super ten
Pack Dog
Ons het Saterdag en Sondag trippie gedoen Oase toe, was lanklaas daar. 2 xr 650"s, ek op my XR 600 en my broer op my CRF 450. Vanaf Milnerton deur Swartland, criss/ cross, Piekernierkloof oor, worsie gekoop by Kardoesie en langs die pad gebraai oppad Algeria toe. Pad goeie kondisie. Net oor Uitkykpas, so 5 k's waar pad gravel word, kak die xr 600. Krag raak weg, stop, begin fout soek. Eers by fuel begin, en toe haal ek seat af. My broer, Z11, kom toe daar aan. Haal plug cap af, sit ander plug in, skop, geen spark nie. Spaar CDI ook getoets, niks weetie. Ek stel toe voor dat Stephen ry tot by Cederberg wynplaas, want ek weet daars ontvangs, bel Oase toe en vra dat bakkie kom optel. Ek sit so 40 min in die stilte van die Cederberg, wag op luiperd om my spark onder my gat te gee, net soos die son begin sak agter die naaste piek aan my, en begin opsies uitvoer.
Ek hoor die 450 aankom, darem 'n kenmerkende geluid van 'n Yossie oop pyp. (Hy raas minder as my broer hom ry, bly mos in 4 de gear.)
Elk geval, ons wag so 40min, begin te praat oor opsies. Pedro kom daaraan, met koue biere en cokes, laai 600 op, haal bagasie af van die 450 en ek self ry met haar tot by Oase. Die beste kondisie wat ek die grondpad nog gery het. 450 se oor word gedraai, son is lekker agter my waar dit nog plek plek deurskyn. Kom by Oase aan, 20 min later die bakkie. Laai bike af en gaan drink nog koue bier. 8 uur, gaan na die werkswinkel toe, plek is agtermekaar en baie netjies. Alles is daar. En daar sien ek toe ou Gerrit se stof bedekde Big Boy. Loop nie meer nie. Daar was 2 Quads ook, maar hulle lyk na te veel werk.( en Chatel se nuwe xr 190)
Haal die Big Boy se coil af, sit temporarily op die XR, skop, vlam is blou en gaan eet en drink verder. Kos soos altyd uitstekend, bier is koud. Drink "saamdra" Rooster Tequila so 3/4 klaar tussen 3 van ons en gaan slaap halftyd van Stormers game.
Volgende oggend bou ons die coil oor op XR, skop, alles in orde. Lank leef Oase!! Dankie Gerrit. Soos my broer se, Gerrit ry nou Harley's op oop desolated paaie, sonder Taxi"s. En so neem ons stukkie nostalgie saam terug Kaap toe (op 27 jarige ou XR)
So, die moral is, as jy kan gee, gee vrylik. En moennie worry om iets terug te kry nie! Ek dink die WC manne moet bash weer reel vir Maart of April, daai plek gee altyd terug.