CANOLA RUN OP CALEDON 10 SEPTEMBER 2016

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tienie

Race Dog
Joined
Apr 15, 2008
Messages
1,067
Reaction score
1
Location
Caledon
Bike
KTM 990 Adventure
Die jaarlikse Canola Run se datum is vas: 10 September 2016!

Kom ons kyk of ons die event vanjaar weer so 'n great sukses kan maak. Teken solank die datum aan in jou dagboek!!!!!!!!

Verdere besonderhede volg spoedig. Sien jou op Caledon.

Kontakbesonderhede: [email protected] of 0834688174

- Registrasie vind plaas vanaf 7h30 tot 8h30 by die groot TOTAL garage by Caledon se suidelike uitgang (oppad Bredasdorp toe). Die Run begin nadat die briefing om 8h30 afgehandel is.

- Lengte van roete ongeveer 120 km (diegene wat addionele brandstof moet saamneem, kan dit op backup bakkies laai). Roete is pillion-vriendelik maar daar gaan opsionele uitdagings wees vir die meer ervare ryers

- "Nat" gat of twee om jou dors te les. Bring ekstra geld saam

- Pryse te wen

- Heerlike middagete word gratis voorsien aan elke ryer en passasier wat geregistreer het

- Ons eindig vanjaar weer by 'n kampterrein, so jy kan jou gesin saambring en 'n hele naweek-uitstappie daarvan maak. Detail van kampplek (en chalets): www.vloedbos.co.za

Ek het ook slaapplek op my plaas: www.pietmyvrou.co.za  Bel René-Louise 0822250388

Net om erkenning te gee aan die Hoofborg van die dag:
OVERBERG%20BEDRYWE%20ADVERT%202016.jpg
 
Top