Angola,2011-Wilde weste op sy beste!Fluit-fluit, storie is uit!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Lyk my ons sal maar geduldig moet wag om te hoor wat gebeur het ? Vir nou vertel die gesigsuitdrukking maar die storie.



 
Post nou asb , Ek weet jy gaan Maandag baie werk he by die kelder  :mwink:
 
Lekker man, that terrain is certainly at the top end of my "best rides" list..... 
 
Lekker een manne  :thumleft: Sien uit na die res Weskus.
 
Ok manne, so het ons rustig aan die gang gekom die volgende môre
IMG_0142.jpg


Ons glo daar is nie meer baie van die 'SLOW & ROUGH" oor nie, groot fout, die het nou'eers begin, en ons ry klippe..
IMG_0156.jpg


Die pad raak ook later 'n "raai-raai" speletjie en omdraai is nogal groot "sports"...ons help maar mekaar..
IMG_2874.jpg

Ek't net rustig aangelê vir 'n foto toe Nico hier kom 'n akrobatiese move trek en die 1200 regtig op sy 'dak' lê, hy onder, ek en Bob Marley sprint soontoe, die ou is nogal vinnig as hy skrik..Ek waag weereens nie om 'n foto te neem nie..
IMG_2890.jpg

IMG_0175.jpg

Die pad bly maar stadig en die DRZ hou sy lyf presto-pot..
IMG_0152.jpg

Die pad bly stadig... Ek moes na my vrind Fenderbender geluister het toe hy my vertel het dat wanneer daar 'n man met 'n kamera jou inwag, wag daar 10-teen een 'n verrassing, hier wag Bob en ek vat verkeerde lyn, oops, die manne help weer..
IMG_2885.jpg

Abri kom vreeslik komies op daai scooter voor, hy haal gereeld "JACK-IN THE BOX TRICKS UIT" hierdie een die snaakse gewees en dit eindig met 'n kopskud..
IMG_2878.jpg

IMG_2883.jpg

IMG_0161.jpg

Angola landskap bly maar mooi...
IMG_0177.jpg

Die pad maak oop en ons gooi mielies..
IMG_0162.jpg

Ons begin nou woestynblomme kry net voor Iona..
IMG_2906.jpg

Voor Iona kry ek hierdie man met 'n Honda, hy't alkant 'n sidestand (goeie ding vir Angola) en prt goed Afrikaans, ons gesels lekker terwyl die ander manne kom en hy neem ons na water en die polisiestasie... maar darem nie sonder dat ek en hy eers gou 'n "drag" uitpak nie, amper 'n neukery afgegee..
IMG_0182.jpg

Ons maak water vol en meld gou by polisie aan... hulle skryf passpoort nr's neer en ons is oppad, nou Fos se rigting teen rivier..
IMG_0185.jpg

IMG_2897.jpg

Die polisiestasies was glo 2jr terug nog almal pienk, nou's hulle Noorde Blou verby, die verf en gereedskap lê nog daar rond..
IMG_0187.jpg

Ons laat loop tot buite die dorp, Abri is honger, en Nico moet veld toe....Ons soek skadu...



 
Ons span bietjie uit onder die boom, maak 'n slukdingetjie, nuttig 'n klein wyntjie (van dié is daar nou min oor, sal vir vanaand miskien nog wees) en ons gooi..
IMG_0192.jpg

Die pad raak mooi en ons haak soms 4de ook..Die mooiste landskap en ons kry heelwat wild in hierdie gedeelte ook..
IMG_2903.jpg

Eina fok, wat was dit, ek sien vir Bob in die verte staan en stop... Bobsie, 'n ding het my nou gebyt, ja..dis omdat julle so stadig ry, die goed sal opklim'tyd kry, aaag f@k..
IMG_2909.jpg

sowaar...seker maar 'n doring'tjie sê hy, ek is tog te bly ek kan my "first-aid" kit gebruik, ek sit antiseptic op, en plak 'n seël..
IMG_0206.jpg

Ons wag lank waar die track split, die manne kom poot-uit aan, hulle stoot solank vir die Ghost Town waypoint en ek en Bob drink Brandewyn en warm water...
Hulle wag ons in by die Ghost Town..
IMG_0214.jpg

IMG_0217.jpg

Nico sê hy het die besigheid onderskat.. "dit begin nou vat aan my" sê hy, ek plak nog 'n seël op en sê, as ek so oud soos julle is sal ek myself darem met sulke ongerieflikhede ophou... Ek kry 'n paar mofskaap onderdeurkyke..
IMG_0215.jpg

Die manne prt van ry en Staaldraad Richter val sommer voor in en laat waai.. Ons neem 'n foto, baie mooi hier, sal nog die storie agter die Ghost Town uitvind en vertel, Alu huisies is baie nuut bygebou...Hierdie een van my favourite fotos..
IMG_2916.jpg

Die pad van hier raak kliphard en ons laat loop...
IMG_0222.jpg

Ek en Bob vang op en gooi mielies tot waar die track split af Cunene toe..Bob neem my af en sê ek mag nie begeer nie, ai,ai..
IMG_2928.jpg

100_2207.jpg

Die son sit al laag, ons wag die manne in, gps sê 8km rivier toe, die sand raak popperig, so 'n harde korsie en k@ksag onder en dis afdraande..
100_2217.jpg

Ons maak 'n plan en neem bietjie fotos..
100_2211.jpg

100_2214.jpg

Ons soek kampplek vir die aand, die ongelooflikse uitsig, die Namib duine aan Nam kant tot waar dit in die Cunene val, dis prentjie mooi.. Dit was bietjie donker, sal fotos opsit van die volgende oggend..
Ek hou my lyf fotograaf, ry bietjie agter, en dan weer verby en kort-voor lank moet Staaldraad my kom help, die bok-ooi het vet eier...
IMG_0233.jpg

Kamplek opgeslaan, en nodeloos om te sê die manne is moeg..
100_2222.jpg

Ons settle in en drink ons laasste wyntjies op, die leë sakke brand en dis die 1ste keer dat ek 'n traan in Bob se oog sien, min weet ek ek sal dit weer op hierdié selfde trip sien..
Hy verduidelik hoeveel plek ons sal hê om te ry by die Doodsakker..
IMG_0236.jpg

Nico dink nie dis snaaks nie en sê as die see rof is draai hy binneland toe..en teug aan sy Whiskey..
IMG_0238.jpg

Ek maak kos... Mohammad stew...
IMG_0242.jpg

En my vrind Abri wag daarvoor...
Bob loer hoe vêre ons vir die dag gaan ry en ons besluit om rustig te wees..ons wil voor doodsaaker slaap
100_2249.jpg

Ek kry elke ogg koffie in die kooi, maar saans maak ek kos, die 2 sit en gesels enige'iets van smôrrens 4h af, en Staaldraad so volume'control is gef@k, moenie dat Bob vroe'môre grappe vertel nie ou maat..
IMG_0249.jpg
IMG_0243.jpg

Die volgende ogg het ons lekker balle gewas, en die natuur waardeer, vandag ry ons nie vêr nie..
IMG_2956.jpg

Hoe's daai vir 'n kampplek manne??
IMG_2945.jpg

IMG_0320.jpg

100_2249.jpg

https://i1105.photobucket.com/albums/h342/dewald4/Angola%20Dag%202/Angola%20Dag%203/100_2242.jpg[/IMG
[IMG]https://i1105.photobucket.com/albums/h342/dewald4/Angola%20Dag%202/Angola%20Dag%203/100_2236.jpg
100_2235.jpg

Die manne maak gou 'n kossie voor ons ry..
IMG_2957.jpg

Die volgende ogg trek Nico 1ste weg, Dakar Style... Hy maak dit amper-amper tot bo, Abri volg en toe ek...Bob het geheg geraak aan die kampplek en ek moet terugdraai om hom te gaan ondersteun om te kom..
IMG_0363.jpg

Daar aangekom sien ek hoekom..
IMG_2958.jpg

Ons kry mekaar bo waar die track weer na Fos swenk en westelike rigting..
100_2257.jpg

Die hele span..
100_2259.jpg

Manne die span verskil baie.. Ons is tussen 31 en 55 jr oud, van ons vreet te veel, ander drink te veel, rook te veel, vloek te veel.. dan slaap daar van die mense te min en suip te veel koffie, man dis eintlik katestrofies.. Maar ons like almal van kamp en bike'ry.. almal was nie ewe fiks nie, party heeltemal te onfiks maar eerder so as wat jy te optimisties is en val, en dan jouself seermaak, want dis regtig uit soos koekies in die weeshuis hier manne.. Dit sal enige trip heelwat meer onsier as bike-optel..ek skryf later weer bietjie..




 
Met verwysing na die huidige gesprek oor tweetaligheid en die forum se gebruiks-taal........as die ou in Angola kan Afrikaans praat kan julle klomp Ingelse ook.... ;D. Great RR Weskus. Pragtige kampplek!
 
JackShit said:
Met verwysing na die huidige gesprek oor tweetaligheid en die forum se gebruiks-taal........as die ou in Angola kan Afrikaans praat kan julle klomp Ingelse ook.... ;D. Great RR Weskus. Pragtige kampplek!
Dankie maat, my maters het gevra ek moet die RR in Afrikaans doen, sou dit in Engels ook kon doen, miskien net nie so goed uitdruk nie, maar ons is trots Afrikaans..
 
Ja wragtig,dis 'n trip van 'n leeftyd die.Daars nie woorde nie,kan nie wag vir die res nie!!!!! :thumleft:
 
Moenie kommer nie. Nie op jou bedoel nie. Groot debat daar by General aan die gang oor taal. Net gedink as Angolese kan Afrikaans praat kan die ouens wat kla oor Afrikaans ook... ;D
 
Daas mos darem prentjies vir die rooinekke !!
 
JackShit said:
Moenie kommer nie. Nie op jou bedoel nie. Groot debat daar by General aan die gang oor taal. Net gedink as Angolese kan Afrikaans praat kan die ouens wat kla oor Afrikaans ook... ;D
:thumleft:
 
Fiellie said:
Daas mos darem prentjies vir die rooinekke !!
En mooies ook nog!  Gooi Weskus, daai neef van my (Staaldraad Richter) het my oor die naweek so paar stukkies vertel - kan nie wag om die res te sien nie!
 
Lets not get hung about language ffs.....skryf net die donderse ding! ;D
 
Fokkit, hoe lekker lees en kyk ek prentjies nou  :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:

 
Gooi die storie weskus ek wil alles weet dit lees darem lekker in ons Afrikaans :thumleft: :thumleft: :thumleft:
 
Top