifte, beëdig die lot gehad en Abri het kleur-afskrif gehad...Die beampte ons toe mooi verduidelik dat ons ook 'n "oorspronklike" (ai fok tog) soos ons maat moet hê.. US $100 LATER en dit begin beter lyk, later word alles uitgepak/afgepak/oopgemaak... Die padfooie is skielik op van R250 na R650...Ons word teruggestuur na die hokkie by die hek waar niks lig is nie en 'n ou kasboek(wonder waar kry hulle dit) se middelblad word uitgeskeur en ons word beduie in portugees ons moet skryf. Ek skrabbel toe 'n klomp k@k op die papier, sommer Naam, Bike enjin en chassis nr's en maak spore tot so 300m van die grenspos af(dit was toe al lank donker en as ek kon sou ek graag nou bietjie bekfluitjie wou speel) Die res van die manne doen dieselfde, ons wag vir Nico en vind later uit dat die man toe glo vir hom beduie dat hulle defnitief familie moet wees aangesien sy vrou ook dan nou seker 'n Johanna moet wees aangesien Nico Nicolaas Johannes is...

Ons moere is lekker suur maar ons is deur, ons vaar Angola binne, oor die brug by die damval en sien nie veel nie, so ry ons vir 14km voor ons kampplek opslaan in 'n rivierlopie vir die nag...My bors was so warm vir die klomp moegoes, het gebrand soos 'n altaar, so dat my radiator oorkook... Ons drink liggies wyn ek kruip vroeg in, môre ry ons scooter...
IMG_2789.jpg

Oom 2slagDaan, jy kan maar inskakel, volgende sal Angola trippie afskop..
 
Subscribed

Baie nice. Sien uit na die res.
 
Haal diep asem en onthou..........die kalmste ding is om altyd belangrik te bly!!! maak nou klaar die storie!!!
 
Rickus said:
Haal diep asem en onthou..........die kalmste ding is om altyd belangrik te bly!!! maak nou klaar die storie!!!
Rickus...Hierdie is n baie lang storie, so lank soos die doodsakker, en die klong is skaars deur die grens...so dis nie sommer vir klaarmaak nie.
 
:happy1:

Dit klink na n lekker ene die!! Laat loop ou maat, ons wag inspanning!  :thumleft:
 
Top