Nou is ons vreeslik opgewonde oor ons hier is, Bob Marley sit die stuk in en ons besluit ons wag so in 10km intervalle...nie maklik nie..Met die wegvlieg kyk ek die besigheid so en wonder waaroor ons nou eintlik geworry het, die sand is mos f@kkol..
Ons laat loop en om een of ander rede kry ek 'n groot k@k reg, te vinnig en in Bob se spoor, die bike steek vas en eks af..bliksem..da sit hy, ma hoe moeilik kan dit nou wees..
Ek spartel met alles wat ek het, die hoerkênd suig en sak net meer vas, ek laai alles af, want ek weet by die tyd is Bob vêr voor, en die ander vêr agter.. Ek kry daai scooter net-net geroer, en so sukkel ek seker vir 20min..die ander manne kom aan en maak omtrent 'n entrance..
Die manne help my uit, hulle rus en ek laai weer my stuff op... intussen het Bob 3km kom terugstap, en ek gooi tot by sy fiets en rus..
...hierdie wêreld vat aan 'n scooter...
...en ook aan sy baas, ek verstaan dit nie, ek't dan vanogg my multivitamin gevat..
Bob arriveer en ons wag vir Staaldraad en Nico.. Dit raak weer oop en ons laat loop, oppervlak is perfect en sommer hard..
Op 'n stadium kry ons weer "swamps" en ek sien Abri & Nico is verkeerde kant, ek gooi alles maar die manne sien my nie, uiteindelik sien hul en draai om, Abri vat weer 'n slag die 1200 en hou sy lyf Cyril Depres..en die stop is skielik..
Gelukkig skotvry daarvan afgekom, na 'n uitk@k "regroup" ons en gooi weer mielies, die sand raak nou k@k..
Met die wegvlieg is Bob se 990 begrawe, ek stap terug om te help..
Ons maak goeie kilo's en kom by halfway-merk, ek vra..Fok Bob, gaan ons dit maak, of kamp ons, die water raak kwaad in die kop en die sand is sag..
Ons wag vir die res en besluit ons ry, want die laasste 5km was weer ok na lank se moeilik ry..groot fout..van hier raak dit full throttle of jy staan.. die bok-ooi skree 2de, 3de rat redline en as die water my duin toe druk trek hy byna vrek..ek raak bekommerd..regtig, die enigste keer wat ek nog bekommerd was op my bike..
Manne, die foto vertel nie die storie nie, maar nou ja, daar is 'n clip wat dit beter uitdruk, ons hou dit tot heelwat later..
Op 'n stadium kry ek vir Bob, hy't 'n af gehad en lyk of hy vassit, ek stop om te help maar hy kom aan die gang..ek skree agterna hy kan maar gooi ek kom en ek dink, o fok as ek nou hier klaar is vandag gaan ek 'n bier een-hou uitdrink..
Skaars 'n km na dit gee die bok-ooi een skree, ek dink ek skip 'n gear... of is die ketting nou af.. ag nee man, nie hier nie, nie nou nie..
Nou raak ek bietjie paniekerig, ek laai die Bok-ooi af en neem as't ware afskeid, ek kyk my odometer en maak die som, dit kan nie verder as 20km uit wees na einde van akker..die see druk op en my vrinne is nog nie in sig nie..ek sukkel, die agetrwiel is gelock, ek buig die ketting, kry die sprocket van die swingarm af met tyrelever (die see belowe my...) en die volgende oomblik stop Nico agter my, die manne is op..ek sê hulle moet gooi want hier vat die grootdam vandag ons goed..Nico maak my rustig en sê, Relax, ons los jou nie, ek het myne al amper 20km terug kort-kort gelos.. Ek klim die 1200, ruk sy oor oop en los die clutch, die ander stoot, ons haal nie vêr, Richter het sy spraak verloor, hy sukkel om onder sy kop te bly so skud hy hom..ek's in my moer gestress..
Die manne help, ek en Abri tel op en Nico snatch as't ware die bike met 'n strap, ons kom tot na aan die duin..
Nou nie juis soos hulle altyd voor die bar staan nie nê...
Ons raak rustig, trek uit, hier bly ons vanaand, ons hoop Bob het dit gemaak want van hier Noord lyk dit na groter moeilikheid..
Dis 13h, die see is veronderstel om 15h00 weer heel hoog te wees en dis spring, maw hoog genoeg..
Ek kry die tyd verby..
Dit raak skemer, intussen het ons recovery gebel, maar los dit tog maar, my bors raak net warm, 23h die nag is weer laag en 4h die môre mos weer hoog, die see moet vat wat hy wil voor dan ander kap ek toon tot buite en offer die ooi..
Ons hoop Bob is deur...Ons hou rustig vakansie, ons het water, ons het kos, ons is nou rustig..