Ben 10 Eco Challenge 17 - 21 Mrt 2022 - Dag 1

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Just watched your day 2 video, which is excellent (y) Well done on tackling that very undulating pass on those big bikes 👏
 
Hello Chaps, Wel die Rr word so bietjie uitgetrek agv die lewe (familie, werk ens) wat eetste aandag geniet as my motorfiets avonture.
Kom ons rewind terug na die dag 2 se verslag wat gebeur het voor ons Dag 3 & 4 begin en hoe ons dit ervaar het.
Bottelnel Pas was die eerste pas van die dag en geen uitdaaging, n pragtige pad deur die spruit. Dit was n lekker op warming vir wat sou kom, by die stilhou geleenthede kon ons bietjie deel van die pad oppervlakte, landskap en ervaaring van die stuk pad wat gery was.
Meeste van ons het geweet Bastervoetpad Pas gaan n massiewe uitdaaging wees, hoe erg het ons natuurlik nie geweet dit gaan wees.
Glo my as ek jou sê dat ek manne sien val het meer as n wat ek wil vertel en die guts wat getoon is deur net eenvouding op te staan na die soveelste val en voorentoe te beweeg.

Die sweet het geloop, die modder was naderand n spons soos jy val, "hier gaan ons al weer" hande in die lig, nie een van ons het al in sy lewe so baie modder "donker bruin, rooi, geel" gery soos op daai dag, jy't na dit bietjie meer ervaring van modder gehad.
Daar is n man bo oor sy handlebars dat hy voor die bike te lande kom in n sittende posisie terug na sy fiets en kyk, dan vra sy mede ridder wat maak jy daar met n grin op sy gesig.
Op tot die kruin van Bastervoetpad pas was n uitdaaging en ons het gedink wel nou lê die makliker deel voor, dus mos afdraende. Chris spot nog manne, "ons moet nog onder kom", dit is ware woorde wat ek vir altyd sal onthou.
Die uitsug van die kruin waar jy weg trek af na Ugie & Maclear is onbeskryflik mooi, sovêr soos jy kan sien is dit groen heuwels, klowe en blink van die water wat vloei oor watervalle, paaie ens

Almal het mekaar gehelp, die kammeraadskap tussen ons was iets om te beleef, ek wou nog altyd "Camel Trophy" doen tong inni kies.

Na ons die teerpad geslaan het was dit reguit na ons oornag bestemming Barkley East - Royal Manor.
Daar aangekom het ons die ysterperde laat rus, kamers gekry, wasgoed ingegee om al die modder uit te was en ons liggame te vul met n koue lemmenatjies "bier" of 3.
Daar was weer lekker gelag oor die opsies en gekuier tot laat oor die dag se gebeure.
 


Ben 10 - Eco Challenge
Dag 3: 19 Mrt 2022 Saterdag
Die oggend breek aan, dus n bietjie bewolk en die kanse vir reën is goed maar dit gaan ons nie stop, n ridder ry nie 600km tot hier om in die Hotel te kom lê. Die lywe is bietjie aan die stywe kant voel amper soos iemand anders sin, wasgoed word afgehaal, fietse word uit getrek en gepak.

Na n heerlike ontbyt groet ons vir Dups "Sidney" oppad na n familie troue en Christo se knie wat redelik houe gevat het so ook die maer merrie het n shot weg. Daarna maak ons brandstof vol en ry uit op die R58 Lady Grey rigting, Lundins Nek, Volunteershoek en Carlislehoekspruit Pas vir die dag.

"Riaan wat saam Johan van Benoni Gauteng die trippy bywoon het kon vir die eerste keer saam ry na n battery wat hom die vorige dag weg gegooi het.
Dag 2 by MSH (Mountain Shadows Hotel) na ontbyt en net toe ons wil vertrek na Bottel Nek Pas gebeur die onvoorsiende, battery mors dood. Wel dit het Riaan amper heeldag geneem om dit uitgesort te kry en gelukkig kon hy."

NB: Laat die video eerste die praat werk doen dan lees jy die Rr (ride report).

Dié Rr (Ride report)
Op die grondpad na Lundins Nek Pas wat droog was kon ons bietjie litte los maak, die oor van die versneller draai dat die stof die lug optrek en so jou vernuf opskerp vir wat voor lê met n bietjie adrenalin wat soos custard pomp deur die are.
Die pad na Lundins Nek was pragtig, by tye wil dit begin mis reën maar bly gelukkig weg, so ry ons oor Witnek en Ballochs Pas en bekyk die rotsformasies tot bo op Lundins Nek, ons draai op die kruin vir die kiekie wat bevestig dat ons dit gemaak het. Die pad gaan natuurlik nog 22km aan tot onder rigting Telle Bridge en glo die mooiste gedeelte van die pas, omdat tyd teen ons gedraai het het ons dit nie aangedurf.
Die pad van Wartrail na Volunteershoek Pass ry ons oor en weer die Funny Stone Stream onder die canopy van die bome en dit voel of ek in Hogsback is.
Met die wegtrek by Volunteershoek Pas word daar net weer herhinner wat se uitdaaging die gepakte motor bande kan wees indien gruis aan die onderkant uitgespoel sou wees, so ook die keerwalle " huge speed bumps", om momentum hou.
So ry ek laaste en so trots op die vordering van die ridders na die 2de draai en natuurlik die pad oppervlakte, dit kan mos nie altyd goed gaan nie iewers moet die moeilikheid ons tref en toe gebeur die eerste oopsie.
Dank ons Hemelse Vader dat Riaan nie oor die krans gery het, is net genade van bo. Ek sien hom val, dink ek't so jaar of 3 ouer geraak in daai sekondes tot by hom.
Verby hom gery, gehelp op, moed ingepraat en stoot aan. 2km verder dieselfde storie, maar min het ek geweet dat dit n lang dag gaan wees van meenigte valle.

Daar was nie beklemtoon voor die trip deur 2de party of aggeslaan dalk deur die betrokke ridder wat gesê was hoe moeilik die passe gaan wees. Ek het aangeneem n man doen sy huiswerk
"Google, YouTube en vriende " voor die tyd en weet wat jy vir homself voor inlaat, n les om te leer vir die avontuurlustige ridders wat Ben 10 wil aanpak.
Verwagtinge was verseker nie dieselfde.)
Dit daar gelaat, ek is baie trots op Riaan vir sy staal wat hy getoon het om deur te druk in moeilke omstadighede met sy vermoeë en ondervinding. Well done Riaan, hy't ook vir my gesê dat hy al in n baie erge motorfiets omgeluk was en ek weet dit het n invloed gehad op die dag se uitdaagings.
In die vervolg sal ek persoonlik n man se CV aanvra voor ek hom toelaat tot n Ben 10 trippy.

Die tempo na die kruin van Volunteershoek Pas het stadig gegaan, daar aangekom, kiekies inni reën geneem en aangestoot tot by Tiffindell afdraai wat maar n geslip en slide was, maar awesome.
Van Tiffindell tot bo op Carlislehoekspruit Pass was ook maar stadig, pad bly nat en die reëntjie val, na ons kiekie op die kruin durf ons die pad af, dit het maar weereens teen n slakke pas gevorder.
Op Rhodes aangekom die Hotel opgesoek waar Reitz hul Reunie gehou het was daar n magdom mense, so skyf ons deur die mense na die kroeg betrek met oudhede van n vorige era. Waar die kaggel in die hoekie brand en die hitte soos die gasvryheid beklemtoon, ons ontmoet mede ridders van Bastervoetpad daarna les ons dié dors met n paar ys koue biere en nabekrag die dag se gebeure. Die Restaurant is gesluit agv die Reunie maar ons kan saam die Reitz mense eet, wow dankie vir julle gasvryheid, het sommer deel gevoel van die Reunie slash Rhodes familie.

Die aand oornag ons by Hilton "Alpine Swift Tails " en na n warm stort nuttig ons n heerlike aandete en slaan die dekke vroeg vir nog n dag se avontuur.
 



Ben 10 - Eco Challenge
Dag 4: 20 Mrt 2022 Sondag
Die oggend breek aan, ons pak die fietse, nuttig weereens n heerlike ontbyt by Alpine Swift, groet vir Hilton en dank hom vir sy gasvryheid. Ons groet ook vir Johan en Riaan oppad terug huis toe Gauteng "Benoni" via Bloemfontein. Nogmals dankie vir julle saam ry die betrokke dae manne, was lekker om te kon saam ervaar, deel en kuier.

Beplande passe vir die dag was Naudes Nek, TTT "Tiffindell Tenahead Traverse" en vir n 2de keer Carlislehoekspruit Pas af, dit was die plan. Maar soos enige iemand van die area jou sal herhinner, die weer is onvoorspelbaar een oomblik skyn die son en die volgende oomblik reën dit.

Ons ry weg by Hilton rigting Naudes Nek Pas, die weer is oop getrek en voorspel n positiewe begin.
Ons ry Naudes rustig op en raak verlore in die kronkel pad en ry al op die rug van die berge, probeer my oë in die pad hou maar is altyd moeilik met die asemroowende groen landskap en water wat so skoon vloei in die rivier.
Bo aangekom by die kruin, neem ons n kiekie van Naudes Nek Pas bord vif n bevestiging dat ons dit gemaak het, draai n ent verder op TTT, neem daar ons 2de kiekie en ry verby die pragtige klip hotel genaamd Tenahead verby, wow iets om te aanskou.
Verby die hotel ry ons 3 keer oor dieselfde rivier, glad nie diep soos 2jr gelede waar ek my fiets moes deur stoot.
Die Tiffindell Tenahead Traverse pas of (patrollie pad, grenspad) is iets wat jy moet beleef, jy sien vir kilometers net mooi niks oor die berge, hange met rond vet vee "beeste en skape" en daar vér onder loop die water wat hier by jou uit die gras ondergrondse fontein af beweeg.
Moet nie die pad ligtelik op neem as enige ander twee spoor pad "LET WEL: Ek spot met Jaques dus net n ou twee spoor plaas paaitjie, niks erenstig. Ja shore muispiepie né", dus n uitdaaging en ons het dit in nat toestande aangepak, geslip en slide om selde by 2de rat uit te kom.
Uit voor Tiffindell en af op n droeër Carlislehoekspruit Pas as die vorige dag. Jong amper is Chris berg af tot onder in die kloof agv n skaap wat nie weet of hy wil wag of hardloop, gelukkig het Chris koelkop gebly en jare se ervaring om gered.

By Rhodes aangekom, n middagete genuttig "Vetkoek & mince met chips" en weer verder aangestoot na Elliot via Bokspruit pad (rivier), net voor ons R58 - Mountain Shadows Hotel maak die Hemele oop, dit gooi emmers water "reën" so daar gaan die orige twee passe van Ben 10 gone. My moed sak weg jong na maande se beplanning datum vasgemaak by werk, verblyf, mede ridders se reelings en deur moeder natuur gestuit te word waar dit uit jou hande is gooi ons die handdoek letterlik en figuurlik in.
Ons gaan oornag toe op Elliot en geniet ons laaste aandtjie saam voor die pad huis toe, gesels oor die dag se roete en die hele toer ingeheel wat n voorreg, belewenis om saam die span ridders dit te kon deel.

Dankie vir al die plekkies waar ons oornag en net geeet het, die manne weereens dankie julle is waarlik ridders van die onderskeidelike passe.
Dit was n voorreg om dit met julle manne dit te kon deel, tot n volgende keer en n mooi week vir julle.

Vluit vluit my storie is uit.
Die Einde.
 
Last edited:

Latest posts

Top